Voorbereide Toespraak Taak 5 1 Wenke Jou toespraak
Voorbereide Toespraak Taak 5
1. Wenke: • Jou toespraak kan: * Vermaak (humoristiese uitbeelding) * Inlig (feitelike, met navorsing) * Oortuig (beredenerend/argumenterend) * Inspireer (sielsboodskap) • Jy mag as: *Individu OF *Besprekingspaneel OF *Groep met beurtspraak, optree.
Skryf jou toespraak uit. • Som jou hoofgedagtes nou op kaartjies op, sodat jy slegs daarna hoef te kyk. • Toesprake wat in geheel afgelees word, kan nie as MONDELING tel nie. • Bewaar die toespraak vir die portefeulje! •
2. Riglyne: • 1. Onderstreep die kernwoorde in die toespraak en maak seker dat jy weet wat elkeen beteken. • 2. Hou die kaartjies met hoofpunte byderhand. • 3. Besluit op jou benadering: Wil jy inlig, amuseer, inspireer of oortuig? • 4. Besluit hoe jy wil begin, sodat jy onmiddellik die gehoor betrek.
• 5. Laat die onderwerp by jou ervaringswêreld aansluit. • 6. Skryf jou hele toespraak uit en maak seker dat jy ‘n: * Inleiding: (belangstelling prikkel) * Middel: (3 punte met bewyse) * Slot: (die indruk wat jy by die gehoor laat) het. • 7. Maak seker dat ‘n duidelike tema soos ‘n goue draad deur die praatjie loop. • 8. Kies ‘n styl en taalregister wat by jou persoonlikheid en onderwerp pas.
• 9. Verwys na ‘n verskeidenheid bronne en gee erkenning aan ander persone se insigte. • 10. Dink aan hoe jy jou stellings met bewyse gaan staaf. • 11. Waak teen onnodige herhalings en clichés (afgesaagde uitdrukkings). • 12. Praat harder en sagter vir spesiale effek. • 13. Praat teen ‘n normale tempo, sodat mense kan inneem wat jy sê. • 14. Gebruik pouses om jou woorde te laat insink en die gehoor kans te gee om jou woorde in te neem.
• 15. Gebruik ‘n natuurlike stemtoon. • 16. Vermy stopwoorde soos: * oukei * wel * nou ja!! • 17. Gebruik gepaste aanspreekvorme soos: * Dames en Here * Medeleerders * Klasmaats ens. • 18. Gebruik gepaste woordeskat en taalstrukture. • 19. Maak oogkontak met die gehoor en moenie jou toespraak aflees nie.
• 20. Gebruik jou aantekeninge of kaartjies onopsigtelik. • 21. Span humor in om jou toespraak interessant te maak, maar vermy onvanpaste grappe. • 22. Gebruik emotiewe en oorredingstaal, waar dit gepas is. • 23. Retoriese vrae en effektiewe herhalings kan as beklemtoningsmiddele gebruik word. • 24. Maak slegs van oudio-visuele hulpmiddele gebruik as dit werklik jou toespraak verryk. • 25. Die woorde en kontak met die gehoor is die belangrikste.
Voorskrifte • Jou mondeling moet so ongeveer twee minute lank wees. • Wees vanaf die tweede/derde week in die 2 de Kwartaal gereed. • Die onderwerpe wat volg is riglyne. Jy kan dit interpreteer/aanpas/varieer soos jy of jou groep dit wil hê!!
Onderwerpe: • • 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. Ons vernietig ons aarde Ekologiese probleme Natuurbewaring Blikkies en bottels. . . (kan ook na drinkgoed verwys) Leefstylsiektes ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees Ek moet vir Hansie en Grietjie kos gee. . . Wenke vir ‘n gesonde leefstyl
• 9. Ek kom by ‘n lekkergoedhuisie aan • 10. Wenke vir gesonde gesinsverhoudinge • 11. Die mens is altyd iewers ‘n BEGINNER • 12. Kunstegnieke • 13. Wat jou kunswerke van jou vertel. . . • 14. Kleure, kleure • 15. My gunsteling kunstenaar/musikant/skrywer/sjef/tv-aanbieder • 16. Liefdesverhoudings • 17. As jy weer vir my skryf, vra ek. . . • 18. Dissipline • 19. Waarom ek van tegnologie in die klaskamer hou
• 20. Sosiale media • 21. Ons moet sonder “slotte” lewe, maar. . . • 22. Fossiele/oerdiere/interessante spesies • 23. Die beste fliek ooit • 24. Opspraakwekkende hofsaak/hofsake • 25. Dossier van ‘n baasspeurder • 26. Die pad na my hart • 27. ‘n Klip uit die pad uit gerol vir iemand • 28. Klip/wolke/sand/water/. . . • 29. Wetenskap. . . • 30. In hierdie persoon se voetspore wil ek volg • 31. Malherbe en Totius was die Onderwyser se helde. Wie is myne?
*32. Moet ons so baie name in Suid-Afrika verander? *33. Dit is nou werklik snaaks *34. Raad vir. . . *35. Kieme *36. Nie om dowe neute nie *37. Die môrestond het goud in die mond *38. Maak ons nie berge van molshope nie? *39. Ek kon my hare uit my kop uit trek *40. Geld wat stom is, maak reg wat krom is
- Slides: 14