Reaksie Vernon February Reaksie Vernon February In hierdie
Reaksie – Vernon February
Reaksie – Vernon February • In hierdie gedig kom die mens se geneigdheid om sy kultuurgoedere te versaak, onder die loep. Die titel dui aan dat daar 'n reaksie gaan wees – dus hoe die mens op sekere invloede gaan reageer. • Hierdie is 'n emotiewe gedig en die gebruik van die baie tussenwerpsels getuig dat dit met 'n sterk gevoel gepaard gaan. • Hierdie gedig is geskryf in heerlike Kaaps Afrikaans en gebruik van woorde soos newwies, tjeritie, en wek val lekker op die oor. • 'n Gewone speelse gedig? Nee – by nadere ondersoek vind die leser dat daar 'n ernstige saak aangespreek word – baie konkrete begrippe (newwies r. 5) wat eintlik 'n dieperliggende abstrakte begrip voorstel.
1 2 3 4 Ou Ghwarrie en tjy sê daai ding dat tjy nou gloe met hart en siel, is tjy oek nou een van hul kring en vyand vannie hotnotsriel? Hy sê dat hy gelowig geword het of hom bekeer het Hy is nie lid van hulle groep/kring nie • Die woord Ghwarrie (gemoedelike aanspreekvorm) plaas die leser onmiddellik in die milieu van die Khoikhoi. Maar hier word nie na 'n spesifieke persoon verwys nie, dit is universeel van toepassing en verwys na enige persoon wat sy kultuur verloën om by die groter kring in te pas. Dit is insiggewend dat die spreker dit juis met geloof in verband bring.
hotnotsriel
5 6 7 oe tjy sil nou met newwies en tjou beste shute die dag deurbring, dit kan ek nog verdra, • Newwies = skoene. Die tradisionele Khoi en San het kaalvoet geloop. Dit is 'n konkrete bewys dat hulle nou die ander kultuur aanhang.
8 9 10 11 12 ma aai, wa’om daai sunday-go-to-meeting-face, ou Ghwarrie wiet, tjy praat mos nes daai seurtjie oppie draad, dis justice, love en tjêritie? • 'n Wending by versreël 8. Dit word ingelui deur die teenstellende voegwoord maar. Die spreker klink heeltemal moedeloos, asof hy weet dat sy vriend nie kan verander nie. • Die tussenwerpsel aai beklemtoon sy moedeloosheid. • Gekoppelde bepaling: Sunday-go-to-meeting-face / Dit suggereer 'n skynheilige optrede – dit is anders as die ander dae van die week. Dit is nie sy ware ek nie. • beste shute (r. 6) en praat soos die meneer op die draadloos (radio). Hierdeur suggereer hy dat baie bruin mense dink dat Kaaps Afrikaans minderwaardig teenoor Standaardafrikaans is (wat nie die geval is nie – dit is bloot 'n ander dialek).
13 Tjy sê my ek sil eendag brand 14 ma waa’s daai love en tjêritie? Retoriese vraag / in die vorm van n teenargument • Die spreker fokus / vrae / dieper insig spruit hieruit: Die persoon veroordeel die spreker en fokus dus op die justice (r. 12), maar hy predik liefde en liefdadigheid. Hy het dus nie veel empatie en meelewing met die spreker nie.
15 16 17 Die teorie wêk olraait, en wat kry tjy ou maat, net hate en insults hier. • In teorie en op papier lyk dit (geregtigheid, liefde en liefdadigheid) maklik, maar die toepassing daarvan in die praktyk is 'n heel ander storie / daar is te veel haat en nyd en verwyte.
18 19 20 21 Dan soebat tjy nog ek moet gloe Nei mattie, gee daai kan, Hou tjy tjou sunday-go-to-meeting-face en ek my bottle jien. Woordelikse herhaling van r. 9/20 lei tot beklemtoning • Die spreker maan dat hierdie Ou Gwarrie geregtigheid, liefde en liefdadigheid preek, maar in die praktyk het hy nie meelewing empatie met die wat anders as hulle dink nie – hulle word eerder veroordeel deur te sê dat hulle sil eendag brand (r. 13). en • Kontras/antitese: die sogenaamde gelowige wat sy kultuur verraai het en die dronkaard wat eerder wil bly soos hy is. • Laastens verkies die spreker sy kan drank (houer met drank) bo die skynheiliges wat hulle kultuurerfenis misken.
Verstegniese aspekte • Vrye vers: • Geen vaste rymskema • Geen vaste rympatroon (eerste 4 reëls het kruisrym abab) • Versreëls wissel in lengte • Geen vaste ritme; dit is geskryf in ʼn natuurlike praatritme, presies soos die spreker met Ghwarrie praat.
TEMA: • dit is moeilik om in die liefde, regverdigheid en lieftaligheid van mense te glo as jy slegs haat en beledigings van hulle ervaar. • kritiek op skynheiligheid van die aangesprokene (en ander soos hy) of oor ’n bevraagtekening van die godsdiens wat beoefen word. • kritiek op die prysgee van die tradisionele kultuurgebruike – danse wat onder meer spirituele waarde gehad het.
• Hierdie gedig is in lekker Kaaps Afrikaans geskryf en daar is talle voorbeelde van klankweglating (ma' vir maar), assimilasie (vannie in plaas van die) en klanktoevoeging (tjou in plaas van jou). • Die tema is die mens se geneigdheid om sy kultuurgoedere te verwaarloos en ander, wat nie soos hy dink nie, te veroordeel, Die mens predik geregtigheid, liefde en liefdadigheid, maar leef dit nie uit nie. Die mens het 'n veroordelende gees teenoor ander wat buite die kring staan. • Die titel dui op die mens se reaksie op ander mense se doen en late.
- Slides: 13