Wreld Kongres AGM fotos en nuusbrokkies NUUSBRIEF UitgaweIssue
Wêreld Kongres AGM fotos en nuusbrokkies NUUSBRIEF Uitgawe/Issue 2 DINSDAG, 17 September 2013 In hierdie uitgawe: • Kalender 2013 • Foto’s • Belangrike kennisgewings • Veiling uitslae • Nampo • Kuddevaars • Nuwe lede En nog baie meer. . . Braford kalwers in Paraguay Kennisgewing 2014 Braford Algemene Jaarvergadering word beplan vir 13 & 14 Maart te Warden BAIE BELANGRIK Onthou asseblief om alle datawerk deur die loop van die jaar in te stuur vir verwerking om ‘n opeenhoping aan die einde van die jaar en begin volgende jaar te verhoed. Stuur asseblief die geboortes van die kalwers gereeld in. Die kantoor het nog net van drie telers geboortes vir 2013 ontvang. ‘n Pasgebore Brafod kalf van Wayne 1
Inspection – make sure that parents who have not been inspected, and that have calves on record that have not yet been inspected, are not cancelled before they are offered for inspection. Sire or dam that has not been inspected, must be offered for inspection with the calves. The inspection of calves of parent/s that have not been inspected will not be processed. All the calves from parents, who have not been inspected, will be recorded as a query (? . . . ), and will only be taken into the system as calf book after inspection. The progeny of females at shows or offered at an auction will not be updated until their inspection is completed. Hoe akkuraat is teelwaardes? Die akkuraatheid of betroubaarheid van ‘n teelwaarde (TW) word bepaal deur die hoeveelheid inligting wat beskikbaar is: (i) hoe meer inligting bekend is (bv. hoe groter die getal nageslag wat ontleed word), (ii) hoe hoër die oorerflikheid van die eienskap, en (iii) hoe meer diere in die ontleding, hoe betroubaarder is die TWs. Teelwaardes met ‘n lae akkuraatheid kan baie verander met die toevoeging van meer inligting. Hou altyd in gedagte dat n teelwaarde ‘n gelyke kans het om op- of afwaarts te verander soos wat meer inligting bykom. Hoeveel moet ek my steur aan die akkuraatheid? ‘n Algemene reël is dat diere op grond van TW vergelyk moet word, ongeag akkuraatheid, maar wanneer u ‘n bul vir ‘n spesifieke doel (byvoorbeeld vir lae geboortegewig) moet kies, kies dan een met beide die verlangde TW en hoë akkuraatheid, aangesien die kanse dan skraler sal wees dat die TW sal verander. Keuring – maak seker dat ouers wat nog nie gekeur is nie, en wat kalwers op rekord het wat nog nie gekeur is nie, nie gekanselleer word alvorens hulle nie aangebied is vir keuring nie. Vaar of moeder wat nog nie gekeur is nie, moet saam met die kalf aangebied word vir keuring. Kalwers van ouer/s wat nie gekeur is nie, se keuring sal ook nie verwerk kan word nie. Alle kalwers van ouers wat nog nie gekeur is nie, sal as ‘n navraag (? . . . ) op rekord geplaas word, en sal eers na keuring in die stelsel opgeneem word as kalfboek. Vroulike diere wat geskou word of op veilings aangebied word, se nageslag sal nie opgedateer word voordat hulle keuring nie afgehandel is nie. How accurate are EBVs? The reliability or accuracy of a breeding value (EBV) is determined by the amount of information available: (i) the more information that is known (e. g. the larger the number of progeny that is being analyzed), (ii) the higher the heritability of the trait and (iii) the more animals in the analysis, the more reliable the EBVs. Breeding values with a low accuracy can change considerably with the addition of more information. Always bear in mind that a breeding value has an even chance of changing up- or downwards as more information is added. How concerned should I be about accuracy? A general rule is that animals should be compared on the basis of EBVs, irrespective of accuracy, but when you have to select a bull for a