Skriflesing Jes 49 1 7 Sien God se





























- Slides: 29
Skriflesing Jes 49: 1 -7 Sien God se teenwoordigheid
Jes 49: 1 -7 Luister na My, eilande, gee aandag, nasies wat ver is! Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder se liggaam was, het Hy my op my naam genoem. Hy het my mond soos ’n skerp swaard gemaak, my in die skaduwee van sy hand verberg, Hy het my ’n skerp pyl gemaak en my in sy pylkoker weggesteek. Hy het vir my gesê: Jy is my dienaar, jy is Israel, deur jou maak Ek my mag bekend.
Ek het gedink: ek het my tevergeefs vermoei, ek het my heeltemal verniet afgesloof. Maar die Here sál aan my reg laat geskied, my God sál my beloon. En nou maak die Here ’n aankondiging, Hy wat my in die moederskoot al sy dienaar gemaak het om Jakob na Hom toe terug te bring sodat Israel nie meer verstrooi sal wees nie. Die Here het my ’n belangrike opdrag gegee en my God gee my die krag om dit te doen.
Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou ’n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik. So sê die Here, die Heilige van Israel, sy Verlosser, vir dié een wat diep verag is, wat deur die nasies verafsku word en wat ’n dienaar van regeerders is: Konings sal sien wat gebeur en sal opstaan, leiers sal buig tot eer van die Here wat getrou is, die Heilige van Israel wat jou uitverkies het.
Vs 7: Konings sal sien wat gebeur en sal opstaan, leiers sal buig tot eer van die Here wat getrou is, die Heilige van Israel wat jou uitverkies het.
Message: Kings will see, get to their feet – the princes, too – and then fall on their faces in homage because of God, who has faithfully kept His word, the Holy of Israel, who has chosen you. NLV: Konings sal jou sien en op aandag staan. Prinse sal laag buig voor die Here wat getrou is. Hy die Heilige van Israel, het jou gekies.
Wat sien die konings wat hulle tot aanbidding bring?
Die Here se getrouheid; Sy volharding in die deurvoering van Sy plan; Sy keuse van Sy kneg; Sy getrouheid aan Sy kneg – Dit motiveer die konings tot aanbidding.
Na wie stuur die Here ons? God stuur ons veral na ons werk- en/of woonplek om dáár ‘n teken, voorsmaak en instrument van Sy koninkryk te wees en Sy koninkryk ook dáár te ontdek.
‘n Fokus vir 2008: Die begeleiding van mense om 7 -dag christene te wees en veral by hul werk- en/of woonplek ruimtes te help skep waar God saam met ander ontdek en beleef word
Hoe help Jesaja ons om ruimtes te help skep waar God saam met ander ontdek en beleef word?
1. God maak Hom sigbaar deur woorde en dade van mense wat deur Hom geroep is.
God het in Jesaja geglo en ‘n spesifieke roeping/opdrag vir hom gegee.
Jes 49: 1 -7 Luister na My, eilande, gee aandag, nasies wat ver is! Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder se liggaam was, het Hy my op my naam genoem. Hy het my mond soos ’n skerp swaard gemaak, my in die skaduwee van sy hand verberg, Hy het my ’n skerp pyl gemaak en my in sy pylkoker weggesteek. Hy het vir my gesê: Jy is my dienaar, jy is Israel, deur jou maak Ek my mag bekend.
Ek het gedink: ek het my tevergeefs vermoei, ek het my heeltemal verniet afgesloof. Maar die Here sál aan my reg laat geskied, my God sál my beloon. En nou maak die Here ’n aankondiging, Hy wat my in die moederskoot al sy dienaar gemaak het om Jakob na Hom toe terug te bring sodat Israel nie meer verstrooi sal wees nie. Die Here het my ’n belangrike opdrag gegee en my God gee my die krag om dit te doen.
Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou ’n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik. So sê die Here, die Heilige van Israel, sy Verlosser, vir dié een wat diep verag is, wat deur die nasies verafsku word en wat ’n dienaar van regeerders is: Konings sal sien wat gebeur en sal opstaan, leiers sal buig tot eer van die Here wat getrou is, die Heilige van Israel wat jou uitverkies het.
God glo in my/jou en het ‘n spesifieke doel/opdrag vir my/jou.
Roeping veronderstel ‘n vaste oortuiging dat ek met my hele lewe in diens van die lewende God staan.
Roeping is om te verstaan dat die Here jou ganse lewe aan jou gegee het as ‘n gawe en ‘n opdrag en dat jy met alles wat jy doen op hierdie gawe en roeping van die Here antwoord.
God roep ons om 7 -dag Christene te wees Geroep – Geseën - Gestuur
Wanneer Jesaja praat, leef en doen - sien die mense – en hulle aanbid God. Wanneer. . . ? . . praat, leef en doen - sien die mense – en hulle aanbid God.
2. Wanneer totale uitputting, leegheid, doelloosheid en ontnugtering my oorweldig, kan ek reken op God se getrouheid.
Vs 4: Ek het gedink: ek het my tevergeefs vermoei, ek het my heeltemal verniet afgesloof. Maar die Here sál aan my reg laat geskied, my God sál my beloon.
Message: “I’ve worked for nothing. I’ve nothing to show for a life of hard work. Nevertheless, I’ll let God have the last word. I’ll let him pronounce his verdict.
3. God se getrouheid word gesien in ‘n vreemde gesig, ‘n totaal onaanvaarbare gesig; die gesig van ‘n diep veragte.
Diep veragte kan ook vertaal word met: een wat sy siel verag het – sy eie lewe op die spel geplaas het in die uitvoering van sy/haar taak.
Die konings sien inderdaad die getroue God in ‘n totaal verwerplike en walglike persoon, maar juis in dié gesig sien hulle God wat getrou is, heilig en goed en regverdig is.
Henri Nouwen Drie groot versoekings van die kerk • Om relevant te probeer wees (funksioneel, effektief) • Om briljant te probeer wees • Om invloedryk te probeer wees
“Here, maak my ’n instrument van u vrede. Waar daar haat is, laat my liefde saai. Waar daar veronregting is, vergifnis. Waar daar is twyfel is, geloof. Waar daar wanhoop is, hoop. Waar donkerte is, lig. Waar daar hartseer is, blydskap. Amen. ” (Franciscus van Assisi)