ENTREPRENEURSKAP PRODUKSIEFAKTO RE Graad 8 EENHEID 1 KAPITAAL

  • Slides: 20
Download presentation
ENTREPRENEURSKAP PRODUKSIEFAKTO RE Graad 8

ENTREPRENEURSKAP PRODUKSIEFAKTO RE Graad 8

EENHEID 1: KAPITAAL, ARBEID, DIE ROL VAN WERKERS IN DIE ONDERNEMING EN REGVERDIGE ARBEIDSPRAKTYKE:

EENHEID 1: KAPITAAL, ARBEID, DIE ROL VAN WERKERS IN DIE ONDERNEMING EN REGVERDIGE ARBEIDSPRAKTYKE:

KAPITAAL Kapitaal is die geld en waarde van die besitings (fisiese bates) wat die

KAPITAAL Kapitaal is die geld en waarde van die besitings (fisiese bates) wat die eienaar gebruik om ʼn besigheid te begin. Finansiële kapitaal is die geld wat gebruik word om ʼn inkomste te genereer of in ʼn besigheid te belê. Bedryfskapitaal betaal vir die bedryfsbates soos die material en die brandstof wat in die produksieproses gebruik word. Rekenmeesters onderskei tussen geleende kapitaal en eie kapitaal wat gebruik word om ʼn besigheid op te rig en te bedryf.

GELEENDE KAPITAAL: Geleende kapitaal is enige geld wat ʼn entrepreneur of sake-eienaar vir die

GELEENDE KAPITAAL: Geleende kapitaal is enige geld wat ʼn entrepreneur of sake-eienaar vir die doel van die vestiging en bedryf van ʼn besigheid leen. Geld word meestal by ʼn bank of belegger (dikwels ʼn familielid of vriend) geleen wat vertroue in die toekomstige winsgewendheid van die besigheid het. ʼn Besigheid verkry gewoonlik geleende kapitaal deur lenings by instellings soos banke en versekeringsmaatskappye.

EIE KAPITAAL: Eie kapitaal verwys na enige geld wat die entrepreneur of eienaar uit

EIE KAPITAAL: Eie kapitaal verwys na enige geld wat die entrepreneur of eienaar uit persoonlike spaargeld in die besigheid belê het. Groter besighede (openbare maatskappye) kry soms kapitaal deur ʼn gedeelte, of ʼn aandeel van die maatskappy aan die publiek te verkoop.

KENMERKE VAN KAPITAALGOEDERE: ØWord gebruik in vervaardiging van ander goedere. ØMensgemaak. ØWord nie onmiddellik

KENMERKE VAN KAPITAALGOEDERE: ØWord gebruik in vervaardiging van ander goedere. ØMensgemaak. ØWord nie onmiddellik in produksieproses gebruik nie. ØDit is voorraaditems en die waarde kan op enige tydstip bereken word.

ARBEID: Dit verwys na die intellektuele (verstandelike) en fisieke insette van mense wat vir

ARBEID: Dit verwys na die intellektuele (verstandelike) en fisieke insette van mense wat vir die produksie van goedere en dienste aangewend word. Die menslike energie en intellektuele insette word gebruik om ekonomiese goedere te vervaardig.

Die verskaffing van arbeid hang af van: v. Die grootte van die bevolking. v.

Die verskaffing van arbeid hang af van: v. Die grootte van die bevolking. v. Die geografiese verspreiding in verhouding tot besigheid en hulpbronne. v. Die vlak van onderwys en opleiding. v. Die organisasie (rakende vakbonde en organiseringsagentskappe). v. Die samestelling deur ouderdom en geslag.

