KRAGTE Krag n Druk trek of draai van

  • Slides: 11
Download presentation
KRAGTE Krag : `n Druk, trek of draai van `n voorwerp. Newton: Die eenheid

KRAGTE Krag : `n Druk, trek of draai van `n voorwerp. Newton: Die eenheid wat gebruik word om kragte te meet in Newton(N) Massa: Die hoeveelheid materie, massa bly altyd konstant ongeag van posisie, word gemeet in kilogram(kg) Uitwerking van kragte • Dit kan die voorwerp van vorm laat verander bv. rubber bal wat ingedruk word of klei wat gedruk word. • Kan die rigting van beweging verander bv. Botsing tussen motors. • Kan die voorwerp se beweging verander bv. Wanneer `n stilstaande bal geskop word en dit begin beweeg. • Kan ook `n uitwerking hê wat nie waargeneem kan word nie bv. Wanneer jy teen `n muur druk.

Soorte kragte • Kontakkragte (trek of stoot) – daar is kontak tussen die voorwerpe.

Soorte kragte • Kontakkragte (trek of stoot) – daar is kontak tussen die voorwerpe. • Veldkragte – voorwerpe is nie in kontak met mekaar nie maar kragte werk oor `n afstand. Kontakkragte • Wrywing : wanneer die oppervlakke van twee liggame aan mekaar raak. Ø Dit laat voorwerpe se spoed afneem. Ø Werk in teenoorgestelde rigting as die bewegingsrigting. • Spanning : krag in `n tou of snaar wanneer dit uitgerek word. • Samepersing: wanneer daar `n krag druk op die voorwerp.

Veldkragte (nie-kontak) • Gravitasiekrag : aantrekkingskrag van die aarde – swaartekrag. Ø Gravitasiekrag word

Veldkragte (nie-kontak) • Gravitasiekrag : aantrekkingskrag van die aarde – swaartekrag. Ø Gravitasiekrag word in Newton(N) gemeet. Ø Alle voorwerpe word na die aarde toe aangetrek, dit veroorsaak dus dat alle vallende voorwerpe na die aarde toe val. Ø Op die maan is die trekkrag veel kleiner as op die aarde. Gewig is dan ongeveer een-sesde van gewig op aarde (massa bly dieselfde) Ø Gravitasie tussen son en planete hou hulle in hul wentelbaan

Faktore wat grootte van gravitasiekrag bepaal. • Massa van voorwerp: hoe groter die massa

Faktore wat grootte van gravitasiekrag bepaal. • Massa van voorwerp: hoe groter die massa van `n voorwerp hoe groter is die gravitasiekrag. • Gewig van `n voorwerp: die gravitasieaantrekking op die voorwerp. G=mxg = masse x gravitasie versnelling • Afstand vanaf mekaar: hoe verder weg die twee voorwerpe van mekaar is hoe kleiner is die gravitasiekrag.

Magnetiese krag • Rondom `n magneet is daar magnetiese veldlyne wat nie gesien kan

Magnetiese krag • Rondom `n magneet is daar magnetiese veldlyne wat nie gesien kan word nie. • Wanneer sekere voorwerpe in kontak kom met die veldlyne kan magnetiese kragte daarop inwerk. • Magnete bestaan uit magnetiese stowwe soos kobalt, nikkel, yster en staalprodukte. • Magnete het twee pole nl. noord en suidpool. • Kompasnaald is `n vrydraaiende magneet en word aangetrek deur die aarde se noordpool. • Dieselfde soort pole stoot mekaar af en teenoorgesteld trek mekaar aan.

Die aarde se magneet veld • Om die aarde is daar ook `n magneetveld

Die aarde se magneet veld • Om die aarde is daar ook `n magneetveld wat ver strek tot in die ruimte. • Die Noordelike halfrond word die noordpool genoem en die Arktiese streek word die suidpool genoem. • Die rigting wat deur die kompas naald aangedui word staan bekend as die magnetiese noord en suid. • Die ware Noord en Suid is die geografiese noord en suid. • Die magnetiese noord in Suid-Afrika is net meer as 10° wes van die ware noord. • Magneetveld om die aarde beskerm ons teen skadelike deeltjies van die son. • Baie diere se gedrag word beinvloed deur die magneetveld om die aarde bv. Trekvoëls, seeskilpaaie, bye en visse.

Elektrostatiese kragte • Elektriese lading wat nie beweeg staan bekend as elektrostatiese ladings. •

Elektrostatiese kragte • Elektriese lading wat nie beweeg staan bekend as elektrostatiese ladings. • Atome het elektrone en protone. • Indien getal elektrone en protone gelyk is is die atoom neutraal. • Wanneer twee voorwerpe teen mekaar geskuur word kan elektrone van een voorwerp beweeg na die ander. • Slegs elektrone kan oorgedra word. • Die atoom met meer protone as elektrone is dan positief en die atoom met meer elektrone as protone is negatief gelaai.

 • Dieselfde reël geld vir voorwerpe. • Neutrale voorwerpe het eweveel elektrone en

• Dieselfde reël geld vir voorwerpe. • Neutrale voorwerpe het eweveel elektrone en protone. • Positief gelaaide voorwerpe het elektrone verloor en het dan meer protone. • Negatief gelaaide voorwerpe het elektrone by gekry en het nou meer elektrone. • Voorwerpe met dieselfde lading stoot mekaar af en teenoorgestelde lading trek mekaar aan. • Voorwerpe kan gelaai word deur wrywing tussen die twee voorwerpe.

Weerlig • Energie wat teenoorgestelde lading skei, word as elektriese potensiële energie geberg. •

Weerlig • Energie wat teenoorgestelde lading skei, word as elektriese potensiële energie geberg. • In donderstorms vind wrywing plaas tussen ysdeeltjies en die lug. • `n Groot hoeveelheid energie word verskaf om groot hoeveelheid elektriese lading te skei. • Lading in die wolke kan van wolk tot wolk beweeg of na hoë voorwerpe op die aarde – weerligstraal. • Met die vinnige beweging van lading verhit die lug wat klankgolwe maak en hoor ons die donderweer.

Veiligheid gedurende donderstorms • Sorg dat jy nie die hoogste voorwerp is wat die

Veiligheid gedurende donderstorms • Sorg dat jy nie die hoogste voorwerp is wat die weerlig kan tref nie. • Vermy koppies, alleenstaande hoë bome en ander hoë voorwerpe. • Vermy oop ruimtes • Vermy metaal voorwerpe wat geleiers is soos draadheinings, trekkers en ander plaastoerusting, golfstokke en visstokke. • Vermy aktiwiteite in water want water kan elektrisiteit gelei. • Vermy stort in donderweer. • Vermy telefoonoproepe met landlyne.

Veilige plekke of aktiwiteite • • • In `n stewige struktuur of gebou. Diep

Veilige plekke of aktiwiteite • • • In `n stewige struktuur of gebou. Diep grotte Motor Sloot of laagliggende gebiede Gehurkte houding.