Voegwoorde se naam s wat hulle doen hulle

  • Slides: 16
Download presentation
Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam (of verbind

Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam (of verbind sinne). Soms verander die woordorde van ‘n sin na ‘n voegwoord. Let goed op na die leestekens.

Inleiding � Voegwoorde word in 3 groepe verdeel. � Met elke groep gebeur daar

Inleiding � Voegwoorde word in 3 groepe verdeel. � Met elke groep gebeur daar iets anders met die werkwoorde in die tweede sin. � Groep 1 voegwoorde: Neweskikkende sin Sin 1 is net so belangrik soos Sin 2 � Groep 2+3 voegwoorde: Onderskikkende sin Sin 1 is belangriker as Sin 2 � Kom ons begin…

Groep 1 Voegwoorde � Daar is geen verandering in woordorde nie. � Sin 1

Groep 1 Voegwoorde � Daar is geen verandering in woordorde nie. � Sin 1 voegwoord Sin 2 � Watter ◦ ◦ ◦ ◦ voegwoorde val in hierdie groep? , maar en of , want , dog óf… óf nóg… nóg Sowel…as

Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Lawrence eet en drink koffie Lawrence eet.

Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Lawrence eet en drink koffie Lawrence eet. Lawrence drink koffie.

Groep 2 Voegwoorde � Woordorde in tweede sin verander. � Werkwoord 1 in sin

Groep 2 Voegwoorde � Woordorde in tweede sin verander. � Werkwoord 1 in sin 2 volg direk na die voegwoord. � Watter voegwoorde val in hierdie groep? ◦ dan; daarna; dus; daarom; derhalwe; nogtans; nietemin; anders; gevolglik; al; toe; tog; buitendien.

Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Lebogang eet daarom is sy nie meer

Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Lebogang eet daarom is sy nie meer honger nie. Lebogang eet. Sy is nie meer honger nie.

Groep 3 Voegwoorde � Woordorde in tweede sin verander. � Werkwoord 1 in sin

Groep 3 Voegwoorde � Woordorde in tweede sin verander. � Werkwoord 1 in sin 2 gaan na die einde van die sin. � Watter voegwoorde val in hierdie groep? ◦ Dat; omdat; totdat; voordat; nadat; sodat. ◦ Wanneer; hoeveel, waar; waarom; omdat. ◦ Wie; terwyl; alhoewel; toe; sodra; sedert; aangesien; as; mits; tensy indien.

Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Susan eet totdat sy versadig is. Susan

Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Susan eet totdat sy versadig is. Susan eet. Sy is versadig.

Kom ons kyk na die volgende voorbeelde. Verbind gou die volgende sinne: � Jan

Kom ons kyk na die volgende voorbeelde. Verbind gou die volgende sinne: � Jan eet sy kos. Hy is honger. (want) � Die seun doen sy huiswerk. Hy kry goeie punte. (daarom) � Ons is baie bly. Dit is amper kersfees. (omdat)

Jan eet sy kos. Hy is honger. (want) � Want voegwoord groep 1 �

Jan eet sy kos. Hy is honger. (want) � Want voegwoord groep 1 � Woordorde verander glad nie. � Sin 1 voegwoord Sin 2 � Jan eet sy kos, want hy is honger.

Die seun doen sy huiswerk. Hy kry goeie punte. (daarom) � Daarom voegwoord groep

Die seun doen sy huiswerk. Hy kry goeie punte. (daarom) � Daarom voegwoord groep 2 � Woordorde verander: werkwoord 1 direk na voegwoord. � Sin 1 � Die voegwoord ww 1 sin 2 seun doen sy huiswerk; daarom kry hy goeie punte

Ons is baie bly. Dit is amper kersfees. (omdat) � Omdat voegwoord groep 3

Ons is baie bly. Dit is amper kersfees. (omdat) � Omdat voegwoord groep 3 � Woordorde verander: werkwoord 1 skuif na die einde van die sin � � Sin 1 voegwoord sin 2 ww 1 Ons is baie bly omdat dit amper kersfees is.

Groep 1 , maar en of , want , dog óf… óf nóg… nóg

Groep 1 , maar en of , want , dog óf… óf nóg… nóg Sowel…as Groep 2 dan; daarna; dus; daarom; derhalwe; nogtans; nietemin; anders; gevolglik; al; toe; tog; buitendien. Groep 3 Dat; omdat; totdat; voordat; nadat; sodat. Wanneer; hoeveel, waar; waarom; omdat. Wie; terwyl; alhoewel; toe; sodra; sedert; aangesien; as; mits; tensy indien

Wat as daar ‘n hulpwerkwoord in die sin is? ? ? � Ek voel

Wat as daar ‘n hulpwerkwoord in die sin is? ? ? � Ek voel gelukkig. Ek sal ‘n present kry. (omdat) � ANTW: Ek voel gelukkig omdat ek ‘n present sal kry. � Hulpww gaan voor die werkwoord aan die einde van die sin.

Wat as ek moet begin met ‘n Groep 3 voegwoord? ? � Ek het

Wat as ek moet begin met ‘n Groep 3 voegwoord? ? � Ek het skool toe gegaan. Ek was siek. Alhoewel……. . � WAT MAAK EK NOU? ? � Stappe: ◦ 1. Onderstreep V 1 in altwee sinne. ◦ 2. Besluit watter een van die twee sal ‘n beter SIN 1 maak. NB: jy moet weet wat voegwoord beteken. ◦ 3. Plaas die werkwoord van Sin 1 aan die einde en die werkwoord van Sin 2 aan die begin. � Alhoewel ek siek was, het ek skool toe gegaan.

ONTHOU… � Dis ALTYD werkwoord 1 van SIN 2 wat rondskuif. � Jy kan

ONTHOU… � Dis ALTYD werkwoord 1 van SIN 2 wat rondskuif. � Jy kan jou sin NET met ‘n Groep 3 voegwoord begin. “Al” van Groep 2 is die enigste uitsondering waarmee ‘n sin begin kan word. � Leestekens vir die voegwoord groepe: Groep 1 Groep 2 Komma , maar , want , dog Kommapunt ; dus ; daarna ; nogtans GEEN leestekens en of sowel…as óf…óf nóg…nóg Komma , al , dan , toe Groep 3 GEEN LEESTEKENS VOOR GROEP 3 VOEGWOORDE NIE!!!