DIE SAGTE SPRONG Sheila Cussons DIE SAGTE SPRONG









- Slides: 9
DIE SAGTE SPRONG – Sheila Cussons
DIE SAGTE SPRONG • Metafoor. (Die titelwoorde in r. 9 in ‘n vergelyking. ) • 1 Ons besef dat dit nie om ‘n letterlike sprong gaan nie. • 2 Dit is dit iets wat sag is, “lig soos ʼn veer”. • 3 Ons het hier ʼn beweging van een plek na ‘n ander (sprong). • 4 Die laaste reël laat ons dan ook besef dat ons hier met ‘n sprong van God na die mens (se siel) te doen het.
1 2 3 Herhaling van dit: beklemtoning; Dit kom wanneer dit nie verwag spanning; afwagting word nie: ‘n aanraking van die verstand lig soos ‘n veer, vlugtig maar presies vergelyking • "Dit” verwys na die spreker se mistieke belewing van God se aanwesigheid (r. 1+7); “Dit” hou verband met die titel, “Die sagte sprong”. Verwys na ’n aanraking van die verstand. • : ʼn Verduideliking van hierdie belewing volg na die dubbelpunt; verbindingsfunksie – lei die aandag terug na die besinning in r. 2 • R. 1+2 Inversie: Dit skep spanning en afwagting deur die “dit” eerste te noem en dan eers in reël 2, na die dubbelpunt, te spesifiseer. • Die aanraking is ʼn intellektuele belewing (“van die verstand”). Dat die aanraking “lig soos ʼn veer is”, dui daarop dat God Hom nie opdring aan die mens nie. Die aanraking is kort van duur (“vlugtig’), maar tog presies. → R. 3 – ervaring is presies, duidelik, noukeurig en baie sterk.
4 5 6 en jy dink as sy ligtheid so is, so potent dat die aandag nog lank daarna die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees? • Potent: vol krag. Die omvang van die aanraking is dus vol krag. • R. 1 -6: die spreker is verwonderd dat ten spyte van die ligtheid van die goddelike aanraking van die verstand, die effek daarvan so vol krag is “dat die aandag nog lank daarna / die indruk behou”. Daarom, as die aanraking só is, “hoe moet sy vasvat wees”?
7 : Dit kom wanneer dit nie verwag 8 word nie: iets wat die bewussyn tot 9 in die lewe tref, iets soos ‘n sagte sprong – • s-alliterasie : Na die dubbelpunt (r. 7) volg ʼn verdere verduideliking van die goddelike belewing van die spreker. Dit skei die gedig in twee dele. • : Na die dubbelpunt (r. 8) verdiep die indruk tot die hele wese van die mens, tot in die lewe, die gevoeligste van sy mens-wees. • r. 2+8: Progressie vind plaas vanaf ʼn intellektuele belewing tot ʼn geestelike ervating. (Die aanraking tref die spreker in sy diepste wese “iets wat die bewussyn tot / in die lewe tref”. ) • R. 9 “sagte”, want die aanraking is “lig soos ʼn veer” en “vlugtig”; “sprong”, want hier is sprake van progressie, beweging. • – r. 9: ʼn opsomming van die sprong word na die – gegee en dit word deur die aandagstreep beklemtoon
10 vreugde, verbasing, vreugde, herkenning: 11 hoe moet u vasvat wees? • Die emosies wat die sprong te weegbring, word uitgehef deur: 1 Herhaling van “vreugde”, 2 alliterende v-klank, 3 kommas. • r. 11 Die aanraking dring deur tot in die spreker se diepste wese, sodat sy verskillende emosies ervaar en nou persoonlik met God in gesprek tree. • r. 6 >11 “Sy” word nou “U”; Die verteller tree nou in direkte gesprek met God. As God se ligte aanraking van die verstand so kragtig is, hoe moet Sy “vasvat” nie wees as Hy doelbewus en aanhoudend sy inwerking op die mens se bewussyn uitoefen. • V-alliterasie: suggereer die sagtheid/ligtheid waarvan hier sprake is. • Reaksie van die mens = vreugde, verbasing, vreugde, herkenning
Indeling van die gedig in twee dele: • Die Dit in versreëls 1 en 7 verwys na die spreker se mistieke belewing van God se teenwoordigheid. As die aanraking so intens beleef word, hoe gaan God se vasvat dan wees? • Die tweede deel van die gedig (vanaf r. 7) begin met 'n dubbelpunt. Daarna volg 'n verdere verklaring van die goddelike belewing wat die verteller ervaar. • Let op die teenstelling tussen verstand en bewussyn – dit bepaal die bou van die gedig. – aantekeninge.
• Rymskema: abcde / rymloos = dit is funksioneel want die verteller se lewe is ook nog sonder ’n vaste patroon • Enjambemente: verseker kontinuïteit en ʼn vinnige tempo • Ek-verteller: persoonlike belewenis • Aard van die belewing: intelektuele belewing (‘n aanraking van die verstand en lig soos ‘n veer – God dring Hom nie aan die mens op nie) • Omvang van die aanraking: potent / vlugtig / presies • Effek van die aanraking: ligtheid MAAR die aandag nog lank daarna / die indruk behou









