Reaksies van diere op die omgewing LEWENSWETENSKAPPE 2011









































- Slides: 41
Reaksies van diere op die omgewing LEWENSWETENSKAPPE 2011 J Gerber and J Goliath 1
Menslike senustelsel Hormone en senuwees stel diere in staat om te: Reageer op interne en eksterne veranderinge. Koördineer die verskeie aktiwiteite van die liggaam. Waarnemings van die reaksie van sommige invertebrate bv. Houtluis op lig en humiditeit. J Gerber and J Goliath 2
Menslike senustelsel Die noodsaaklikheid van ‘n senustelsel by mense in terme van: Reaksie op stimuli (ekstern en intern) Koördinasie van die verskeie aktiwiteite in die liggaam. J Gerber and J Goliath 3
Sentrale senustelsel(SSS) Ligging en funksies van: Serebrum Hipotalamus Serebellum Medulla oblongata Rugmurg Model van die menslike brein Neem waar en teken die eksterne struktuur van die brein J Gerber and J Goliath 4
Uitwerking van sekere dwelms op die sentrale senustelsel Dagga Heroïen Ecstacy Tik J Gerber and J Goliath 5
Menslike senustelsel Periferale senustelsel Ligging en funksies Outonome senustelsel Ligging en funksies J Gerber and J Goliath 6
Afwykings van die SSS Oorsake, simptome en behandeling van EEN van die volgende siektes/afwykings: Alzheimer’s se siekte OF Aandaggebreksindroom OF Depressie J Gerber and J Goliath 7
Struktuur en funksionering van ‘n senuwee Algemene struktuur van ‘n neuron insluitend: selkern, selliggaam, sitoplasma, miëlienskede, akson en dendriete. Diagramme met byskrifte om die drie tipes neurone d. m. v. mikroskoopskyfies/mikrograwe te illustreer. Struktuur en funksies van die drie soorte neurone. Die senuwee is saamgestel uit senuvesels bymekaargehou deur bindweefsel. Oordrag van senu-impuls langs neurone en oor sinapse m. b. v. neurotransmittors (geen besonderhede van elektriese ladings benodig nie). J Gerber and J Goliath 8
Eenvoudige refleksboog Verskil tussen ‘n refleksaksie en ‘n refleksboog. Waarneming deur mikroskoopskyfies en teken ‘n diagram met byskrifte van ‘n deursnee deur die rugmurg. Struktuur van ‘n eenvoudige refleksboog (reseptor, sensoriese neuron, dorsale wortel van spinale senuwee, rugmurg, interneuron, motoriese neuron, ventrale wortel van spinale senuwee, effektor) Funksionering van ‘n eenvoudige refleksboog m. b. v. ‘n voorbeeld. Belangrikheid van ‘n refleksboog. J Gerber and J Goliath 9
Reaksie van sekere invertebrate op lig en humiditeit Reseptore op die vel van houtluise is sensitief op lig en humiditeit. Houtluise beweeg weg van lig en droë omgewings. J Gerber and J Goliath 10
Koördinering in die menslike liggaam Die stelsels hieronder werk saam om te reageer op eksterne en interne vernaderinge: Senuweestelsel Endokriene stelsel (hormone) J Gerber and J Goliath 11
Sentrale senustelsel J Gerber and J Goliath 12
SSS - Serebrum Ligging Grootste deel van die brein en geleë in die skedel. Funksies Setel van alle willekeurige handelinge. Bevat areas wat senu-impulse ontvang en interpreteer vanaf die sintuigorgane vir die sensasie van smaak, gehoor, visie en tas. Sentrum van hoër verstandelike funksies bv. Geheue, intelligensie, emosies ens. J Gerber and J Goliath 13
SSS - Hipotalamus Ligging Geleë onder die talamus. Funksies Refleks beheersentrum van meganismes soos temperatuur, bloeddruk, slaap en emosies. Produseer sekere hormone bv. ADH wat help met handhawing van balans. Handhawing van homeostase. J Gerber and J Goliath 14
SSS - Serebellum Ligging Agter en onderkant van serebrum Funksies Beheer koördinasie van willekeurige bewegings. Bevat sentrums wat balans en ewewig beheer. J Gerber and J Goliath 15
SNS – Medulla oblongata Ligging Onderste gedeelte van breinstam en is ‘n voortsetting van die rugmurg. Funksies Gelei impulse na en van die brein. Beheer outonome funksies bv. Asemhaling, hartklop, verwyding en vernouing van bloedvate. J Gerber and J Goliath 16
