Die Kind Wilna van Heerden 1959 Inleiding tot

  • Slides: 43
Download presentation
Die Kind Wilna van Heerden (1959 )

Die Kind Wilna van Heerden (1959 )

Inleiding tot die kortverhaal �"Die kind" speel in 1894 in die Wes-Kaap af en

Inleiding tot die kortverhaal �"Die kind" speel in 1894 in die Wes-Kaap af en is gegrond op ware gebeure. �Die verteller Hetta en haar gesin woon op die plaas, Fancourt naby George.

�Hetta is die oudste van ses kinders en haar ma is weer swanger. �Die

�Hetta is die oudste van ses kinders en haar ma is weer swanger. �Die verhaal begin wanneer Hetta se pa een Sondag van die kerk af kom.

�Die kinders besef onmiddellik dat iets fout is en hoor dan hoe hulle ma

�Die kinders besef onmiddellik dat iets fout is en hoor dan hoe hulle ma begin kerm wanneer sy en haar man gesels. �Hierna volg 'n paar maande waarin 'n gespanne atmosfeer in die huis heers. �Hetta se ma is baie siek en haar pa dikwels uithuisig.

�Hetta weet min of meer wat aangaan omdat sy haar ouers afgeluister en… �later

�Hetta weet min of meer wat aangaan omdat sy haar ouers afgeluister en… �later ook vir Souf, Souf die huiswerker, huiswerker oor die situasie uitgevra het.

�Vir die sewejarige Hetta is hierdie kennis 'n swaar las om te dra. �Sy

�Vir die sewejarige Hetta is hierdie kennis 'n swaar las om te dra. �Sy besef dat hulle gesin se lewens nooit weer dieselfde sal wees nie en is aanvanklik bang omdat sy nie presies weet wat haar ouers se voornemens is nie.

�Soos talle ander kindervertellers verwoord Hetta 'n traumatiese tyd in haar gesin se lewens

�Soos talle ander kindervertellers verwoord Hetta 'n traumatiese tyd in haar gesin se lewens op 'n roerend eerlike manier.

Literêre aspekte �"Die kind" is 'n historiese verhaal wat ons deur die gebruik van

Literêre aspekte �"Die kind" is 'n historiese verhaal wat ons deur die gebruik van woorde, segswyses en voorwerpe eie aan daardie tyd na die Ieefwêreld van die laat negentiende eeu verplaas.

�Die naskrif noem dat die verhaal op ware gebeure gegrond is en… �…gee ook

�Die naskrif noem dat die verhaal op ware gebeure gegrond is en… �…gee ook inllgting oor die Gericke-gesin se nageslag dit verleen geloofwaardigheid.

�Die ek-verteller, Hetta Gericke, vertel die verhaal in die teenwoordige tyd, �maar daar is

�Die ek-verteller, Hetta Gericke, vertel die verhaal in die teenwoordige tyd, �maar daar is dele in die verlede tyd wat aandui dat sy die verhaal in retrospek oproep.

Verlede tyd… � Byvoorbeeld: "Van die daaropvolgende paar maande onthou ek min. "

Verlede tyd… � Byvoorbeeld: "Van die daaropvolgende paar maande onthou ek min. "

Teenwoordige tyd… � Die teenwoordige tyd gee 'n onmiddellikheid aan die verhaal en versterk

Teenwoordige tyd… � Die teenwoordige tyd gee 'n onmiddellikheid aan die verhaal en versterk die emosionele impak op die leser.

�Omdat dit 'n ek-vertelling is, …sien ons alles deur Hetta se oë… �…dis belangrik

�Omdat dit 'n ek-vertelling is, …sien ons alles deur Hetta se oë… �…dis belangrik om te begryp, want sy is ons enigste bron van lnligting �totdat die werklike skrywer die geskiedkundige agtergrond in die "Naskrif" gee.

�So byvoorbeeld is die ma se angste en pyn in werklikheid die verteller se

�So byvoorbeeld is die ma se angste en pyn in werklikheid die verteller se ervaring daarvan. �'n Goeie voorbeeld wat die beperkings van 'n ek-verteller illustreer, is wanneer Hetta afluister wat haar ouers sê as dit nie gebeur het nie, sou sy die verhaal anders vertel het.

Die motoriese moment… �Die motoriese moment van die verhaal is Hetta se pa se

Die motoriese moment… �Die motoriese moment van die verhaal is Hetta se pa se terugkoms van die kerk een Sondag…

�…die kinders weet dadelik iets is fout. �Nadat Hetta haar ouers daardie nag afluister,

�…die kinders weet dadelik iets is fout. �Nadat Hetta haar ouers daardie nag afluister, beleef sy (en die leser saam met haar) spanning, omdat sy onseker is oor haar toekoms.