specific purpose, (e. g. for low birth weight), then choose the one with both the desired EBV and high accuracy, since there is less probability that the EBV will change. Doen jou navorsing voor jy daardie Stoetbul koop. Stoettelers het die verantwoordelikheid om Genetiese materiaal daar te stel, wat die vleisbedryf bevorder. Die tegnologie vandag kan jou as koper help om die regte besluite te neem wanneer dit by bulle kom. Doen jou navorsing en kry die waarborg dat die bul wat jy koop, jou behoefte in jou kudde gaan verseker. “Wat jy sien, is wat jy kry” die slagspreuk het ons almal al gehoor. Maar kry jy werklik wat jy dink jy sien? Vrugbaarheid, aanpasbaarheid, goeie moeder eienskappe, goeie pigmentasie is almal terme wat deur die verskillende telers gebruik word om hul produk te bemark. Wel, met die nuutste tegnologie kan jy vandag vasstel hoeveel van die woorde waar is. Via die internet, kan jy al die nodige inligting vir diere op aanbod gaan naspoor. ‘n Verantwoordelike Stoetteler ontleed en teken fenotipiese sowel as genotipiese eienskappe aan op die rekord van dier. Tendense vir elke kudde en ras word dus bepaal waar die hele familie van dier ingesluit word. Die Beraamde Teëlwaardes (“EBV’S”) van elke bul gee vir jou die aanduiding van wat jy kan verwag van die bul wat jy wil aankoop. Teëlwaardes word veral daargestel sodat ons kan sien wat onder die vel van dier aangaan. Het die bul die vermoë om lekker speenkallers te teël? Of wat kan ek verwag van die bul se vroulike nageslag. Gaan die bul poenskop teël of horings. Wel, hier is hoe jy kan uitvind, nog voor jy daai STOETBUL aankoop. Verkry ‘n katalogus van die veiling wat jy gaan besoek. Gebruik die inligting in die katalogus vir verdere navorsing soos volg: Besoek die webblad www. breedplan. co. za Kies dan: Breedplan Association Database Search Kies South Africa en daarna die ras waarin jy belangstel. “Animal Inquery” - Dit is waar jy al die inligting oor daai bul of vers of koei gaan opspoor. Sy stamboom, sy nageslag, sy dekinligting, DNA profiele van die hele familie, Genetiese toetse en nog baie meer. Doen jou huiswerk en ken jou bul nog voor jy hom sien! Charlotte Schuite 2
Kalender 2013 Datum Kontak Persoon Kontak Nommer 18 September 4 in 1 Jaarlikse Elite Veiling, Morgenzon. Cajubri Braford bulle beskikbaar Pieter 0824990568 19 September Z 4 T Bulveiling – Besters, Ladysmith omgewing Carel 0833006615 10 & 11 Okt Paresis Veiling, Otjiwarongo, Namibië 13 & 14 Maart 2014 Algemene Jaarvergadering Herdmaster en Breedplan Kursusse 3 -6 September Pretoria Skou 12 September Herdmaster Bloemfontein 19 September Herdmaster Pretoria 1 -4 Oktober Windhoek skou, Herdmaster beginner en gevorderd 15 -18 Oktober Stockmans School Aldam 4 November Herdmaster Pretoria Veels Geluk ! Carl Thiele het die Farmers Weekly toekenning vir die beste braford koei gekry. Hy en Karen het die funksie op die 29 Augustus bygewoon in Pretoria. Die koei is TH 00 -91 sy is die jaar 13 jaar oud en het nou haar 11 de kalf. 3
Die Braford Genootskap se Algemene Jaarverdagering het gedurende Maart te Lekoa Lodge plaas gevind. Die volgende persone is tot Raadslede vir 2013/2014 verkies : Voor: Pieter Pretorius, Charlotte Schuite (President), Carien Storm Agter : Carl Thiele (Vise-President) Carl de Jager en Jan Meaker Die volgende sprekers het opgetree: van lings Flip De Jager (Ere Lewenslange President van die Braford Genootskap), Dr. Wayne Truter (Weiding – Universiteit van Pretoria), Mnr. Mike Nicolau (Kuddebestuur met perde), Mnr. PM Swart (Bemarking – CMW Elite), Mnr. Theuns Schoonraad ( Voerkraal voorbereiding - Chalmar Beef) Dr. Jacoba Vaessler (Pfizer Dieregesondheid) 4
