Die waarheid maak jou vry waarheid sonder vryheid

  • Slides: 14
Download presentation
Die waarheid maak jou vry… ʼn waarheid sonder vryheid, is slawerny.

Die waarheid maak jou vry… ʼn waarheid sonder vryheid, is slawerny.

Joh 8: 32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle

Joh 8: 32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. Joh 8: 36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Die waarheid is: Nie meer gevange deur vrees en sonde nie – die dood

Die waarheid is: Nie meer gevange deur vrees en sonde nie – die dood het sy angel verloor. 1 Ko 15: 55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? 1 Ko 15: 56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. 1 Ko 15: 57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jahshua Christus. 1 Ko 15: 58 Daarom, Daarom my geliefde broeders, wees standvastig, standvastig onbeweeglik, onbeweeglik altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Waar pas al die kennis van die Woord oor verskeie sake dan in –

Waar pas al die kennis van die Woord oor verskeie sake dan in – dis ook waarheid? Vir elke misleiding en aanslag van die Bose, is daar ʼn waarheid in die Woord wat jou bevry van die slinkse kettings wat jou wil saamsleep en mislei. Gal 3: 1 o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, nie julle voor wie se oë Jahshua Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? Gal 3: 2 Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? Gal 3: 3 Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? vlees Gal 5: 1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie Gal 5: 2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, besny Christus vir julle tot geen nut sal wees nie Gal 5: 3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Gal 5: 4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.

Paulus (en die HG) is teen die besnydenis ? Hnd 15: 1 En sekere

Paulus (en die HG) is teen die besnydenis ? Hnd 15: 1 En sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie Hnd 15: 2 Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog ʼn paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk. Hnd 15: 28 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: dinge Hnd 15: 29 dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel! Hnd 16: 1 En hy het in Derbe en Listre aangekom; en daar was ʼn dissipel met die naam van Timótheüs, seun van ʼn gelowige Joodse vrou, maar van ʼn Griekse vader. Hnd 16: 2 Hy het goeie getuienis gehad van die broeders in Listre en Ikónium. Hnd 16: 3 Paulus wou hê dat hy saam met hom op reis sou gaan, en hy het hom geneem en besny ter wille van die Jode wat in daardie streke was; want hulle het almal geweet dat sy vader ʼn Griek was Hnd 16: 4 En op hulle reis deur die stede het hulle die verordeninge wat deur die apostels en die ouderlinge in Jerusalem vasgestel was, aan hulle oorgegee om te onderhou. Hnd 16: 5 En die gemeentes is versterk in die geloof en het elke dag vermeerder in getal

Waarheid: Is absoluut. Die toepassing is relatief. Evangelie – “die” of “ ʼn” waarheid?

Waarheid: Is absoluut. Die toepassing is relatief. Evangelie – “die” of “ ʼn” waarheid? Hoe lyk “ ʼn” waarheid dan? Israel en Adam - identiteit Die naam JHWH Loof JHWH Bid sonder ophou Die doop Almal liefhê

Verstaan jy Paulus se vryheid? 1 Ko 9: 1 Is ek nie ʼn apostel

Verstaan jy Paulus se vryheid? 1 Ko 9: 1 Is ek nie ʼn apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jahshua Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie? 1 Ko 9: 2 As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here. 1 Ko 9: 3 My verantwoording aan die wat my beskuldig, is dít: 1 Ko 9: 4 Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie? 1 Ko 9: 5 Het ons dan geen reg om ʼn suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Céfas nie? 1 Ko 9: 6 Of het net ek en Barnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie? 1 Ko 9: 7 Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ʼn wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ʼn kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie? 1 Ko 9: 8 Sê ek dit miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie? 1 Ko 9: 14 So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe. 1 Ko 9: 15 Maar ék het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf dít nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemand my roem sou verydel. 1 Ko 9: 16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!

1 Ko 9: 17 Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar

1 Ko 9: 17 Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is ʼn rentmeesterskap aan my toevertrou. 1 Ko 9: 18 Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie. 1 Ko 9: 19 Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win. 1 Ko 9: 20 Vir die Jode het ek soos ʼn Jood geword om die Jode te win; win vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win 1 Ko 9: 21 Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet—al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus—om die wat sonder die wet is, te win; Christus win 1 Ko 9: 22 vir die swakkes het ek soos ʼn swakke geword om die swakke te win; win vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red 1 Ko 9: 23 En ek doen dit ter wille van die evangelie, evangelie dat ek ʼn deelgenoot daarvan kan word. 1 Ko 9: 24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. 1 Ko 9: 25 En elkeen wat aan ʼn wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ʼn verwelklike krans te alles ontvang, maar ons ʼn onverwelklike 1 Ko 9: 26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. 1 Ko 9: 27 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, diensbaar dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.

Honde is altyd bly om hul base te sien – so ook klein kindertjies

Honde is altyd bly om hul base te sien – so ook klein kindertjies om hul pappa se sien Hoekom verander dit as kinders ouer word? Hul wêreld word groter, en die plek wat hul pa daarin vul, al hoe kleiner…. . dis nie meer as of hul wêreld leeg is sonder hom, en dit weer gevul word wanneer hy tuiskom nie – pappa is nie meer hul hele lewe nie.

Joh 8: 32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle

Joh 8: 32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. Joh 8: 36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees. As Waarheid = Vryheid, en die Seun = Vryheid, wat is Waarheid?

Jahshua is die Waarheid, Hy demonstreer liefde, Hy verag nie geregtigheid nie Joh 5:

Jahshua is die Waarheid, Hy demonstreer liefde, Hy verag nie geregtigheid nie Joh 5: 8 Jahshua sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop. Joh 5: 10 Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie Joh 5: 11 Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop. Joh 5: 14 Daarna het Jahshua hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, nie sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie. Joh 8: 11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jahshua sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie Joh 8: 12 En Jahshua het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. hê

Jy sal verstaan wat vryheid in Jahshua is, as Hy jou vol gemaak het

Jy sal verstaan wat vryheid in Jahshua is, as Hy jou vol gemaak het – en Sy liefde vir Sy verloregaande kinders vir jou die dwang van Paulus opgelê het.

Wees soos Jahshua vir Sy kinders, en vir hul wat verlore gaan…ken en demonstreer

Wees soos Jahshua vir Sy kinders, en vir hul wat verlore gaan…ken en demonstreer DIE WAARHEID van Sy vrymaking, vrees JHWH se geregtigheid, gebruik ʼn waarheid spaarsamig, sonder om die pasiënt daarmee te dood deur ʼn oordosis toe te dien op simptome, terwyl die oorsaak eintlik DIE waarheid medikasie nodig het.

Amen

Amen