Gebruik volgens voorskrif Onnodige medisyne of nodige medisyne
Gebruik volgens voorskrif Onnodige medisyne, of nodige medisyne ongebruik, of nodige medisyne in oordosis – die dood en skade lê agter elk van die oorsake.
Wat is goed as dit nodig is, sleg as dit oorbodig is, en dodelik as jy te veel daarvan kry – en ons praat nie van medikasie nie? KENNIS = om te weet = wetenskap = hoe, wat, waar, hoekom, wie, wanneer was/is/sal wees…. Triv iale Natuurlike Bo-natuurlike God s dien Beroe stige ps Goeie / Slegte e s n Me e p p a k s n e t e w s Aard Histories e e l a i s Sel So f
Kennis, soos medisyne, kom met ʼn voorskrif. Gén 2: 9 En JHWH God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad Gén 2: 16 En JHWH God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, Gén 2: 17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe Deu 6: 4 Hoor, Israel, JHWH onse God is ʼn enige HERE. Deu 6: 5 Daarom moet jy JHWH jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. Deu 6: 6 En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, beveel moet in jou hart wees; Deu 6: 7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan
Oordosering: Wanneer te veel kennis, sleg word vir jou. 1 Ko 8: 1 En met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig 1 Ko 8: 2 As iemand meen dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos ʼn mens behoort te weet nie 1 Ko 8: 3 Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken. 1 Ko 8: 4 Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ʼn afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een. 1 Ko 8: 5 Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is— soos daar baie gode en baie here is— 1 Ko 8: 6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jahshua Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Onnodige gebruik: Onnodige kennis het geen nut nie, en kan jou siel benadeel. Tit 3: 8 Dit is ʼn betroubare woord, woord en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense Tit 3: 9 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos Tit 3: 10 Aan ʼn man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning, Tit 3: 11 wetende dat so iemand op ʼn verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.
Te laat: As kennis noodsaaklik word, is dit ʼn kwessie van oorlewing vir jou siel. Hos 4: 6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; kennis omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
Alle wyse mense het nie kennis nie, en kennis gee nie wysheid nie – maar ʼn wyse wat ook kennis versamel, hy bewaar sy lewe (en ander se lewens) deur hierdie kragtige kombinasie. Prd 7: 10 Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie. Prd 7: 11 Wysheid is net so goed as ʼn erfdeel en ʼn voordeel vir die wat die son sien. Prd 7: 12 Want wysheid is ʼn beskutting, geld is ʼn beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe Alle kennis is gevaarlik…… as jy nie eers weet dat die Skepper God IS, en WAS, en SAL wees, en jy Hom vrees (erken en eer) in elke brokkie nuwe kennis wat jy inneem nie. M. a. w. , die vrees van JHWH vra altyd: Hoe moet ek hierdie nuwe kennis interpreteer binne die vaste wete dat JHWH bo alles, in alles, voor alles en na alles is, was en sal wees. Spr 1: 7 Die vrees van JHWH is die beginsel van die kennis; kennis sotte verag wysheid en tug. Spr 9: 10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van JHWH, JHWH en kennis van die Heilige is verstand
Soos jy pille met water afsluk, so word alle kennis ingeneem met die vrees van JHWH – anders sal jy verstik en sterf aan die kennis. Prd 1: 16 Ek het myself gespreek en gesê: Kyk, ék het groot en altyd groter wysheid verwerf bo almal wat voor my oor Jerusalem gewees het, en my hart het baie wysheid en kennis gesien. Prd 1: 17 …………het ek ingesien dat dit ook ʼn gejaag na wind is. Prd 1: 18 Want by baie wysheid is baie verdriet, en wie kennis vermeerder, vermeerder smart. Prd 12: 8 Alles tevergeefs, sê die Prediker, dit is alles tevergeefs Prd 12: 9 En behalwe dat die Prediker ʼn wyse was, het hy die volk nog kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; ondersoek hy het baie spreuke opgestel Prd 12: 10 Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is— is woorde van waarheid Prd 12: 12 En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees Prd 12: 13 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense
