Afrikaanse haikoes Johann Lodewyk Marais Afrikaanse haikoes Johann

  • Slides: 8
Download presentation
Afrikaanse haikoes – Johann Lodewyk. Marais

Afrikaanse haikoes – Johann Lodewyk. Marais

Afrikaanse haikoes – Johann Lodewyk Marais Die haikoe, ʼn eeue oue Japannese versvorm, bestaan

Afrikaanse haikoes – Johann Lodewyk Marais Die haikoe, ʼn eeue oue Japannese versvorm, bestaan tradisioneel uit drie versreëls met sewentien lettergrepe: vyf, sewe en weer vyf lettergrepe. Effense vormafwykings word aanvaar, maar die innerlike wese van die haikoe staan vas: die beleef van dinge soos dit nóú is, in hierdie oomblik. Elkeen van hierdie kenmerke kom duidelik in al drie hierdie haikoes voor, behalwe die tydsaanduiding: Haikoe I en III is in die verlede tyd.

Afrikaanse haikoes – uit die bundel Diorama • ’n Diorama is ’n driedimensionele visuele

Afrikaanse haikoes – uit die bundel Diorama • ’n Diorama is ’n driedimensionele visuele voorstelling wat lewend voorkom. Dit kan lewensgroot of ’n kleiner model wees en bestaan uit figure en objekte voor ’n geskilderde agtergrond. Dit word veral in museumvoorstellings, met effektiewe beligting agter glas, gesien. Die gedigte in die bundel, is volgens die digter, klein uitstallings van ’n landskap of ʼn historiese oomblik.

I Toe die duif opvlieg, Was dit vir hom ʼn teken Om die deur

I Toe die duif opvlieg, Was dit vir hom ʼn teken Om die deur te sluit Kontras: beeld van die duif/vrede teenoor die deur wat gesluit word / skeiding/uitsluiting Die beeld is meestal direk, maar daar is ʼn verskuilde dieper betekenis waarop die leser met sy eie ervarings moet reageer – die leser moet die verband tussen alles in die skepping kan raaksien. In die Haikoe is twee eenvoudige gegewens wat oënskynlik nie met mekaar verband hou nie: ’n duif vlieg op en ’n deur gaan toe. * Tradisionele assosiasies met ʼn duif = vrede / die duif se weggaan kan verbind word met die verlies van vrede. * Toesluit van ʼn deur = bedreig voel, onveilig wees, jouself beskerm, jou afsluit van wat daar buite is.

tydwoorde II Dis nag en die maan se perdehoef trap ligweg op die vensterbank.

tydwoorde II Dis nag en die maan se perdehoef trap ligweg op die vensterbank. metafoor Die perdehoef is ʼn simbool van geluk en beskerming, die maan se perdehoefvorm skyn op die vensterbank. IRONIE: die beskermingsimbool werk nie want in die derde haikoe is daar spore van misdaad/geweld/skrik.

III aanvallers Ná hulle weg is het die bloed op die kosyn ʼn bruin

III aanvallers Ná hulle weg is het die bloed op die kosyn ʼn bruin swam geword. ʼn Swam groei op verrottende plantaardige stowwe. Die toneel is ’n aanvalstoneel en dit wat gebeur, is skokkend en verrot. Atmosfeer: in die eerste twee haikoes is dit rustig en vredevol. In die laaste een dui die stil spore van misdaad op die gebeure van skrik en geweld. IRONIE: dierebloed op die deurkosyn het die mense vroegtydig van die dood gered; dus ʼn teken van genade – in die haikoe is die mensebloed op die kosyn ironies juis geen teken van genade nie, die slagting is ook ironies reeds voltrek.