SSS – rugmurg Ligging Strek vanaf die medulla oblongata deur die werwelkolom tot by die lendestreek. Funksies Veskaf geleidingsbane vir impulse na en vanaf die brein. Bevat reflekssentrums wat refleksaksies aan die gang sit. J Gerber and J Goliath 17
Uitwerking van sekere dwelms op die SSS Dagga Chemiese bestanddeel in dagga vebind met spesifieke reseptore (geheue, konsentrasie, beweging) in die brein en belemmer die normale funksionering van hierdie reseptore. J Gerber and J Goliath 18
Uitwerking van sekere dwelms op die SSS Heroin Het ‘n onderdrukkende effek op die SSS en asemhaling stadiger plaasvind en onderdruk ook pyn. Onderdruk die aktiwiteit van die medulla oblongata. J Gerber and J Goliath 19
Uitwerking van sekere dwelms op die SSS Ecstacy Veroorsaak ‘n oormatige vrystelling van ‘n sekere neurotransmittor wat neurone in die brein oorstimuleer wat uiteindelik die beskadiging van eindvertakkings van die aksone teweegbring. Negatiewe effek op die emosies, geheue en vermoë om te leer. J Gerber and J Goliath 20
Uitwerking van sekere dwelms op die SSS Tik Het ‘n sterk stimulerende effek op die SSS bv. versnelde asemhaling en hartklop. . Veroorsaak ‘n oormatige vrystelling van ‘n sekere neurotransmittor wat neurone in die brein oorstimuleer en neurone beskadig. J Gerber and J Goliath 21
Perifere senustelsel Ligging Sluit senuweeweefsel in wat buite die Nervous SSS geleë is. Onderverdeel in die somatiese en outonome senuweestelsels. Bestaan uit 12 paar kopsenuwees en 31 paar rugmurgsenuwees. Funksies Gelei senuwee-impulse vanaf die reseptore na die SSS, langs sensoriese neurone. Gelei senuwee- impulse vanaf die SSS na die effektore, langs die motoriese neurone. J Gerber and J Goliath 22
Outonome senuweestelsel Ligging Bestaan uit senuwees wat met SSS verbind is. Onderverdeel in die volgende afdelings d. i. simpatiese en parasimpaties Funksies Beheer alle onwillekeurige handelinge. Gelei senuwee-impulse vanaf die SSS na die effektore bv. spiere en kliere. Simpatiese afdeling berei die liggaam voor vir ‘n noodtoestand. Parasimpatiese afdeling laat die liggaam terugkeer na normaal na stimulering deur die simpatiese afdeling antagonisties. J Gerber and J Goliath 23
Algemene struktuur van ‘n neuron Dieselfde basiese bou as enige ander sel. Selliggaam bestaan uit sitoplasma en ‘n selkern. Sitoplasma bevat Nissl –korrels wat ryk is aan RNA en is by proteïenesintese betrokke. Twee tipes uitlopers– dendriete and aksons. Dendriete gelei senuwee-impulse na die selliggaam Aksone gelei senuwee-impulse weg van die selligaa. Aksone word omring deur ‘n miëlienskede vir beskerming. J Gerber and J Goliath 24
Algemene struktuur van ‘n neuron J Gerber and J Goliath 25
Verskillende tipes neuronestruktruur Neurone word geklassifiseer op grond van die aantal uitlopers wat uit die selliggaam ontspring. Struktuur van verskillende tipes neurone Monopolêre neurone – een uitloper wat in twee vertak nl. een dendriet en een akson. Bipolêre neurone – twee uitlopers nl. ‘n dendriet en ‘n akson. Multipolêre neurone – baie uitlopers nl ‘n aantal dendriete en een akson. J Gerber and J Goliath 26
Funksies van neurone Neurone word op grond van hul funksie as volg geklassifiseer: Sensoriese of afferente neuron – gelei impulse vanaf die reseptore na die SSS en is meestal monopolêr. Motoriese of efferent neuron – gelei impulse vanaf die SSS na die effektore en is multipolêr. Interneuron of verbindingsneuron – verbind sensoriese en motoriese neurone in die SSS en is multipolêr. J Gerber and J Goliath 27
Struktuur van ‘n senuwee Neurone word saam gegroepeer in die menslike liggaam. Klein bondels aksone word senu-vesels genoem. Senu-vesels word saamgebind deur bindweefsel. Senu-vesels en bindweefsel vorm saam senuweefsel. J Gerber and J Goliath 28
