Respirasie 1 LEES hierdie inligting sorgvuldig deur Xolani

  • Slides: 5
Download presentation
Respirasie 1. LEES hierdie inligting sorgvuldig deur. Xolani is ‘n atleet en in hierdie

Respirasie 1. LEES hierdie inligting sorgvuldig deur. Xolani is ‘n atleet en in hierdie prentjie wen hy ‘n wedloop. Hy benodig energie om te beweeg, maar die energie is in die kos wat hy eet, opgesluit. Sy liggaamselle kan die energie deur ‘n proses, respirasie vrystel. In elke sel is daar chemikalieë, ensieme genoem, wat die energie in die glukose suiker vasgevang is, kan ontsluit. Suurstof is nodig om te help in die vrystelling van die energie uit die kos en Xolani kry dit deur in lug asem te haal. Respirasie produseer koolsuurgas en water soos dit energie vrystel. Hierdie afvalstowwe moet uitgeskei word. Deur asemhaling word koolsuurgas en water verwyder maar terselfdertyd word suurstof vir die liggaam verkry. GEBRUIK die inligting om die diagram te voltooi. warmte en werk + + afval verwydering SKRYF die dinge neer wat tydens respirasie vermeerder en dié wat verminder. © KCL. WCED. PENTECH. 2002

Respirasie 2. BESTUDEER die tabel en diagram Relatiewe koolsuurgas konsentrasie Kleur van bikarbonaat indikator

Respirasie 2. BESTUDEER die tabel en diagram Relatiewe koolsuurgas konsentrasie Kleur van bikarbonaat indikator oplossing Hoog Geel Medium (soos in atmosfeer) Rooi Laag Pers Xolani haal in en uit asem deur hierdie buis Buis A Bikarbonaat indikator oplossing (rooi kleur in die begin) Buis B BESKRYF hoe hierdie apparaat werk en VOORSPEL wat tydens asemhaling sal gebeur. Hoe sou die resultate verskil as Xolani gehardloop het? © KCL. WCED. PENTECH. 2002

Respirasie 3. BESPREEK die apparaat en resultate van hierdie eksperiment oor respirasie. buis A

Respirasie 3. BESPREEK die apparaat en resultate van hierdie eksperiment oor respirasie. buis A buis B buis C buis D buis E swart omhulsel om buis Al die buise bevat dieselfde hoeveelheid bikarbonaat indikator oplossing wat rooi gekleur was aan die begin van die eksperiment. Buis A B Organisme geen Klein insek Tyd, in minute, vir oplossing om geel te kleur Geen verandering 25 C ontkiemende saad 10 D Groot sampioen 15 E groen blaar 30 SKRYF jou afleidings omtrent die respirasie van die organisme neer. Waarom was buis E toegemaak? © KCL. WCED. PENTECH. 2002 Is die eksperiment ‘n redelike toets?

Respirasie 4. Massa 200 g Spoed 3 km/uur Energie 4 k. J om 1

Respirasie 4. Massa 200 g Spoed 3 km/uur Energie 4 k. J om 1 km te hardloop 200 g 3 km/uur 0. 3 k. J om 1 km te swem 200 g 60 km/hour 1. 5 k. J om 1 km te vlieg BESPREEK en SKRYF ‘n vergelyking van hierdie diere. (Dink aan: warmbloedig/koudbloedig; weerstand teen beweging en liggaamsvorm; Effektiewe gebruik van voedsel energie; vermoë om te migreer; behoefte om en vermoë om vet te stoor) © KCL. WCED. PENTECH. 2002

Respirasie 5. LEES hierdie storie omtrent winterslaap Die Marmot is ‘n klein soogdier wat

Respirasie 5. LEES hierdie storie omtrent winterslaap Die Marmot is ‘n klein soogdier wat in bergagtige streke woon. In die somer kan dit baie plante kry om te eet, wat gebruik word om energie vry te stel, deur respirasie. Hierdie energie word gebruik om diere se liggame konstant warm te hou by 37 grade Celsius. Die dier is baie aktief omdat suurstofryke bloed na die spiere vervoer word vir respirasie in die selle. Om dit reg te kry, haal die Marmot 30 keer per minuut asem en sy hart klop 80 keer ‘n minuut. In die herfs is daar selfs nog meer voedsel omdat plante sade en vrugte produseer. Elke dier kan dan ‘n dik laag vet onder die vel stoor. As winter begin is dit baie koud en die Marmot kan dan nie genoeg voedsel kry vir energie produksie om aktief te bly nie. Groepe van omtrent 15 Marmotte voer gate in die grond uit met hooi. Hierin bondel hulle saam en slaap die winter deur. Tydens hierdie winterslaap is diere se liggame koud en onaktief. Die liggaamstemperatuur daal tot 5 grade Celsius. Dit haal slegs eenkeer elke 5 minute asem, en die hart klop net 4 keer elke minuut. Baie minder suurstof word na die selle vervoer. en die tempo van respirasie is baie laer. Minder voedsel is nodig om diertjie aan die lewe te hou. By die koms van lente is die Marmotte baie maer en word dan wakker en eet van die nuwe plantegroei. TEKEN en BENOEM prente om die jaar in die lewe van ‘n Marmot te wys. VERDUIDELIK hoe en waarom die tempo van respirasie verander. © KCL. WCED. PENTECH. 2002