Brief Fernel A Abrahams Intertekstualiteit Ma ek skryf
Brief Fernel A. Abrahams
Intertekstualiteit Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig sonder fensie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net sommer ‘n kaalvoetgedig want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou Here God. jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam my breekwater teen die lewe ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie Antjie Krog
Brief Mammie, ek skryf ook vir Ma ‘n kaalvoet gedig sommer so, nes Antjie maar ek gebruik soms leestekens en ek sal nie vir Mamma “jy” sê nie want dit hoort vir my nes plastiekblomme en wit skoene nie by Ma nie. Ek het grootgeword, weet Ma – ek skrik soms vir myself want my skoolbaadjie pas nie meer nie my hare is lank ek wil ‘n oorring dra ek bid byna nooit nie en ek glo nie sommer net in God nie ek dink, praat, skryf selfs oor die dood – ek wonder of Ma van my verse sal hou – Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly – en ek het nie kon nie ‘skuus Mammie maar ek is nog Ma se kind grootmenskind anderster kind
Eerste strofe Mammie, ek skryf ook vir Ma ‘n kaalvoet gedig sommer so, nes Antjie maar ek gebruik soms leestekens en ek sal nie vir Mamma “jy” sê nie want dit hoort vir my nes plastiekblomme en wit skoene nie by Ma nie.
Tweede strofe Ek het grootgeword, weet Ma – ek skrik soms vir myself want my skoolbaadjie pas nie meer nie my hare is lank ek wil ‘n oorring dra ek bid byna nooit nie en ek glo nie sommer net in God nie ek dink, praat, skryf selfs oor die dood – ek wonder of Ma van my verse sal hou –
Derde strofe Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly – en ek het nie kon nie ‘skuus Mammie maar ek is nog Ma se kind grootmenskind anderster kind
Addisioneel • Tema: Groeipyne asook die belangrikheid van kommunikasie • Die gedig is geskryf in vrye versvorm. • Is die gedig ‘n vorm van plagiaat? • Beklemtoning deur: alleenplasing en inkeping (strofe 3) • Alliterasie: “sommer so, nes Antjie” (r. 2) • Assonansie: “want my skoolbaadjie pas nie meer nie” (r. 10)
Antjie • • • vs. Gedig Spreek haar ma as “jy” aan Digter is ‘n dogter Geen leestekens Wil graag self verander om by die ma se waardes aan te pas Fernel • • • Brief Spreek sy ma as “mammie” aan Digter is ‘n seun Gebruik soms leestekens Is tevrede met sy andersheid al sy ma nie daarvan hou nie Antjie & Fernel • Beide gedigte is in vrye versvorm • Beide gedigte is eenvoudig • Beide gedigte bestaan uit drie strofes • Beide kinders vra vir hul ma’s om verskoning • Beide kinders hou van hul ma’s • Beide kinders het vermoedelik nie ‘n noue verhouding met God nie
- Slides: 8