Wandel in n Profetiese Leefstyl 1 Open 19

  • Slides: 5
Download presentation
Wandel in ‘n Profetiese Leefstyl 1. Open. 19: 10 b - Gees van Profesie

Wandel in ‘n Profetiese Leefstyl 1. Open. 19: 10 b - Gees van Profesie 2. Voorbeelde van ‘n Profetiese Leefstyl 3. Handhaaf ‘n Profetiese Leefstyl 4. Karakter eienskappe van ‘n Profetiese Leefstyl 5. Profetiese Bediening - Prakties

Wandel in ‘n Profetiese Leefstyl 1. Open 19: 10 En ek het voor sy

Wandel in ‘n Profetiese Leefstyl 1. Open 19: 10 En ek het voor sy (engel) voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie. 2. En wat die Engel dus hiermee bedoel het is: v Dat wat ookal ons in die Profetiese Bediening wil wees, of sê ens… Moet altyd deur die Gees van Jesus Christus gelei word. . . !! v Ons kan nie buite God se Wil en Leiding gaan nie…want dan gaan ons droog maak & Onwaarhede verkondig, 1. En dit kan baie verwarring en vrees veroorsaak wat beslis nie God se wil is nie… 3. Want ons Here is nie ‘n God wat vir ons ‘n gees van vrees gegee het nie – maar van Liefde, Krag en ‘n Gesonde Verstand / Self Beheersing (2 Tim 1: 7) 4. Dus is ‘n Profetiese Leefstyl, om heel eerste deur die Gees van God gelei te word in alles wat ons doen en sê – en nie om eienaardig te wees en snaakse dinge te sê of doen wat niks met God se wil te doen het nie. . ( Rom 8: 14, 1 Kor 6: 17 ) 5. MAW: Leer ken eers God se Wil en maak seker jy Hoor en Herken Sy Stem goed 6. En dan eers kan ‘n Christen se lewe waarlik die leefstyl van Christus Uitbeeld in alles wat ons doen en sê – en so word ons lewe dan ‘n Lewende Profesie vir die wêreld daarbuite

Wandel in ‘n Profetiese Leefstyl Voorbeelde van ‘n Profetiese Leefstyl 1. Die Hele Bybel

Wandel in ‘n Profetiese Leefstyl Voorbeelde van ‘n Profetiese Leefstyl 1. Die Hele Bybel is ‘n Profetiese Boek – en elke Storie daarin moet gesien word as ‘n Profetiese uitbeelding van een of ander Koninkryks Beginsel wat God wil oorbring aan die mens. . . 2. Hos 12: 11 Ek het ook tot die profete gespreek, en Ek het gesigte vermenigvuldig en deur middel van die profete gelykenisse voorgedra. 3. Mat 13: 10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? 4. Mat 13: 11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. 5. MAAR: Iets wat ons wel moet verstaan is… Profete sal wel soms iets in die fisiese doen of uitbeeld om vir ons ‘n Profetiese Woord of ‘n Waarheid uit God se Woord te bring… 6. Soos bv: v Eségiël wat op sy sy moes lê om vir Israel ‘n Profetiese Woord te bring (Eseg 4), v Elisa wat die stomp in die water gegooi het om die kop van die byl te laat dryf (2 Kon 6: 1 -7), of soos v Jakob met die latte wat hy voor Laban se vee gehou het, om vir hom ‘n loon te bewerkstellig (Gen 30: 26 -43), ens… • So kan ons dus ook vandag nogsteeds profetiese aksies gebruik om iets in die fiesiese te weeg te bring, asook om ander se lewens ( insluitende my eie) te kan stig, bemoedig en op te bou (1 Kor 14: 3).

Wandel in ‘n Profetiese Leefstyl Handhaaf ‘n Profetiese Leefstyl 1. So wat is ‘n

Wandel in ‘n Profetiese Leefstyl Handhaaf ‘n Profetiese Leefstyl 1. So wat is ‘n Profetiese Leefstyl. . . ? ? ? v Dis ‘n leefwyse voor God en mens op so ‘n manier dat wat ook al ons sê of doen, moet Eer en Heerlikheid aan ons Here en Hemelse Vader bring – sodat ons ander kan help om God en Jesus te kan sien en leer ken… v Joh 14: 7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. v Joh 13: 35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. 2. Ons is veronderstel om heel eerste Konings, Priesters en Profete te wees in ons eie huishouding en Familie, en dan van daaruit moet dit verder voort vloei na die buite wêreld… (Opb 1: 5 -6, Opb 5: 9 -10, Ex 19: 5 -7) 1. Koning – Om te Voorsien – en te Heers en Staan in Autoriteit ( Gen 1: 2628 – deel van ons Skeppings doel – om te onderwerp en te heers ) 2. Priester – Tree in vir mense voor God, en om mense te bedien met die Woord ens… 3. Profeet – Om God se Stem te Hoor – en dit oor te dra aan die mense… 3. 1 Pet 2: 9 AOV Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 4. 1 Pet 2: 9 KJV But ye are a chosen generation, a royal priesthood, an holy nation, a peculiar people; that ye should shew forth the praises of him who hath called you out of darkness into his marvellous light:

Wandel in ‘n Profetiese Leefstyl Karakter Einskappe van ‘n Profetiese Leefstyl 1. Hier is

Wandel in ‘n Profetiese Leefstyl Karakter Einskappe van ‘n Profetiese Leefstyl 1. Hier is so ‘n kort opsomming, maar dit is nie al nie, net ‘n idee wat ek bedoel met ‘n Profetiese Leefstyl: i. Om die Gawes en die Vrugte van die Heilige Gees te lewe elke dag. . (Gal 5: 22 -25, 1 Kor 13, 1 Kor 12: 4 -11) ii. Lofprysing & Aanbidding (praise & worship), Danksegging, Profeteer, en bid in die Gees…. (Ps 50: 23, Ps 150, Phil 4: 4 -8, Rom 8, 1 Kor 14) iii. Wandel en staan vir Reg & Geregtigheid (Righteousness), asook Vrede en Vreugde – Koninkryks Lewe (Rom 14: 17, Ps 1) iv. Vertrou en RUS in God – Behou Geloof in God, Vetrou op Hom, moenie net op jou eie insigte alleen vertrou nie (Heb 4, Ps 118: 8, Spr 3: 5, Mark 11: 22 -26, Ps 46, Ps 121) v. Staan in Autoriteit – en Heers oor omstandighede (2 Kor 10: 3 -6, Eff 6: 10 -19) vi. Bring Genesing, Verlossing, Bemoediging, Restorasie, ens. – Gees, Siel en Liggaam. . . (Jes 61: 1 -3, 1 Kor 14: 3) vii. Wandel in Volwassenheid (Maturity) – Die volle Gestalte van Christus. . . (Eff 4: 11 -14, Gal 4: 19) viii. Wees Diensbaar : Bedien die Evangelie (Gospel / Goeie Nuus), God se Liefde, Woord en Wil – tyding & ontydig (Mat 23: 11, 1 Kor 4: 1, 2 Kor 2: 14 -17, 2 Tim 4: 2) ix. Bedien die Waarheid van die Woord in Liefde en Krag – Wys die Krag van die Woord deur jul geloof (Eff 4: 15, Joh 8: 32, 1 Kor 2: 4, 1 Kor 4: 19 -20) ***** A M E N *****