TT Cloete eerste worp 1 2 eerste worp

  • Slides: 21
Download presentation
TT Cloete eerste worp

TT Cloete eerste worp

1 2 eerste worp – TT Cloete ons het nie ou katedrale en kastele

1 2 eerste worp – TT Cloete ons het nie ou katedrale en kastele nie, geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie. • ’n worp is die handeling om te werp (te gooi); die eerste worp sal dus letterlik na die eerste gooi verwys. Simbolies verwys dit na die bestaan van die mensdom. • Wisselvorm van worp is werp. • Nie: herhaling van die dubbele nie skep ʼn sekere ritme – dit wat ons níé in Afrika het nie word beklemtoon • Suid-Afrika se waterskaarste: onbevaarbare riviere vir groot skepe en min of yl verspreide wolke. [Herhaling van min en yl. ] • Die titel verwys na dinge en gebiede wat nog oorspronklik en primitief is in die skepping / dit is nog oorspronklik soos die Skeppershand dit gelos het.

Kasteel Katedraal

Kasteel Katedraal

Venesië – waterstrate – waar bote tussen die geboue kan vaar

Venesië – waterstrate – waar bote tussen die geboue kan vaar

3. 4. 5. 6. die min wolke wat ons het, is yl versprei. ons

3. 4. 5. 6. die min wolke wat ons het, is yl versprei. ons het nie groot metropole nie. ons is sonder groot donkergroen woude. dun is ons geskiedenis met min groot name • Enjambement r. 6/7: funksie – bind die twee strofes aanmekaar • dun is ons geskiedenis: ons geskiedenis bevat nie groot baanbrekers soos die Europese lande nie • Versreëls 1 -5: baie ruspouses / vier sinne. Deur die 4 sinne beklemtoon die spreker die dinge wat Suider-Afrika nie het nie en wat Europa wel het. • 6 dinge wat die kontras/teenstellings vorm met die res van die wêreld: ons het 1 nie katedrale, 2 kastele en 3 bevaarbare riviere nie en 4 min water, 5 reën en 6 groen woude.

metropool Groot donkergroen woud

metropool Groot donkergroen woud

7. 8. • soos beethoven of dante rembrandt of bramante geen name in hoofletters:

7. 8. • soos beethoven of dante rembrandt of bramante geen name in hoofletters: sluit aan by die gebrek aan hoofletters by die res van die gedig / tipies van die vrye vers Koeplet word deur paarrym saamgebind Beethoven: klassieke komponis van die 17 de eeu wat aanhou komponeer het al was hy doof. (Musiek) Dante: 'n Italiaanse digter van Florence - letterkundige werk Commedia (Komedie) beste in die Italiaanse taal. (Letterkunde) Sinekdogee: slegs die name van enkele historiese figure word genoem

Rembrandt: bekende Nederlandse skilder. Bramante: Italiaanse argitek; het styl van Hoë Renaissance aan Milaan

Rembrandt: bekende Nederlandse skilder. Bramante: Italiaanse argitek; het styl van Hoë Renaissance aan Milaan en Rome bekend gestel; het trappe van Vatikaanstad ontwerp.

9. ons het min onwerklike sagte drome • • • Word deur alleenplasing uitgehef

9. ons het min onwerklike sagte drome • • • Word deur alleenplasing uitgehef en die assonerende i-klank versag die versreël om by die inhoud te pas. Ons in Afrika het min figure uit die geskiedenis wat onwerklike sagte drome vergestalt; Afrika is net harde werklikheid/realiteit: hard en warm en droog. Sagte drome = aangename drome / ons in Suidelike Afrika het onwerklike, sagte drome oor die kultuur- en natuurrykdomme van ander vastelande. Pleonasme: onwerklike drome = drome is in elk geval onwerklik/nie die realiteit nie. R. 6 -20 is ’n enjambement – funkie: dit verleen vloeiendheid aan die opnoem van die kultuur- en natuurrykdomme wat Suider-Afrika nie het nie.

10. maar ons het uitgestrekte woestyne 11. en krom grys bome wat houtbeen vasskop

10. maar ons het uitgestrekte woestyne 11. en krom grys bome wat houtbeen vasskop 12. in die droë sand en koets teen die son • • • [metafoor] Wending in reël 10: maar (teenstellende voegwoord); Afrika as vasteland is anders as die Europese werklikheid en Afrika se uniekheid word dan beskryf: dorheid Personifikasie: bome wat vasskop en koets teen die son Metafoor: grys boomstamme lyk soos bene wat in die sand vasskop Woestyne: Afrika is bekend vir droogheid: woestyne en droë sand en geharde bome (eienskappe van die bome = bome is krom, grys, skop vas in die sand en koets teen die son) = ontberinge Uitgestrekte – dit beteken die woestyne lê ver en wys of dat daar groot woestyngedeeltes in Suider Afrika is.