Braford Rasontledings Die Rasontleding sal van nou af maandeliks plaasvind. Geboortes en gewigte wat die kantoor voor die 15 de van die maand bereik, sal by die ontleding ingesluit word. Die volgende verslae sal aan die einde van elke maand op die web onder ‘Lede Verslae’, ‘Download Files’ opgedateer word: • NUWE PERF_COMPLETENESS: Bevat ‘n opsomming van die stamboom en prestasie inligting huidiglik op rekord by Breedplan vir u diere. • HERD_GTREND_DAT: Genetiese Tendens (EBV waarde), vergelyk u kudde teenoor die ras. • HERD_FTREND_G_DAT: Fenotipiese tendens (aangepaste gewigte), vergelyk u kudde teenoor die ras. • GROUPEBV. DAT: Die EBV lêer vir Herdmaster gebruikers. • BREEDPLAN_REPT_DAT: U Kuddeverslag. Die raspersentiel verskyn aan die einde van die verslag. • OUTLIERS: NB - Uitskieter verslag. Kontroleer die gemerkte gewig en bevestig aan die kantoor of die gewig korrek is of reggestel moet word. Indien die kantoor nie bevestiging ontvang nie sal die gewig as uitskieter bly en nie vir dier se EBV in berekening geneem word nie. • South African_Published Sire Summary: Vaar verslag waarop ‘Trait Leaders’ ook uitgewys is. Braford Breed Evaluations The Breed evaluation will take place monthly from now on. Birth notifications and weights which reach the office by the 15 th of the month will be included in the evaluation. The following reports will be updated at the end of each month and are available on the web under ‘Member Reports’, ‘Download Files’: • NEW PERF_COMPLETENESS: Contains a summary of the pedigree and performance information currently recorded with BREEDPLAN for your animals. • HERD_GTREND_DAT: Genetic Trend (EBV value), compare your herd with the breed. • HERD_FTREND_G_DAT: Phenotypic Trend (adjusted weights), compare your herd with the breed. • GROUPEBV. DAT: The EBV data file for Herdmaster users. BREEDPLAN_REPT_DAT: Your Herd Report. View the graphs comparing your herd to the breed and find the breed percentile at the end of the report. • OUTLIERS: NB – Check the marked weight and confirm with the office if the weight is correct or if it must be corrected. The weight will remain as an outlier and will not be considered for the EBV if the office does not receive confirmation. • South African_Published Sire Summary: The Trait Leaders are marked on this report. 5
“Dumiso van Z 4 T pak daai bul by die horings” Nampo buite Bothaville was weereens vol pret en plesier. Die Brafords was van uitstekende kwaliteit en die telers het getrou hul skofte bygewoon. Die z 4 t bul was die oorsaak vir groot aksie by die vee-afdeling. Maar kom ons vertel nou die hele storie. Soos jul almal weet, word Brafords in S. A. nie geskou nie en ons diere word baie selde met halters hanteer. Maar vir Nampo, maak ons uitsonderinge. Die diere moet afgerond en goed vertoon en bowenal nog met ‘n baie goeie temperament op hul plekkies staan by Nampo. Nou, dit kry mens nie maklik reg as jy net 2 maande het om voor te berei nie. Maar vir Carl de Jager was dit natuurlik, geen probleem nie. Skaars 2 maande voor Nampo het hy vir Dumiso, ‘n jong Zuluman, nader geroep en versoek om ‘n veldbul, mak te maak. Ha-ha, dit is nie so maklik soos dit klink nie!. Dumiso, wat nie voorheen met bulle gewerk het nie, het die Bul by die horings gepak en stil, stil maatjies met hom gemaak. Onwetend, het Carl by Nampo opgedaag met ‘n groter belegging as wat hy gedink het. Dinsdagoggend het Nampo begin en tee-tyd was daai bul gatvol vir daai klein kraaltjie. Oom Flip, was aan diens by die stalle’tjie en het Dumiso versoek om die bul vir ‘n uitstappie te neem. Die manne’tjie het die bul aan die halter, uit die kraal gelei en daarna, onverwags op die bul se rug gespring net om die bul soos ‘n perd uit die Caltex saal te ry. Ons was almal verstom, Oom Flip was verbaas en die besoekers by Nampo opgewonde. Wie sou nou kon dink dat die