2. 2. Parenchiem • Parenchiem is die volopste plantweefsel
Basiese struktuur
Basiese struktuur • Groot parenchiemselle • Selle het dun wande • Groot interselulêre lugruimtes word tussen selle gevind • Selle het groot vakuole • Stingels en blaar parenchiem bevat chloroplaste (Chlorenchiem)
Funksies van Parenchiem • Berg voedsel en water • Vervaardig koolhidrate d. m. v. fotosintese • Interselulêre lugruimtes laat gaswisseling toe • Vakuole verleen stewigheid (turodruk)
2. 3. Sklerenchiem • Sklerenchiem kom in blare, stingels en vrugte voor
Basiese struktuur
Basiese struktuur • Selwande is egalig verdik met lignien • Selle besit lumen (selholte) • Selinhoud is redelik onaktief • Daar is vesel selle (verlengde vorm) en steenselle (geronde vorm)
Funksies van Sklerenchiem • Versterkingsweefsel • Verleen ondersteuning aan die plant
2. 4. Kollenchiem • Kollenchiem kom gewoonlik in jong, groeiende kruidagtige stingels voor
Basiese struktuur • Selwande is oneweredig verdik met selulose • Selwande is meestal in die hoeke verdik
Funksies van Kollenchiem • Versterkingsweefsel • Verleen ondersteuning aan die plant