3 ARBEIDSKATEGORIEË: q. Ongeskoold: q. Verwys na werkers wat geen vaardigheidsopleiding of ervaring in

3 ARBEIDSKATEGORIEË: q. Ongeskoold: q. Verwys na werkers wat geen vaardigheidsopleiding of ervaring in ʼn bepaalde werksomgewing het nie. q. Voorbeelde: §Algemene plaaswerk §Skoonmakers §Veërs §Laaiers §Pakkers §Bodes

ØHalfgeskoolde: ØVerwys na werkers wat ʼn mate van opleiding en vaardigheid het of meer

ØHalfgeskoolde: ØVerwys na werkers wat ʼn mate van opleiding en vaardigheid het of meer opleiding en vaardighede vereis as ongeskoolde arbeid, maar minder opleiding en vaardighede het of vereis as geskoolde werkers. ØVoorbeeld: ØAssistent-loodgieters en –elektrisiëns ØKelners en kassiere ØLeerlingmotorwerktuigkundiges ØDrywers ØPetroljoggie

o. Geskoolde: o. Is enige werker met ʼn spesiale vaardigheid, kennis of wat ʼn

o. Geskoolde: o. Is enige werker met ʼn spesiale vaardigheid, kennis of wat ʼn spesiale vermoë in sy werk opgedoen het. o. Rekenaarprogrammeerders o. Sjefs o. Haarkappers o. Tekenaars o. Motorwerktuigkundiges o. Rekenmeesters o. Ingenieurs o. Ambagsmanne

REGVERDIGE ARBEIDSPRAKTYKE: • Werknemers verwag om regverdig in hulle werkplek behandel te word. •

REGVERDIGE ARBEIDSPRAKTYKE: • Werknemers verwag om regverdig in hulle werkplek behandel te word. • Hulle word beskerm deur wetgewing, veral die Wet op Basiese Diensvoorwaardes wat betref: • Die aantal ure wat mense sonderbreking mag werk. • Die maksimum aantal werkure in ʼn week. • Die hoeveelheid verlof, asook swangerskap- en siekteverlof, waarop werknemers geregtig is. • Betaling vir die werk wat gedoen is, en toegelate aftrekkings van lone en salarisse (vir inkomste-belasting, werkloosheidsversekering ens. ) • Kennisgewing vir die beëindiging van diens moet skriftelik gegee word.

NATUURLIKE HULPBRONNE: Natuurlike hulpbronne (grond) is die hulpbronne wat natuurlik op die planeet voorkom

NATUURLIKE HULPBRONNE: Natuurlike hulpbronne (grond) is die hulpbronne wat natuurlik op die planeet voorkom (onverwerkte gawes van die natuur), wat gebruik word om goedere en dienste te vervaardig.

ENTREPRENEURSKAP: Entrepreneurskap is die spesiale menslike inspanning wat die risiko neem om arbeid, kapitaal

ENTREPRENEURSKAP: Entrepreneurskap is die spesiale menslike inspanning wat die risiko neem om arbeid, kapitaal en natuurlike hulpbronne saam te snoer om goedere en dienste te vervaardig.

ʼn Entrepreneur is ʼn persoon wat ʼn besigheid begin, wat ʼn finansiële risiko neem

ʼn Entrepreneur is ʼn persoon wat ʼn besigheid begin, wat ʼn finansiële risiko neem met die hoop om ʼn wins te maak. ʼn Suksesvolle entrepreneur maak seker dat die produk of diens die behoeftes en begeertes bevredig van die mense aan wie hy of sy wil verkoop.

Entrepreneurs is: ØHarde werkers ØBereid om risiko’s te neem ØInnoverend ØBereid om te volhard

Entrepreneurs is: ØHarde werkers ØBereid om risiko’s te neem ØInnoverend ØBereid om te volhard ØGoed met mense ØGemotiveerd ØIn staat om op hulle eie te werk

VERGOEDING VIR PRODUKSIEFAKTORE: q. KAPITAAL = RENTE q. GROND = HUUR q. ARBEID =

VERGOEDING VIR PRODUKSIEFAKTORE: q. KAPITAAL = RENTE q. GROND = HUUR q. ARBEID = LONE EN SALARISSE q. ENTREPRENEURSKAP = WINS