Struktuur van ‘n senuwee J Gerber and J Goliath 29
Oordrag van senu-impulse Neurone sluit by mekaar aan om ‘n aaneenlopende geleidingstelsel reg deur die liggaam. Die akson van een neuron sluit by die dendriete van die volgende neuron aan. Opeenvolgende neurone is nie met mekaar verbind nie, maar word geskei deur ‘n klein gaping. ‘n Fisiese (funksionele) verbinding ontstaan, bekend as ‘n sinaps. Die gaping word die sinaptiese spleet genoem. J Gerber and J Goliath 30
Oordrag van senu-impulse ‘n Reseptor word gestimuleer deur ‘n verandering in die omgewing en die stimulus word omgeskakel in ‘n impuls. Dendriete van ‘n sensoriese neuron gelei senu-impulse na die selliggaa. Senu-impulse word gelei vanaf die selliggaam langs ‘n enkele akson tot by die sinaptiese knoppies van die eindvertakkings. Eindvertakkings raak nie aan die dendriete van die neurone in die rugmurg nie a. g. v. ‘n gaping die sinaptiese spleet. Die sinaptiese knoppies van die aksone bevat neurotransmittors wat in die sinaptiese spleet vrygestel word wanneer die einvertakkings van die aksone gestimuleer word deur ‘n senu-impuls. Neurotransmittors speel dus ‘n rol in die oordrag van senuimpulse. J Gerber and J Goliath 31
Oordrag van senu-impulse oor ‘n snaps m. b. v. neurotransmittors J Gerber and J Goliath 32
Eenvoudige refleksboog Refleksaksie – ‘n vinnige, outomatiese beweging/handeling deur ‘n effektor in reaksie op ‘n stimulus wat deur ‘n reseptor ontvang is. Refleksboog – pad of baan waarlangs senuimpulse gelei word vanaf ‘n reseptor na ‘n effektor om ‘n refleksaksie teweeg te bring. J Gerber and J Goliath 33
Struktuur van ‘n refleksboog Reseptor – neem ‘n stimulus waar en skakel dit om in ‘n impuls. Sensoriese neuron – gelei die senu-impuls na die grysstof van die rugmurg. Inter-neuron – dien as ‘n reflekssentrum in die grysstof van die rugmurg en dra die impuls oor vanaf die sensoriese neuron na die motoriese neuron. Motoriese neuron – gelei die senu-impuls vanaf die rugmurg na die effektor. Effektor – reageer op die oorspronklike stimulus. J Gerber and J Goliath 34
Struktuur van ‘n refleksboog J Gerber and J Goliath 35
Werking van die refleksboog bv. iemand wat ‘n warm plaat aanraak Hitte stimulus word deur ‘n reseptor waargeneem en omgeskakel in ‘n senu-impuls. Senu-impuls word langs ‘n sensoriese neuron deur die dorsale wortel na die rugmurg gelei. Sensoriese senuwee gelei die impuls na die inter-neuron in grysstof van rugmurg. Neuron is in sinaptiese kontak met die motoriese neuron. Akson van die motoriese neuron gelei die impuls deur die ventrale wortel na die effektor. J Gerber and J Goliath 36
Belangrikheid van ‘n refleksboog Refleksaksies beskerm die liggaam teen gevaarlike situasies vanaf die eksterne omgewing. J Gerber and J Goliath 37
Aktiwiteit Instruksies Verduidelik aktiwiteit aangaande refleksboog Na 10 minutes gee elke paar/groep/individu terugvoering. J Gerber and J Goliath 38
Aktiwiteit VRAAG 1 Tommy het sy vinger oor ‘n brandende kers gehou. In sowat 0, 2 sekondes het hy sy vinger weggeruk. 1. 1 1. 2 Watter tipe handeling is. Tommy se reaksie? Verduidelik jou antwoord op VRAAG 1. 1 J Gerber and J Goliath 39
Aktiwiteit VRAAG 1. 3 Diagram 1 hieronder toon ‘n dwarssnit deur Tommy se rugmurg. Diagram 2 toon Tommy se vinger oor die brandende kersvlam en ‘n spier in sy arm. Teken die ontbrekende dele/strukture en dui ook die pad/baan (met verskillende kleure indien moontlik) wat die impuls sal volg gedurende die handeling wat in VRAAG 1. 1 genoem is. J Gerber and J Goliath 40
Antwoorde 1. 1 Refleks 1. 2 Reaksie was vinnig/onmiddelik, sonder om te dink/outonomies 1. 3 J Gerber and J Goliath 41









