Woestyne en krom grys bome wat houtbeen vasskop in die droë sand en koets

Woestyne en krom grys bome wat houtbeen vasskop in die droë sand en koets teen die son

13. 14. 15. 16. • • • ons het baie droë lope meervoude en

13. 14. 15. 16. • • • ons het baie droë lope meervoude en oerrivierbeddings met ou inheemse name soos gourits en storievertelname soos skrij of kameelsleep en lijersdraai Woord wat die oeroue bestaan van ons vasteland onderskryf ou inheemse name: name uit die tale van mense wat oorspronklik in die land gewoon het Gourits =Gowrikwas (inheemse stam) woord is deur Nederlanders vervorm tot gourits. Gouritsrivier

Kameelsleep Die draai wat die rivier daar maak, lyk soos ‘n babadoek/luier as dit

Kameelsleep Die draai wat die rivier daar maak, lyk soos ‘n babadoek/luier as dit vasgesteek is!? Lijersdraai Storie: die laaste vrylopende kameelperd is hier doodgeskiet en toe met donkies tot in Botswana gesleep. Skrij – eufemisties – maagwerkings – ou dae het die reisigers se trekbeeste diarree ontwikkel na hulle die wildewaatlemoene/tsamma geëet het as hulle dors was. Die naam is dus ‘n waarskuwing!

17. en baie reste naby die eerste worp • Reël word deur alleenplasing uitgehef;

17. en baie reste naby die eerste worp • Reël word deur alleenplasing uitgehef; hou verband met die baie fossiele en ander oeroue ooblyfsels wat in die wieg ontdek is en wat terug dateer na die eerste worp. • Baie: in kontras met min in reël 9. • Die reël hou verband met die titel van die gedig wat na die wieg van die mensdom / die ontstaan van die aarde verwys. • reste = oorblyfsels van die eerste worp of skepping.

Wieg van die mensdom Geïmpliseerde betekenis van r. 13 -16: naamgewing in SA het

Wieg van die mensdom Geïmpliseerde betekenis van r. 13 -16: naamgewing in SA het plaasgevind na aanleiding van gebeure in die gebied / die name vertel die storie.

funksie – verbind 18. by wêreldseinde in die suisende stil nag Enjambement: die begin

funksie – verbind 18. by wêreldseinde in die suisende stil nag Enjambement: die begin aan die einde van die wêreld 19. hoor jy die jakkalse en fossielskreeu 20. iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag • Woord wat die oeroue bestaan van ons vasteland onderskryf • S-alliterasie: dra by tot die skep van ʼn atmosfeer van stilte waarin die angstjank en spotlag opklink • Wêreldseinde: verwys na die einde van die menslike bestaan of die wêreld se einde • Fossielskreeu: suggereer ’n baie ou, primitiewe skreeu • angstjank en spotlag – kontras jakkals word as n oerspesie beskou; inheems aan Afrika

Ontleding van die slotreëls van “eerste worp” • 17 Enjambement tussen r. 17 en

Ontleding van die slotreëls van “eerste worp” • 17 Enjambement tussen r. 17 en r. 18 verbind die begin aan die einde van die wêreld. en baie reste naby aan die eerste worp Wieg van die mensdom • 18 by wêreldseinde in die suisende stil nag • 19 hoor jy die jakkalse se fossielskreeu • 20 Daar kan egter ook ’n sesuur aan die einde van versreël 17 wees, wat “wêreldseinde” dan die ruimte maak waarin die jakkals se skreeu gehoor word . Vredefort-koepel /metaforiese verwysing na die skepping Die jakkals (inheems tot Afrika) word beskou as ’n oerspesie. iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag Intertekstuele verwysing na T. S. Eliot se “The Hollow Men” (1925) Ironiese lag, omdat die begin reeds bewus is van die einde. Deur eindrym word “lag” ook verbind aan “nag”.

 • r. 20: Primitiewe spotlag: ironiese lag omdat die begin reeds bewus is

• r. 20: Primitiewe spotlag: ironiese lag omdat die begin reeds bewus is van die einde; eindrym beklemtoon lag/nag • Leestekens in r 1 -5 en geen leestekens in die res van die gedig: die verskillende kultuurerfenisse en natuurweeldes van die ander wêrelddele word beklemtoon. • Komma na r. 1: dit skei die kultuurerfenisse r. 1 van die natuurweelde in r. 2; dit beklemtoon of skei dus die verskillende dinge wat Suider-Afrika nie het nie omdat die komma na „nie” gebruik is. • Let op die samestelling van die verskillende strofes, alliterasie, assonansie in die gedig (aantekeninge). • Stemming: str 2 – verlange; str 4 – aanvaarding; str 5 – trots op geskiedenis; str 7 – vrees vir die geharde wêreld waain hulle leef.

 • Tema: Die mens se vermoë is te beperk om die Godsopenbaringe waar

• Tema: Die mens se vermoë is te beperk om die Godsopenbaringe waar te neem, te begryp en te verwoord. / Die mense in die ander lande is nie so bewus van God se openbaringe soos die mense in Suider-Afrika wat naby daaraan leef nie. (? ) • Boodskap: (bv. ) Die mense leef nie na genoeg aan die natuur nie en dus ook nie na genoeg aan God nie / ons waardeer nie ons land genoeg nie.