Wysheid en kennis, sonder vrees vir JHWH, sonder die HG – dodelik. Jes 47: 8 Hoor dan nou dit, wellustige wat so veilig sit, wat in jou hart sê: Dit is ek en niemand anders nie! Ek sal nie as weduwee sit of kinderloosheid ken nie Jes 47: 9 Hierdie twee dinge sal dan in ʼn oomblik, op een dag, oor jou kom: kinderloosheid en weduweeskap; in volle maat sal hulle jou oorval, ondanks die veelheid van jou towerye, ondanks die groot menigte van jou besweringe. Jes 47: 10 En jy het op jou boosheid vertrou, jy het gesê: Niemand sien my nie! Jou wysheid en jou kennis het jou verlei, sodat jy in jou hart gesê het: Ek is dit, en niemand anders nie! Jes 47: 11 Daarom oorval ʼn onheil jou wat jy nie sal weet om te besweer nie; en ʼn onheil val op jou wat jy nie kan versoen nie, en skielik oorval jou ʼn verwoesting sonder dat jy dit weet. Jes 47: 12 Tree tog op met jou besweringe en met die menigte van jou towerye waarmee jy jou vermoei het van jou jeug af; miskien kan jy iets uitrig, miskien kan jy skrik aanjaag! Jes 47: 13 Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; laat hulle tog optree en jou red—die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom. Spr 1: 28 Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie Spr 1: 29 Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van JHWH nie verkies het nie, nie Spr 1: 30 van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het, Spr 1: 31 daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.
Vrees van JHWH en gehoorsaamheid bring aan jou Sy Gees, en Sy Gees reguleer jou interpretasie van alle kennis en vaardighede. Jes 11: 1 Maar daar sal ʼn takkie uitspruit die stomp van Isai, en ʼn loot uit sy wortels sal vrugte dra; Jes 11: 2 en op Hom sal die Gees van JHWH rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van JHWH Jes 11: 3 En Hy het ʼn welgevalle aan die vrees van JHWH; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie; Jes 11: 4 maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. Jes 11: 5 En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees. Eks 31: 1 Verder het JHWH met Moses gespreek en gesê: Eks 31: 2 Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; Eks 31: 3 en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, werk Eks 31: 4 om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper, Eks 31: 5 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.
Kennis vermeerder begrip, en die HG lei jou daarin. Joh 13: 6 Hy kom toe by Simon Petrus en dié sê vir Hom: Here, gaan U my voete was? Joh 13: 7 Jahshua antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan Joh 13: 8 Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jahshua antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie. Joh 16: 12 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Joh 16: 13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; lei want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
Kennis met waarde – kennis van JHWH Kol 1: 9 Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, insig Kol 1: 10 sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, groei Kol 1: 11 en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, Kol 1: 12 en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig— lig Kol 1: 13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, Kol 1: 14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
ʼn Mens wat meer van JHWH wil ken, is vir Vader ʼn aangename offer voor Hom – Hy wil hê dat ons Hom ken. Hos 6: 6 Want Ek het ʼn behae in liefde en nie in offerande nie, nie en in kennis van God meer as in brandoffers Hos 6: 7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel. Maar hoe kan ons die Vader leer ken? Joh 1: 18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar Joh 14: 6 Jahshua antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Joh 14: 7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien Joh 14: 8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Joh 14: 9 Jahshua sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? Joh 14: 10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Teologie sonder vrees vir JHWH, is soos ʼn slot sonder ʼn sleutel – die deur na saligheid bly toe vir hulle, en hul kan ook nie lidmate na saligheid lei nie. Luk 11: 52 Wee julle, wetgeleerdes (teoloë), want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; weggeneem self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder. Luk 11: 53 En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge, Luk 11: 54 om vir Hom ʼn strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig.
Baie slim mense sukkel om te glo – uiters slim mens sukkel om nie te glo nie Rom 1: 17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, geloof soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. Rom 1: 18 Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, Rom 1: 19 omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. Rom 1: 20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; Rom 1: 21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister Rom 1: 22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword Rom 1: 23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ʼn verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. Rom 1: 24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer Rom 1: 25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
Amen
- Slides: 16