Welkom by die kategese Ons open met gebed
Welkom by die kategese
Ons open met gebed
Veels geluk!
Lydenstyd 3 Maart – 20 April
Lydenstyd Aswoensdag Palmsondag. Groot Goeielydensweek Vrydag Stil Saterdag
Sing saam of luister saam
Sing saam of luister saam
Simbool van my dank
Wat sien jy?
Wat sien jy?
Wat sien jy?
Wat sien jy?
Wat sien jy?
Wat sien jy?
Verdaag na kleingroepe (klasse)
Lukas 1: 46 -55
Waaroor gaan die teks?
Konteks (omstandighede) Oupa lees hierdie verhaal tydens die seevakansie op Oukersaand by die Kersboom. Hoe mense die verhaal interpreteer Oupa sê Maria is bly; daarom sing sy ʼn loflied. Sy is bly dat sy geboorte sal skenk aan Jesus ons Verlosser. Katolieke nonne kom teen ligdag voor ʼn beeld van Maria bymekaar. Die nonne bring eer aan Maria as Jesus se ma; in haar geringheid het sy as ʼn voorbeeld van egte geloof opgetree. Die armes kry hoop omdat God aan die armes se kant is. Soos Maria, kan ons in ons uur van swaarkry aan God se beloftes vashou. ’n Groep arm en eensame mense lees hierdie gedeelte. ’n Groep vroue van ’n ryk gebied in Pretoria lees dit tydens hulle Bybelstudie. Die vroue voel God sien mense in hulle geringheid raak. Baie mense kan hulle met Maria vereenselwig omdat sy ʼn swak selfbeeld gehad het. God sien ons raak en gebruik ons om groot dinge vir Hom te doen. Tydens ʼn streng gereformeerde erediens lees die leraar hierdie gedeelte. Die leraar preek dat ons, net soos Maria, gering en vol sonde is. Ons is nie waardig om deur God gebruik te word nie. Ons is maar net van sy genade afhanklik. Maria het dit besef en aan God die eer gebring. Dit vorm deel van ʼn akademiese lesing by ʼn universiteit. Die professor voer aan dat ons krities oor die ontstaansgeskiedenis van hierdie teks moet nadink. Ons moenie so naïef wees om te dink dit was Maria se werklike of presiese woorde nie. ʼn Omgeegroep wat vroue bemagtig lees hierdie lied. Die vroue sê die Bybel het ontstaan in ’n tyd toe mans die samelewing gedomineer het. Daarom is hier ’n baie sterk fokus op die verhale van mans. Hierdie verhaal bied egter vir ons ’n voorbeeld van ʼn vrou wat deur God gebruik is om groot verandering te bring.
Wanneer is verskillende interpretasies na jou mening nie meer verantwoordelik nie?
Wat het jou gehelp om ʼn ander betekenis in die teks in Lukas 1 raak te sien?
Ons het gesien mense kan ’n teks verskillend interpreteer. Beteken dit die Bybel is nie waar nie?
Hoe gaan ons dit regkry om nie in een oogpunt vasgevang te raak nie sodat ons groter rykdom in die Bybel kan ontdek?
Hoe help hierdie ontmoeting ons wanneer ons die Bybel lees en God se stem daarin vir ons vandag wil hoor?
Ons sluit af
- Slides: 24