Vorm 5 Portfeulje toets Posie Talle tonge Bitterbessie
Vorm 5 Portfeulje toets Poësie Talle tonge Bitterbessie dagbreek Sommer net vir jou
Algemene notas: � Kyk mooi na die puntetotaal. Moenie ‘n opstel skryf as dit net (1) punt tel nie. � Bly by basiese Afrikaans, tensy anders versoek. Moenie dit onnodig moeilik vir jouself maak nie. � Wanneer jy iets moet aanhaal, sorg dat jy die korrekte spelling gebruik vir daardie aanhaling of woord. Onthou aanhalingstekens!!! � Moenie iets aanhaal as dit nie gevra word nie. � Lees die vrae ordentlik deur en maak seker jy weet wat gevra word. � Probeer die vraag in die konteks van die gedig lees.
Vraag 1 – Talle tonge 1. 1. Verduidelik in jou eie woorde watter tipe woorde die volgende tonge spreek: Geen aanhalings!! Hierdie is wat jy verstaan oor die woorde. 1. 1. 1 Heuning tong: Mooi woorde/ vleitaal. 1. 1. 2. Skerp tong: Harde woorde/ praat sonder om te dink. Elke definisie tel een punt. Moenie ’n lang verduideliking gee nie!
1. 2. Watter gevolg het beide die “skerp tong” en die “suur tong”? Gevolg is resultaat/uitwerking van die tonge. Dit tel twee punte so jy kan nie net sê dit maak seer nie. Hier moet jy met insig antwoord van wat jy van die gedig verstaan. Jy kan nie aanhalings gebruik nie, want dit word nie gevra nie. Antwoord: Dit maak mense se gevoelens seer. Dit laat letsels.
1. 3. + 1. 4. Watter woord in die gedig beteken “stilbly”? Haal ’n woord aan. Soek ’n woord in die gedig. Soek die woord en haal dit aan “ ” Antwoord: 1. 3. „swyg” 1. 4. „salf” Spel die woord reg!
1. 5. Lees die eerste en laaste versreël. r. 1 “Talle tonge het ek” r. 13 “Ek het talle tonge” 1. 5. 1. Hoe verskil die versreëls van mekaar? (1) Puntetotaal is een punt. Gee net een verduideliking Antwoord: Die woordorde is anders
1. 5. 2. Verduidelik die klem/fokus verskil tussen die eerste versreël en die laaste versreël Met ander woorde; Hoe verskil die klem/fokus van die twee versreëls van mekaar? Onthou dis vir twee punte!! Antwoord: In die eerste versreël is die klem op die verskillende woorde wat die spreker gebruik maar in die laaste versreël neem hy verantwoordelikheid deur die klem op homself te plaas maar ook op die leser wat verskillende woorde gebruik in ’n bepaalde situasie.
Sê in jou eie woorde wat die boodskap van die gedig is? Jy moet verduidelik wat jy verstaan van die gedig. Die tema. Dit is vir een punt so moenie ’n opstel skryf nie!! Moet ook nie gorrel nie. Of jy weet wat die antwoord is, soos jy dit geleer het, of nie. Antwoord: Alle mense gebruik verskillende woorde in ’n bepaalde situasie.
Vraag 2 Bitterbessie dagbreek 2. 1. Wat weet ons van die liefdesverhouding volgens versreël 3 en 4 Versreël 3 en 4 gee die antwoord. Jy moet dit net verwoord. Antwoord Die verhouding is verbreek/ hulle is nie meer bymekaar nie.
2. 2. Haal een woord uit die gedig aan wat verwys na die dinge wat jy onthou. Aanhaling van die vetgedrukte gedeelte Antwoord: “Herinnering”
2. 3. Die spreker probeer weer haar lewensgeluk terugvind. Wat maak dit vir haar moeilik volgens die gedig? Motiveer jou antwoord deur ’n aanhaling uit die gedig. Wat maak dit vir haar moeilik volgens die gedig? Verduidelik wat dit vir haar moeilik maak Motiveer jou antwoord deur ’n aanhaling uit die gedig. Gee ’n motivering uit die gedig om jou antwoord, wat jy geskryf het, te staaf.
Antwoord: „Oral draai die paadjies van sy woorde af” Sy sukkel om oor die gebroke verhouding te kom want sy woorde maak haar deurmekaar. 2. 4. Die spreker voel oor en oor bedrieg. Watter woord word herhaal om dit te illustreer? Twee leidrade hier Antwoord „kierang” aanhalingstekens
2. 5. Sou jy sê dat die spreker hoop vind in ’n nuwe dag? Motiveer jou antwoord volgens die inhoud van die gedig. Kyk puntetoekenning Eie antwoord Verduidelik soos wat jy die gedig verstaan en verwys na die inhoud Antwoord 1 punt Nee, die woord bitter wat gebruik word om die dagbreek te beskryf, het ’n negatiewe konnektasie. Verduideliking 1 punt
“Talle tonge” en “Bitterbessie dagbreek”: Met watter tipe tong , dink jy, het die spreker (in Bitterbessie dagbreek) met haar geliefde gepraat? Verduidelik jou antwoord. Kyk puntetotaal Met jou kennis van die tonge in Talle tonge moet jy nou sê watter tipe tong gebruik is. Dan moet jy verduidelik hoekom jy daardie tong gekies het Antwoord: Bittertong/suurtong/skerp tong – hulle het moontlik woorde gebruik wat die ander een seergemaak het.
Vraag 3 Sommer net vir jou 3. 1. Waarna verwys die woorde “klein maar getrein”? Wat beteken die woorde “” = Dis in die gedig Antwoord: Die meisie is klein maar slim/vaardig. Mens moet haar nie onderskat nie.
3. 2. Noem 3 kenmerke van die vrye vers soos wat dit in die gedig na vore kom. Moet 3 dinge noem vir 3 punte Dit is jou leidraad Antwoord: Daar is geen vaste rympatroon nie Die versreëls is nie ewe lank nie Daar is verskillende aantal versreëls in die strofes Punktuasie/leestekens ontbreek Slegs die aangesprokende „Meisie” is in hoofletters
3. 3. Lees die gedig “Ma” van Antjie Krog. Watter ooreenkomste is daar tussen Krog se gedig en Cupido se gedig. Noem twee aspekte. Ooreenkomste = dinge wat dieselfde is met die twee gedigte. Antwoord: Ooreenkoms in versreëls “sonder-fênsie-woorde” teenoor “sonder fênsie leestekens. ” Beide gedigte verwys na die brief/gedig as ’n „kaalvoet” brief/gedig. Dieselfde aantal strofes wat waarvan die eerste versreël baie dieselfde is as die ander gedig. Beide is vrye vers gedigte.
3. 4. Na watter ander bekende digter verwys die spreker in “Sommer net vir jou. ” Soos in jou handboek vervat Breytenbach
3. 5. Wat, volgens die gedig, kan die spreker nie baie goed doen nie. Leidraad in die gedig Antwoord: Hy kan nie goeie liefdesbriewe skryf nie/ Dis nie vir hom maklik om liefdesbriewe te skryf nie.
3. 6. 1. Hoe sal jy ’n ‚kaalvoet’ liefdesbrief beskryf? Eie verduideliking Antwoord: Eenvoudig/ maklik om te verstaan van “kaalvoet” gedig
3. 6. 2. Waarom wil die spreker hierdie tipe liefdesbrief te skryf. Verduidelik hoekom Antwoord: Want die meisie is ’n ongekompliseerde persoon. / Plat op die aarde tipe mens.
- Slides: 21