SEUN DERDE BANK TWEEDE RY GRAAD 9 AFRIKAANS
SEUN – DERDE BANK, TWEEDE RY GRAAD 9 AFRIKAANS HUISTAAL
KOM ONS LEES DIE GEDIG: 1. Soos ek hier sit 2. en die sin van die vraestel voor my 3. en die logaritme van penne om my 4. minag 5. kyk ek na jou; 6. vooroorgebuk in jou bank 7. verstrengel in ileums en jejunums 8. jou swart krulhare bo jou blou kraag 9. ‘n moesiemerk in jou nek.
STROFE 2, 3 en 4 10. Ek glimlag, want ek weet 11. van die frons tussen jou oë 12. van die bytmerkies aan jou pen 13. van die beneuktheid om jou mooi mond. 14. En ek weet 15. Seunindiederdebanktweedery 16. dat ek onredelik baie na jou verlang 17. waar jy volgende jaar jou bestemming, die wêreld gaan verken 18. salig onbewus van die 19. Meisie – vierde bank, derde ry.
Waaroor gaan die gedig? • ‘n Meisie hou van ‘n seun. • Sy kyk na hom terwyl hy sy eksamenvraestel skryf. • Wanneer hulle klaarmaak met skool gaan hy sy lewenspad stap en sy gaan na hom verlang. • Hy sal nooit eers daarvan bewus wees dat sy so baie van hom gehou het nie. • VRAAG: Het jy al ooit so oor iemand gevoel?
Meer oor die gedig: • Die gedig is ‘n Vrye vers. • Daar is ‘n gebrek aan hoofletters, baie enjambement en nie ‘n vaste rymskema nie. Die lengte van die versreëls en strofes verskil ook. • Die gedig word gebind deur halfrym: • Bv. en die sin van die vraestel voor my (Alliterasie van die v-klank). • Bv. jou swart krulhare bo jou blou kraag (Alliterasie en assonansie) • Daar is progressie in die gedig, hoe verder die gedig aangaan verander die Seun in die derde bank, tweede ry, in iemand spesifiek. • Daar is ook baie kontras in die gedig – Soos dat die meisie alreeds na die seun verlang, maar dat die seun “Salig onbewus” is van haar.
Tema • Die tema van die gedig is onbeantwoorde liefde • Die meisie hou vreeslik baie van die seun, maar hy weet nie eers sy bestaan nie. • Het jy al ooit so gevoel?
Huiswerk: • Doen nou die vrae op bl. 126 van jou leesboekie • Onthou om die antwoorde in jou LETTERKUNDEBOEK te skryf.
- Slides: 7