Welkom by die kategese Ons open met gebed
Welkom by die kategese
Ons open met gebed
Veels geluk!
Opstandingstyd 12 April – 21 Mei 2020
Opstandingstyd
Aan wie behoort die skape op die plaas?
Wat doen die boer om sý skape tussen ander skape uit te ken?
Wat is een van die eerste dinge wat met ʼn skaaplammetjie gebeur?
Veronderstel die boer koop nuwe skape. Wat is een van die eerste dinge wat met die nuwe skape gebeur?
Veronderstel ʼn skaap verdwaal en is nie meer by al die ander skape nie. Die boer stuur sy werkers uit om die skaap te gaan soek. Hulle kry die skaap en bring hom terug na die kraal toe. Het daardie skaap sy brandmerk of etiket verloor terwyl hy weg was?
Verdaag na kleingroepe (klasse)
Genesis 17: 1 -12
God het ʼn verbond met Abram gesluit. ʼn Verbond is ʼn kombinasie van ʼn belofte en ʼn kontrak. Wat het hierdie verbond behels?
Wat was die teken van hierdie verbond tussen God en Abraham?
Kolossense 2: 11 -12
Wat sê hierdie gedeelte oor die doop en die verbond?
Handelinge 16: 11 -15
Wat het in Handelinge 16: 11 -15 met Lidia en haar hele gesin gebeur?
Hoekom het die doop mettertyd die besnydenis vervang?
Wat is die ooreenkoms tussen wat ons so pas oor die verbondsdoop gelees het en die skape op die boer se plaas?
Hoekom doop die NG Kerk hoofsaaklik babas met die verbondsdoop?
Wat gebeur wanneer ʼn volwassene deel word van die kerk, maar nooit as kind gedoop is nie?
Kan ek so ver van God af wegdwaal dat ek weer gedoop moet word?
Met die verbondsdoop word daar drie beloftes aan ons gemaak. Eerstens, God belowe dat Hy binne hierdie verbond vir jou ʼn God sal wees, vol genade en liefde. Tweedens, ouers belowe om hulle kinders binne hierdie verbond groot te maak. Derdens, die gemeente belowe om die gesin by te staan en aan die kinders die nodige onderrig en leiding te gee. Het ons dan geen seggenskap in hierdie saak nie?
Hoe verskil die verbondsdoop van die bekeringsdoop?
Hoe dink mense volgens die bekeringsdoop oor babas en kinders?
Beteken die verskille tussen die verbondsdoop en die bekeringsdoop dat ons vyandig moet wees teenoor kerke en mense met ʼn ander siening van die doop as ons?
Ons sluit af
- Slides: 28