KONFLIK & STERKTE �Haar ma beleef vir die grootste deel van die verhaal innerlike

KONFLIK & STERKTE �Haar ma beleef vir die grootste deel van die verhaal innerlike konflik oor die besluit wat sy en haar man moet neem. �Haar innerlike sterkte wanneer sy aan die einde van die verhaal die besluit deurvoer, vorm 'n hoogtepunt in die verhaal.

�Spesifiek mevrou Renkewitz se optrede lei egter tot 'n antiklimaks omdat sy met ondankbaarheid

�Spesifiek mevrou Renkewitz se optrede lei egter tot 'n antiklimaks omdat sy met ondankbaarheid reageer en die leser daarom wonder of Hetta se ouers se opoffering die regte besluit was. �Die naskrif vorm 'n funksionele afloop en gee aan die leser 'n mate van afsluiting.

Werklike gebeurtenis �"Die kind" is 'n voorbeeld van 'n verhaal wat op 'n werklike

Werklike gebeurtenis �"Die kind" is 'n voorbeeld van 'n verhaal wat op 'n werklike gebeurtenis gegrond is. �Sekere basiese feite word behou, byvoorbeeld die datums, plek, gebruike en name, maar die werklike skrywer moet deur inlewing in die karakters se gemoedere probeer om so getrou as moontlik die gebeure en die emosies te herskep.

“Fiksionalisering" �Hierdie skryfproses genoem "fiksionalisering" van 'n historiese gebeurtenis kom dikwels in die letterkunde

“Fiksionalisering" �Hierdie skryfproses genoem "fiksionalisering" van 'n historiese gebeurtenis kom dikwels in die letterkunde voor. �Wanneer die skrywer 'n nuwe verhaal vertel, maar dit op historiese gegewens baseer en selfs 'n paar werklike figure uit die verlede as newekarakters betrek, maar die hoofkarakter fiktief maak, praat ons van 'n historiese roman.

�'n Bekende voorbeeld is Kringe in 'n bos deur Dalene Matthee.

�'n Bekende voorbeeld is Kringe in 'n bos deur Dalene Matthee.

�'n Ander historiese roman van Dalene Matthee, Fiela se kind, is weer gegrond op

�'n Ander historiese roman van Dalene Matthee, Fiela se kind, is weer gegrond op 'n werklike gebeurtenis met 'n hoofkarakter wat glo bestaan het.

�In die geval van "Die kind" is die omgewing getrou geskets, onder meer deur

�In die geval van "Die kind" is die omgewing getrou geskets, onder meer deur die gebruik van bekende vanne uit die Georgeomgewing, Gerber en Barnard, asook die naam van die hoofkarakter, Hetta (eintlik gedoop Henrietta Susarah en gebore in 1887), en van die sendeling-egpaar, die Renkewitze.

Navorsing: �Die historiese omstandighede van hierdie vreemde aanneming van 'n kind word ook vertel

Navorsing: �Die historiese omstandighede van hierdie vreemde aanneming van 'n kind word ook vertel in 'n stukkie familie navorsing oor die Gericke-gesin wat gelees kan word by: http: //gericke. tumblr. com/post/1727667248/n orman herbert gericke

�Let op die voorwerpe uit die laat negentiende eeu wat die leser binne daardie

�Let op die voorwerpe uit die laat negentiende eeu wat die leser binne daardie tyd en ruimte plaas. �Let ook op hoe die ek-verteller gekarakteriseer word deur dit wat sy raaksien, sê en dink.

Naskrif �Hierdie storie is op ware gebeure gebaseer. �Die kinderlose Duitse sendelingpaar is destyds

Naskrif �Hierdie storie is op ware gebeure gebaseer. �Die kinderlose Duitse sendelingpaar is destyds voorsien van 'n lysie met die name en ouderdomme van die Gericke kinders. �Hierna het hulle die jongste, Norman, wat toe nog nie gebore was nie, gekies. �Hy was nege maande oud toe hy uiteindelik weggegee is. �Die Gerickes het daarna nog twee kinders gehad.

�Die dogter van Hetta (die verteller van die storie) het vir Harold (die enigste

�Die dogter van Hetta (die verteller van die storie) het vir Harold (die enigste seun van Norman), na baie jare en met 'n gesukkel in Duitsland opgespoor. �Sy het in 1998 per boot na Koblenz gereis en hom daar ontmoet. �Hulle, die niggie en neef, was toe reeds albei bejaard en is albei kort daarna oorlede. �Harold en sy vrou was kinderloos.

