MARKTE GRAAD 8 EBW BEGRIPPE n Mark word
MARKTE GRAAD 8 EBW
BEGRIPPE: ‘n Mark: word beskryf as enige kontak of kommunikasie tussen potensiële kopers en potensiële verkopers. Soorte markte: Goedere en dienstemark: Die mark waar goedere en dienste verhandel word. Faktormark: Die mark waar produksiefaktore verhandel word, bv. die arbeidsmark.
Potensiële kopers en verkopers: • Verbruikers • Sakeondernemings / besighede • Faktormark • Goedere en dienste mark • Die staat
Soorte markte en interaksie: v Verbruikers besit die produksiefaktore naamlik: Arbeid, kapitaal, entrepreneurskap en natuurlike hulpbronne. v Die huishoudings verkoop hierdie produksiefaktore op die faktormark aan sakeondernemings asook die staat, in ruil hiervoor ontvang hul ‘n vergoeding. v Die staat gebruik die produksiefaktore en verskaf hulpbronne en dienste aan die huishoudings en sakeondernemings, die staat ontvang inkomstebelastings en besigheidsbelasting. v Die sakeondernemings gebruik die produksiedaftore en omskep dit in ‘n bruikbare produk en diens, en ontvang ‘n inkomste daardeur. v Die produkte en dienste van die sakeondernemings asook hulpbronne en dienste van die staat word op die goedere-en-dienstemark verruil. v Huishoudings koop dan die produkte en dienste onderskeidelik op die goedere-en-dienstemark.
Goedere en dienstemark Besighede produseer goedere en dienste. Hierdie goedere en dienste word dan aan huishoudings verkoop. Die geld wat daarvoor betaal word, is die inkomste van die besigheid. Die goedere en dienstemark kan omskryf word as enige plek waar huishoudings en besighede bymekaar kom om oor die ruil van goedere en dienste te onderhandel. Hierdie mark word ook die produktemark genoem.
Arbeids- en finansiële mark (Faktormark) Die mark waar produksiefaktore verhandel word, bv. die arbeidsmark. Die produksiefaktore (grond, arbeid, kapitaal en entrepreneurskap) behoort aan huishoudings. In die vorige onderwerp het jy geleer dat besighede vergoeding aan huishoudings betaal vir die gebruik van produksiefaktore. Finansiële mark is die mark waar beide kort- en langtermyn finansiële bates verhandel word. Voorbeeld hiervan is JSE - Johannesburg Effektebeurs
Faktormark Arbeidsmark Geld- en finansiële kapitaalmark Grondmark Lone en salarisse word in die arbeidsmark vasgestel. Rentekoers word in die kapitaalmark vasgestel. Huur word in die eiendomsmark vasgestel. Sakeondernemings is die belangrikste kopers op die faktormark.
Vrae oor onderwerp: 1. Noem die twee hoof markte? 2. Verduidelik die verskil tussen die twee markte. 3. Verduidelik die interaksie tussen huishoudings en besighede. 4. Wie is die belangrikste kopers op die faktormark? Ons koop en verkoop dienste van die produksiefaktore op die faktormark, nie die produksiefaktore self nie. 5. Verduidelik hierdie stelling deur gebruik te maak van die produksiefaktor arbeid. 6. Gee ‘n voorbeeld van ‘n finansiële mark.
- Slides: 8