Jes 60 1 7 Staan op word verlig

  • Slides: 19
Download presentation
Jes 60: 1 -7. ‘Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die

Jes 60: 1 -7. ‘Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóu sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.

En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang. Slaan

En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang. Slaan jou oë rondom op en kyk - hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra. Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan. ‘n Menigte kamele sal jou oordek, die jong kamele van Mídian en Efa; hulle sal almal uit Skeba kom; hulle bring goud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van die HERE.

Al die kleinvee van Kedar sal vir jou versamel word, die ramme van Nebájot

Al die kleinvee van Kedar sal vir jou versamel word, die ramme van Nebájot sal jou dien; hulle kom as welgevallige offer op my altaar, en Ek sal my heerlike huis heerlik maak. ’

Jes 62: 1 -5. ‘Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en

Jes 62: 1 -5. ‘Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos ‘n glans en sy heil soos ‘n fakkel wat brand.

En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en

En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met ‘n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem. En jy sal ‘n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en ‘n koninklike tulband in die hand van jou God. ’

‘Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer

‘Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees. Want soos ‘n jonkman ‘n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees. ’

Jes 65: 17 -25. ‘Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde,

Jes 65: 17 -25. ‘Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie. ’

‘Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk,

‘Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees. En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie. Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.

En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan

En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet. ’

‘Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle

‘Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is ‘n geslag van die wat deur die HERE geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle. En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek. Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE. ’

SEEK FIRST THE KINGDOM OF GOD III.

SEEK FIRST THE KINGDOM OF GOD III.

Joh 18: 28 -40. ‘Toe neem hulle Jesus van Kájafas na die goewerneur se

Joh 18: 28 -40. ‘Toe neem hulle Jesus van Kájafas na die goewerneur se paleis. ’

‘En dit was vroeg in die môre; en hulle het self nie in die

‘En dit was vroeg in die môre; en hulle het self nie in die paleis ingegaan nie, dat hulle hul nie sou verontreinig nie, maar dat hulle die pasga kon eet. En Pilatus het na hulle uitgekom en gesê: …’

‘En Pilatus het na hulle uitgekom en gesê: Watter beskuldiging bring julle teen hierdie

‘En Pilatus het na hulle uitgekom en gesê: Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man in? Hulle antwoord en sê vir hom: As Hy geen kwaaddoener was nie, sou ons Hom nie aan u oorgelewer het nie. En Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en oordeel Hom volgens julle wet. En die Jode sê vir hom: Dit is ons nie geoorloof om iemand dood te maak nie - sodat die woord van Jesus vervul sou word wat Hy gesê het om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe. ’

‘Pilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê

‘Pilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê vir Hom: Is U die Koning van die Jode? Jesus antwoord hom: Sê u dit uself, of het ander u dit van My gesê? Pilatus antwoord: Is ek dan ‘n Jood? U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U gedoen?

Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van

Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. ’

‘Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U

‘Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. ’

‘Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. Pilatus sê vir Hom:

‘Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? ’

‘En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en

‘En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie. Maar julle het ‘n gewoonte dat ek vir julle op die pasga iemand moet loslaat; wil julle dan hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat? Toe skreeu hulle almal weer en sê: Nie vir Hom nie, maar Barábbas! En Barábbas was ‘n rower. ’