Verskillende bakterie VOEDSELBEDERF GR 10 Swamme Giste FAKTORE
Verskillende bakterieë VOEDSELBEDERF GR. 10 Swamme Giste
FAKTORE WAT EETGEHALTE VAN VOEDSEL RAAK Mense – vuil hande of klere, hoes, nies Veiligheid in kombuis, skottelgoed, toerusting, werkoppervlakke Voedsel Agterlosigheid by voorbereiding, gaarmaak en berging van voedsel Blootstelling aan peste en plae, insekte, troeteldiere 2
Waarom is dit belangrik om voedselbederf te voorkom? v. Interne veranderinge vind in voedsel plaas nadat dit geoes of geslag is – hoe langer die tydsverloop tussen oes/slag en verbruik hoe groter is die veranderings. v. Alle vars voedsel gaan mettertyd agteruit – belangrik om proses te vertraag deur korrekte berging en versigtige hantering. 3
Ø Vervaardigers volgens wet verplig om voedsel higiënies te hanteer tydens verwerking Ø Handelaars verantwoordelik om bederf te voorkom Ø Verbruiker verantwoordelik om na aankope ook bederf te voorkom. Gevolge van bederfde kos wissel van verandering in smaak, reuk en kleur tot voedselvergiftiging (hoofpyn, braking, maagpyn, diarree, self dood) wanneer voedsel met mikro-organismes besmet is. 4
Oorsake van voedselbederf 1. Natuurlike verrotting: o Bederfbare voedsel soos melk, vleis, vrugte en groente bevat water – bederf vinnig o Verwerkte en gaargemaakte kos bederf ook maklik as eers oopgemaak/ontdooi is o Voedselsoorte met min water en baie sout/suur/suiker bederf nie so maklik 5
Voorbeelde van natuurlike verrotting: • Verlies aan vog – verdamping van water op oppervlak – kaas/vleis/vis droog uit • Absorpsie van vog – aartappelskyfies en koekies word pap • Ensiemwerking – ensieme kom natuurlik in voedsel voor – ensieme bespoedig ontbinding (verrotting) - voedsel verbruin – ensiematiese verbruining – suurstof verbind met ensieme in voedsel - oksidasie – vernietig vit. C - rypwording – ensieme betrokke – sagter, soeter kleur verander - blootstelling aan lig vernietig vit. A 6
Voorkoming van ensiemwerking: ü maak voedsel gaar – hitte vernietig ensieme ü ü (bo 60°C) verwyder lug en water – ensieme benodig dit om aktief te word lae temperature (koelkas/vrieskas) vertraag ensiemwerking, maar vernietig nie ensieme nie bymiddels voorkom ensiemwerking – suiker, sout swaeldioksied, askorbiensuur bedek voedsel om verbruining en oksidasie te voorkom met kleefplastiek, suurlemoensap, water 7
Oorsake van voedselbederf - vervolg 2. Mikro-organismes is: o onsigbaar klein en kom op hande, kos, in water, stof, grond en lug voor o kos gekontamineer (besmet) deur skadelike m. o. s – genoem patogene wat gifstowwe (toksiene) produseer en voedselinfeksie of voedselvergiftiging veroorsaak o nie alle m. o. s skadelik nie – gebruik bv. in vervaardiging van kaas, melk, bier, antibiotika 8
§ Mikro-organismes verantwoordelik vir besmetting van voedsel is: 1. Bakterieë 2. Skimmel 3. Giste 4. Virusse Ander oorsake vir voedselbederf: 5. Parasiete 6. Bestraling 7. Chemikalieë 8. Besoedeling 9. Giftige plante en diere (natuurlike toksiene) 9