Woordverklarings �Aga (coal stove) - koolstoof �alies (marbles) - albasters �boekevat (family prayers) -

Woordverklarings �Aga (coal stove) - koolstoof �alies (marbles) - albasters �boekevat (family prayers) - wanneer die gesin saam Bybellees en bid �Fancourt 'n plaas net buite George �foeter (beat) - slaan �Godsman (man of God) - iemand wat vir die Here werk; 'n sendeling �going-away- die klere waarin 'n bruid na die onthaal op haar wittebrood vertrek

�Hertzoggies (jam tartlets) - tradisionele klapper en konfyttertjiies wat na genl. JBM Hertzog genoem

�Hertzoggies (jam tartlets) - tradisionele klapper en konfyttertjiies wat na genl. JBM Hertzog genoem is �het 'n soettandjie (likes to eat sweet things) hou van soetgoed �hokkies (toilets) - toilette �in ons pasoppens (careful) – versigtig �jaart (yard) - 0, 9144 meter �kapstok (hat stand) - meubelstuk by die deur �waar jy jou hoed en jas ophang

�kishemp (smart shirt) - beste hemp �kooi (bed) - bed �kry donkie ore (has

�kishemp (smart shirt) - beste hemp �kooi (bed) - bed �kry donkie ore (has to walk around with donkey ears as punishment) - moet as straf donkie ore van karton dra �manel (tailcoat) - deftige, lang baadjie vir mans �matesis (mathematics) - wiskunde �muistande (milk teeth) - eerste stel tande wat kinders wissel en vir die tandmuis los �neuk (pester) - sukkel

�onmenslik (inhuman) - wreed oudergewoonte (as usual)- soos gewoonlik �Piet die plak (cane) -

�onmenslik (inhuman) - wreed oudergewoonte (as usual)- soos gewoonlik �Piet die plak (cane) - slaanding waarmee kinders pak kry �siepsop en braaiboud (hiding)- 'n pak slae �suurklontjie (acid drop)- suur suiglekker �tiekies (tickeys, old coins)- ou muntstukke, amper soos vandag se sente �vroedvrou (midwife) - vrou wat help met babas se geboorte

Vrae � 1. Watter vervoer het Hetta se pa na en van die kerk

Vrae � 1. Watter vervoer het Hetta se pa na en van die kerk gebruik? Motiveer. (2) � 2. Hoekom eet Hetta se ma baie Hertzoggies en hoekom neul die kinders daaroor? (2) � 3. 1 Wat hoor Hetta wanneer sy haar pa en ma afluister? (1) � 3. 2 Hoekom maak hierdie gesprek haar angstig? (1)

� 3. 3 Hoe help 'n gesprek met Souf om Hetta beter te laat

� 3. 3 Hoe help 'n gesprek met Souf om Hetta beter te laat verstaan wat aangaan? (1) � 4. 1 Wanneer is Norman Gericke gebore? Gee die dag en jaar. (1) � 4. 2 Hoe het sy geboorte van die ander geboortes in die gesin verskil? (2)

Kontektuele Vrae � 1. Verwys na die gedeelte waar Hetta haar ouers afluister: '''Ek

Kontektuele Vrae � 1. Verwys na die gedeelte waar Hetta haar ouers afluister: '''Ek sê jou, Martha, ons het nie 'n keuse nie'. . . Sy voetstappe verdwyn gang af. " � 1. 1. Waarom dink Hennie dit is hulle plig om 'n kind weg te gee? (2) � 1. 2 Wat is die funksie van die herhaling van die sin, "Pa wil een van ons weggee. "? (1) � 1. 3 Hoekom probeer Hetta nou onthou wat sy al alles verkeerd gedoen het? (1) � 1. 4 Wat is die ooreenkoms wat Hetta met die Here maak? (2) � 1. 5 Hennie dink dat hulle nie 'n keuse het nie. Martha dink dat sy verwagting onmenslik is. Bespreek jou reaksie op hierdie situasie. (2) � 1. 6 Later in die teks word dit duidelik dat Hetta nie haar pa se standpunt verstaan nie. Wat is haar mening? (1)

� 2. Verwys na die gedeelte waar die gesin Swellendam toe ry en die

� 2. Verwys na die gedeelte waar die gesin Swellendam toe ry en die sendelingpaar ontmoet: "Pa help Ma versigtig op die kar. . . na waar haar man haar met 'n bruinpapierpakkie inwag. " � 2. 1 Hoe word Hetta se liefde vir Wiskunde (matesis) in hierdie gedeelte gebruik om haar te karakteriseer? (2) � 2. 2 Hoe sien ons in hierdie gedeelte dat die Gerickes baie godsdienstig is? (2) � 2. 3 Hoekom is Hetta trots op haar ma? (1)

� 2. 4 Waarna verwys mevrou Renkewitz wanneer sy sê "Neem"? (1) � 2.

� 2. 4 Waarna verwys mevrou Renkewitz wanneer sy sê "Neem"? (1) � 2. 5 Wat, dink jy, was in die bruinpapierpakkie wat die sendeling vasgehou het? (1) � 2. 6 Op watter manier vorm mevrou Renkewitz en Hetta se ma 'n kontras? (2) � 2. 7 Kyk nou na die situasie uit die perspektief van die Renkewitz egpaar. Dink jy hulle gedrag is (a) verstaanbaar en (b) regverdigbaar? (2)