temperament van ‘n braford bul so gunstig is. Onnodig om te vermeld, dat elke kind op Nampo, nou wou ry op daai groot bul. Die kamera’s het deurentyd geflits en tydens die vertoning in die ring, het die mense lekker hande geklap. Dankie aan die De Jagers van z 4 t Boerdery vir al jul moeite met die afronding van die bul en vir al die groot plesier wat jul op Nampo verskaf het. Dit was van ongelooflike waarde vir ons Ras! Baie dankie ook aan Lotie en Werner van Heelbo vir die top koei en kalf uit jul kudde. Die kalf het weereens lekker aandag getrek en baie komplimente is ontvang vir die kwaliteit van jul diere. Die karavaanpark het soos gewoonlik weer “gekook” Al die Braford telers wat Nampo besoek het, kan maar net nie by die karavaanpark verby ry nie. Oorslaap is ‘n vereiste. Die manne het die koue getrotseer en soos gewoonlik was vleis en aartappels aan die orde van die dag. Lekker laat aande met nuwe vriende en nuwe lede van reg oor die land. Ons nooi jul vriendelik om almal volgende jaar lekker saam met die “Braford Caravan Fan’s” te kom kuier. Dankie aan Oom Flip De Jager wat getrou ons steunpilaar in die karavaanpark is. Vir meer inligting oor Nampo bywoning en Karavaanpark besprekings, kontak Oom Flip of Charlotte sommer vroeg in die jaar aangesien die staanplekke baie beperk raak weens die gewildheid. 6
Onderstepoort Studente word by Nampo ontvang deur Oom Flip de Jager en Charlotte. Die studente het baie mooi gelyk met hul Braford hemde en die dag op Nampo baie geniet. Dankie vir die besoek Onderstepoort ons waardeer jul belangstelling in die ras. Syfers soos aangemeld by die kantoor 2000 1800 1600 1400 1200 Bulkalwers 1000 Verskalwers 800 Registrasies 600 400 200 0 2011 2012 Bulkalwers Verskalwers Totaal 2011 1021 829 1850 2012 879 922 1601 7
Wanneer jy by ‘n veiling as ‘n koper registreer, gebruik asseblief jou besonderhede soos dit by die Genootskap is. Moet asseblief nie ‘n ander posadres of naam gebruik nie. Wanneer die inligting nie ooreenstem met mekaar nie, kan diere wat jy aankoop dalk na ‘n nie-lid nommer oorgeplaas word. Veilingsuitslae : Die foto is van die bul TH 10 -14. wat op Ermelo teen R 47 000 verkoop is Veiling Aantal bulle verkoop Hoogste Prys Gemiddeld Oos Tvl Bulveiling (Ermelo) 16 R 47 000. 00 R 32 562. 50 Noord Natal Bulveiling 8 R 40 000. 00 R 31 000. 00 Meaker Bulveiling 20 R 38 000. 00 R 25 900. 00 Cederville Bulveiling 3 R 35 000. 00 R 32 600. 00 Vrystaat Veldbul Klub 11 R 30 000. 00 R 23 363. 64 Stockmanschool Ons wil u graag aanmoedig om die skool by te woon. Die sprekers is van uitstaande gehalte. Praktiese sessies word ingesluit. Vir meer inligting en registrasie vorms besoek gerus die Stockman webblad by www. stockmanschool. co. za Die skool word aangebied deur die LRF, m. a. w. die Breedplan Rasse, dus ook die Braford Genootskap. Brafords word tydens die skool se praktiese sessies vertoon. U ondersteuning sal hoog op prys gestel word 8
Groeiprestasie van Braford ossies, Weston Landbouskool, Mooirivier. Johan Meaker, Meaker Brafords, Warden Vir etlike jare neem boere, landbouskole en Cedara Landbou Kollege in KZN deel aan die jaarlikse “op die hoef-” en karkas kompetisie wat met die Royal skou saamval. Vanjaar was die kompetisie besonder straf en het bykans 200 ossies, van verskillende rasse en instansies, deelgeneem. Om blootstelling aan die ras te gee het die Genootskap Meaker Brafords versoek om Weston Landbou Skool, Mooirivier, jaarliks van 5 ossies te voorsien. Die afgelope twee jaar is 5 SA Braford ossies vroeg in Januarie aan die skool gestuur vir gebruik in hul projek. Ossies van vier verskillende sintetiese rasse (Bonsmara, Bovelder, Braford en Simbra) is vanjaar deur boere aan die skool gestuur en deur die seuns gevoer en voorberei vir die Royal Skou. Dit