Alle mikro-organismes het - voedsel, - vog, - ‘n gunstige temperatuur - en ‘n regte p. H (suur-alkaliese balans) nodig vir groei en vermeerdering Meeste m. o. s benodig suurstof (aërobies) vir groei, ander het nie suurstof (anaërobies) nodig nie Om te verhoed dat m. o. s. groei en vermeerder: Ø vernietig m. o. s en ensieme deur hoë temperature Ø hou voedsel by lae temperature – beheer so groei Ø verhoed kruis-kontaminasie Ø preserveermiddels soos suiker, sout, asyn inhibeer (werk teë) mikrobiese groei 10
1. Bakterieë Gunstige temp. en Optimale temp. vir groei omstandighede vir 20 -50 °C groei - hitte, voedsel, vog, suurstof Proteïenvoedsel – vleis, vis, Voedsel besmet melk, room, sous Spoorvorming – kan ongunstige Voortplanting omstandighede weerstaan Voedselvergiftiging, siektes soos Skadelike effekte tuberkulose, tetanus, maagkoors Maak van kaas, jogurt, ham, Nuttige gebruike asyn, blikkiesvleis Beskerming teen Skoon hande, toerusting, 11 besmetting werkoppervlakke, vadoeke
Uitwerking van hitte op bakterieë ü meeste vernietig by 60 °C ü sommige eers by kooktemperature vernietig (100 °C), veral spoorvormende bakterieë ü sommige spore weerstaan 100 °C – hoër temperature soos in drukkoker nodig om te vernietig ü vermeerder vinnigste by 37 °C ü toksiene (gifstowwe) weerstaan hitte – voedsel by hoër temp. as 60 °C opwarm ü onaktief/ werking vertraag by koelkas/ vrieskastemperatuur 12
Uitwerking van sout, suur en suiker op bakterieë ü hoë konsentrasies voorkom groei van bakterieë ü deur dit te vernietig of groei te belemmer ü sout, suur en suiker dus algemeen gebruik in preservering van voedsel 13
2. Skimmel Gunstige vog, donker plekke waar omstandighede vir lugsirkulasie swak is bv. koelkas, groei hitte brood, konfyt, jellie, vrugte, kaas, Voedsel besmet suurvoedsel soos suurlemoene spoorvorming –spore deur lug Voortplanting gedra, beland op kos en groei bederf voorkoms van voedsel – Skadelike effekte gewoonlik buitekant – kan wegsny – vorm dieper mikotoksiene wat skade aan organe Miko-toksien bv. kan aanrig – ook as potensiële aflatoksiene 14 karsinogene beskou
Beskerming van voedsel teen skimmel: ü lugdigte houers ü berg by lae temperature ü koel, droë opberging ü toevoeging van preserveermiddels soos sout, asyn en speserye – atjar ü verlaag voginhoud – biltong ü berook spekvleis, wors, vis ü hoë temperatuur – ingemaakte voedsel 15
3. Giste Gunstige temp. 25 °– 30 °C, en kan selfs in koelkas groei, maar teen stadiger tempo omstandighede suurstof, vog, vir groei koolhidraatryke voedsel - breek stysel af na koolsuurgas en alkohol Voedsel besmet brood, konfyt, vrugtesap, pasta, rys, ingemaakte voedsel Voortplanting knopvorming gisselle gebruik in fermentasie van brooddeeg en maak van kaas en wyn Nuttige gebruike 16
Beskerming van voedsel teen giste: ü verhit voedsel tot hoë temperatuur vir 20 minute bv. tydens inmaak van voedsel ü bevries voedsel of hou in koelkas ü dehidreer (droog) voedsel ü gebruik hoë konsentrasies suiker ü gebruik preserveermiddels soos sout, asyn en speserye 17
4. Virusse vbesondere klein organismes vbederf nie kos, maar veroorsaak maag- en ingewandsiektes met simptome van braking en diarree vveroorsaak deur onvoldoende toilethigiëne vnormale kook van voedsel vernietig virusse 18