was my voorreg om die 2012 “Op die Hoef” beoordeling by die Royal Skou by te woon. Die passie waarmee die seuns diere hanteer was wonderlik om te beleef. Volgens die onderwyser, Mnr Pierre van Rensburg, wat die projek hanteer, is dit behoorlik ‘n tranedal wanneer die ossies gelaai word om geslag te word vir die finale fase van die projek. In 2012 het Weston die Groot Kampioen os op die Mooirivier Vetveeskou ten toon gestel, was 1 ste in die kategorie “Onder 400 kg” en het hulle veskeie 2 e en 3 e plekke (almal Brafords) behaal. Verder was Weston so beindruk met die Brafords dat hulle die Braford in 2012 uitgesonder het vir gebruik op hul amptelike advertensie. Vanjaar het die Brafords weer puik gevaar. In die algehele karkas kompetisie het karkasse van Kohne Brafords en Meaker Brafords onderskeidelik 1 ste en 3 e gekom. ‘n Besondere prestasie as in gedagte gehou word die getal inskrywings. Op die hoef het die Brafords ook goed presteer en het hulle vanjaar talle 2 e en 3 e plekke behaal. Die volgende tabel gee ‘n aanduiding van die prestasie van diere die afgelope jaar. Van die grootste belang egter is die blootstelling wat ons ras gekry het deur middel van die seuns en hul ouers, die personeel en die talle boere wat diere op die Royal Skou gesien het. Nommer van dier 1173 1155 1164 1122 1163 Gem Begin massa 19 Jan (kg) 288 304 314 304 288 299, 6 Eind massa 21 Mei (kg) Massa toename (kg) 432 490 514 436 472, 8 144 188 176 210 148 173, 2 Staandae (dae) 122 122 122 GDT (kg/dag) 1, 180 1, 541 1, 443 1, 721 1, 213 1, 420 Groei prestasie van Braford ossies by Weston – 2013 Uit voorafgaande kan afgelei word dat: • Ofskoon hierdie nie as ‘n ras vergelykings proef gesien moet word nie het die Braford ossies nie alleen spreekwoordelik hul “man” gestaan teenoor die drie ander sintetiese rasse nie maar het hulle die beste groei van die 4 rasse gehandhaaf; • Die Braford ossies reeds op 19 Januarie (“long yearling”) ‘n besonder goeie massa van 300 kg bereik het terwyl hulle die voorafgaande winter en somer slegs toegang tot gras weiding gehad het; • Daar by niemand enige twyfel moet bestaan dat Brafords besonder goed op veldweiding en in die voerkraal presteer. Ofskoon nie in die tabel vervat nie was die gemiddelde karkasmassa 278, 8 kg en die gemiddelde uitslag persentasie 60, 6%. Dit is in ooreenstemming met die behoefte in die bedryf. Gedurende 2012 was die ossies slegs 105 dae gevoer en het hulle ‘n GDT van 1, 55 kg/dag gehandhaaf. 9
Ons bring dit graag onder jul aandag dat die tydskrif “Veeplaas” ons media vennoot is vir die Braford Wêreldkongres. In die proses en as deel van ons ooreenkoms behoort elke teler die Veeplaas tydskrif te ontvang, kosteloos vir ‘n jaar. Indien u nog nie die tydskrif ontvang nie, kontak my gerus, dan volg ons dit op. Verder as deel van die ooreenkoms, kwalifiseer die Braford Stoettelers vir beter tariewe op advertensies in Veeplaas. Indien u dus u veiling wil adverteer, kontak a. s. b. vir Tiny Smit by Veeplaas. Die 6 de Braford Wereld Kongres – Suid-Afrika Voorbereidings vir die kongres wat in Suid -Afrika gehuisves word in Maart 2015, is sterk aan die gang en ons nooi graag alle telers uit om deel te word van die opwindende gebeurtenis. Die eerste borgskappe is reeds in plek en die Kongres Organiserings Kommitee vergader op ‘n gereelde basis om alle strukture ter organisering in plek te kry. Die span van organiseerders sal uitgebrei word soos die tyd verloop. Op die stadium lyk die organiseringsstruktuur as volg. President van die Wereld Braford Konfederasie: Charlotte Schuite President van die Wereld Braford Organiserings Kommitee: Jaco Storm Sameroeper en Koordineerder: Carien Storm Buitelandse verteenwoordigers: PJ Budler en Harro Kebbel Verteenwoordiger LNR: Michiel Scholtz, Baldwin Nengovhela Verteenwoordiger Veeplaas: Tiny Smith Die Braford Raad word deurgaans op hoogte gehou van die vordering en wil graag in besonder vir Mnr Jaco Storm en Carien bedank vir hul entoesiasme en waardevolle insette in die verband. Hul is tans op besoek in Argentinië om voorbrandwerk te doen vir die kongres. Die hoeveelheid tyd wat hul spandeer aan die projek is van onskatbare waarde vir al ons telers. Baie dankie! Die kongres word voorafgegaan deur ‘n “Pre- Tour” waartydens daar besoek afgelê word aan verskeie Braford Telers, Stoet en Kommersieël in S. A. So, manne, verf daardie plaashekke en voer daai bulle , hier kom ‘n ding, daai busse met Amerikaners, Australianers, Columbiane en nog baie ander gaste, mag dalk net ‘n draai maak by jou! Daar bestaan reeds verskeie borgskap opsies waarby u en u kudde betrokke kan raak. Vir meer inligting in die verband, skakel Carien Storm. Besoek ook Facebook: Braford World Congress - South Africa 2015 10
Stoetvaars Bul deur Heelbo geteel BB 0136 Bul deur J Meaker geteel Bul deur S van Wyk ingestuur De Jagers se gunsteling Bul deur Thiele geteel Bul by Harro Kebbel geteel deur De Jager Die manne bly nie agter nie! Pieter Swart en PM is seersekerlik ons mees getroue kommersiële lede van die Braford Genootskap. Hul boer in die Standerton omgewing en is betrokke by die meeste Genootskap aktiwiteite. Hierdie is maar net een van die pragtige foto’s van die Brafords in hul kudde. Hou facebook dop “Braford Beestelersgenootskap van S. A. Ons pos gereeld foto’s van hul vordering daar. Bulle uit Australië 11
Geklassifiseerd Huweliksklokkies Stuur jou nuus aan info@braford. org Algemeen Die ooievaar het kom kuier Baie geluk aan Jan en Carla Meaker wat ‘n dogter ryker geword op 25 Junie 2013. Soli Deo Gloria- Jancke, gebore 15 h 58 is klein en fyn en het net 3. 08 kg geweeg by geboorte. Met 3 ander sussies en boeties in die huis, kan daar net groot pret in die toekoms wees. Voorspoed vir jul as gesin word toegewens. Wessel, jnr is 8 jaar oud en het Saterdag 13 Julie, in die hartjie van die winter, die Blesbok op sy pa se plaas naby Ventersburg in die Vrystaat geskiet! Wel gedaan Wessel, stuur vir ons biltong! Gelukwensings Michael Thiele en Deidre is verloof. Veels geluk. Jan en Carla Meaker skryf: “Ons het sommer die volgende namiddag al huis toe gegaan om die sussies en boetie hulle nuwe baba sussie te wys. Hulle was baie opgewonde, ge”oee” en ge”aah”, en elkeen wou ’n beurt kry om haar vas te hou. Die jongste sussie Lilia het net die hare, oë en neus bewonder. Dit is ’n baie groot seën om weer ’n gesonde kind te mag vashou en ons dank ons Hemelse Vader daarvoor. ” Kosie en Rhoda se dogter, Jacoline is op 1 Junie getroud. Baie geluk!!! . Carsten Niebuhr, seun van Martin en Nicola Niebuhr is op die 11 de Junie 2013 gebore. Carsten bly saam met sy ouers en sy boetie. Kyle, op die plaas Roodewaal te Lȕneburg. Carsten is oupa Walter Thiele se 7 de kleinkind. Die kleinkinders is mal oor hul oupa en is altyd baie bly om op die plaas te kuier. Die kleinkinders ken oupa Walter as ‘Opa Schwein’ (oupa vark) of ‘Opa Regenwurm’ (oupa erdwurm). Oupa Walter is ‘n trotse oupa, nes hy trots is op al die klein blessies (kalfies) wat elke jaar gebore word. Baie geluk aan die hele Thiele familie, mag jul baie vreugde van die kleinkind ervaar. Charles Hodsdon So word elke man op die ou end tog gevang…. Baie geluk Charles en Carla. Ons wens jul net die mooiste en beste toe Lekker stories "The originality of one of our breeders, Pete and Merryn Croft of Newcastle, KZN is best described in the photo. Peter recently made a few renovations to their house and outbuildings thereby creating five one bed roomed flats to rent. In the meantime Pete enjoys his Brafords. Although he only joined the Society fairly recently he started with Brafords some 20 years plus ago and has since then only used Braford bulls. “ J Meaker 12
Nuus uit Namibië geslag is. Ons kan met trots se dat in Junie Mnr Rudi Scheidt as produsent van die maand aangewys is met Braford kruis osse. Rudi was ook al Meatco se produsent van die jaar in 2011. Baie geluk. (Angeheg: Rudi Scheidt Produsent van die maand) Braford teler, Walter en Elsa Thiele besoek Harro in Namibië In Julie het Walter en Elsa Thiele van Thiele Estates vir Ombika Brafords in Namibie kom kuier. Ons het `n baie gesellige aand gehad en diep Braford gespreke het plaas gevind. Ons het na `n klomp Brafords, kommersieel en stoet gaan kyk en Walter het opgemerk dat daar heelwat meer ore op die Brafords is. Ons het heerlik gekuier en die positiewe gesindheid het weer `n hupstoot gekry in `n droogte jaar soos vanjaar. Ombika se baie dankie aan Elsa en Walter vir die kuier. (Aangeheg `n foto met Elsa en Walther Thiele en Helga, Björn en Harro Kebbel) MEATCO - Produsent van die maand. Elke maand word daar deur Meatco, ons nasionale abatoir `n produsent van die maand aangewys. Die produsent van die maand het die beste uitslagpersentasie en punte vir tien bees en meer van al die bees wat in die maand by Meatco Nuwe Lede Na ‘n lekker ontmoeting met die man by die A. J. V. het Drian sy volle gewig agter die Brafords ingegooi en aangesluit as ‘n lid. Drian boer in die Ermelo omgewing. Sy kudde staan bekend as “Uitgezocht” Brafords. Charlene, ma van hul 2 seuns, gaan een van die dae nie meer die enigste vrou in die huis wees nie. ‘n Dogtertjie word in Februarie verwag. Ons is saam met jul bly Drian, en vertrou dat alles goed sal verloop This is a newsletter of the Braford Society FR Grobler, sy vrou Margaret en hul dogtertjie, het naby Bethal geboer ten tye van sy aansluiting en sy kudde staan bekend as “Stockyard” Brafords. Ons het al lekker keuring by FR gedoen en saam gekuier met sy hele gesin. FR het intussen ‘n nuwe plaas gekoop in die Memel Distrik. Hul het al lekker deel geword van die Braford familie en woon gereeld Braford Veilings by. Dankie FR vir jou investering in ons ras, jy is baie welkom. Naas Steyn en Stefne Muller die nuwe meisie in sy lewe, boer naby Morgenzon. Sy Braford kudde staan bekend as Spanboerdery. Naas het in die verlede heelwat braford bulle aangekoop by die Vrede Veldbulklub. Welkom Naas, ons is bly jy het aangesluit as stoetteler. Groot sukses word jou toegewens met die kudde. Nog ‘n nuwe teler is Mnr Gert Van der Merwe van die Bethal omgewing wat in Augustus as lid van die Genootskap aangesluit het. Ons het ongelukkig nog nie ‘n foto van Gert nie, maar beplan om Woensdag by ons eerste ontmoeting goed kennis te maak met die man. Gert se kudde staan bekend as “Bonheur” Brafords. Baie dankie Gert vir jou belangstelling in die ras. Ons sien uit om jou by Cajubri se veiling te ontmoet en meer van jou te leer. Kennisgewings Die jongste Braford Stoet Boer Stuur gereeld jou nuus om te ooit!! Wayne het sy eerste verseker dat dit in die gekoop by Oom Flip. Hul was volgende uitgawe verskyn aan dragtig en die eerste Braford Marguerite Fouche by kallers het al hul verskyning gemaak. Wyane beplan om in marguerite@simmentaler. org Oktober nog 2 Braford Bulle aan te OF skaf. Hy skryf nou matriek. info@braford. co. za Voorspoed Wayne, ons sien uit om Ons hoor graag van jou!!! jou beter te leer ken. Sy stoet se naam is “Hillbilly Stud”. SA Braford Society Opinions expressed in the Newsletter are not necessarily the views of the council of this Society. This Society accepts no responsibility for claims made in advertisements. Articles may only be reproduced with the approval of the Editor. COPYRIGHT RESERVED www. braford. co. za 13
- Slides: 13