5. Parasiete Lintwurms en ingewandswurms kom voor in veral vark en beesvleis wat nie behoorlik gaargemaak is nie veroorsaak wanvoeding omdat hulle jou kos “opeet” 6. Bestraling Voedsel- en watervoorraad deur radioaktiewe stowwe besoedel as radioaktiewe deeltjies in atmosfeer vrygelaat wanneer bv. kernwapens vervaardig word 19
7. Chemikalieë gebruik om konstante voorraad van hoë gehalte voedsel te verkry, maar kan ook gesondheid benadeel Ø insekdoders, plaagdoders, swamdoders en onkruiddoders gebruik om plante te beskerm, maar kan op voedsel bly – spoel vars groente en vrugte altyd goed af Ø antibiotika aan skape, beeste, varke gegee om siektes te voorkom – spoorelemente kan daarin oorbly en allergiese reaksies by mense veroorsaak – velirritasies en opgeswelde lippe 20
8. Besoedeling Industriële afvalstowwe in see en riviere gestort bevat chemikalieë en metale plante, visse en diere drink die water en so word voedselvoorraad besoedel 21
9. Giftige plante en diere Ø nastergal wat verwar kan word met braambessies Ø solanien in groen skil van aartappels Ø rou nierbone – gaargemaak hou geen gevaar in Ø sekere soorte sampioene Ø sekere seekosse bevat giftige dele wat eers verwyder moet word Ø skulpvis kan toksies wees 22
PATOGENIESE MIKRO-ORGANISEMES Wat is patogeniese mikro-organismes? Ø skadelike bakterieë wat giftige stowwe in voedsel mag vorm Twee tipes patogene 1. veroorsaak voedselbesmetting 2. veroorsaak voedselvergiftiging Beide maak jou baie siek en as nie behandel word nie, kan dit tot sterfte lei. 23
VOEDSELBESMETTING vind plaas wanneer: ØJy voedsel eet of drink wat skadelike bakterieë bevat ØSalmonella-bakterieë word, bv. gevind in voedselsoorte afkomstig van diere kan in die mens se ingewande groei en Salmonellose of tifuskoors veroorsaak. 24
VOEDSELVERGIFTIGING vind plaas wanneer: Voedsel geëet of gedrink word: Ø waarin bakterieë in groot hoeveelhede gegroei het en Ø reeds ʼn toksien ontwikkel het, wat jou dan siek maak Clostridium Botulinum veroorsaak bv. botulisme 25
Toestande nodig vir patogeneontwikkeling Voedsel: groei op enige voedsel, behalwe voedsel met hoë suurinhoud Vog: benodig vog vir groei Hitte: kamertemperatuur ideaal (± 24 °C) gevaarsone tussen 20 °C en 50 °C Tyd: vermenigvuldig baie vinnig veral by kamertemperatuur – binne 2 - 4 ure onveilig Suurstof: sommige aërobies (het suurstof nodig), ander anaërobies 26
Uitwerking van patogene op voedsel TEKENS VAN BEDERF 1. Reuk – onaangename reuk ontwikkel wanneer bakterieë begin om proteïene af te breek 2. Slymerigheid – voedsel bedek met jellieagtige vloeistof 3. Verkleuring – bv. vakuumverpakte voedsel kry pienkgeel kleur en vars vleis kry groenerige skynsel 4. Gas – Bakterieë produseer soms ‘n gas, bv. in blikkieskos, blaas op en maak ‘n sisgeluid wanneer dit oopgemaak word 27
Patogene organismes en werking • Stafilokokkus Aureus Ø veroorsaak stafilokokkus vergiftiging – Ø vorm gifstof in voedsel Ø maagkrampe + diarree binne 1 - 6 uur In gaar PROTEÏEN voedsel aangetref – nie deur gaarmaak vernietig v ham, hoender, tong v aartappelslaai, vla, room gevulde pasteideeg v eiers Ook op vel en in neus en mond van mens gesonde mense aangetref 28
Nog ʼn patogene organisme • Streptokokkus Ø veroorsaak streptokokkus vergiftiging Ø ontwikkel meer geleidelik maar baie dieselfde as Stafilo- Kom voor in derminhoud van mens en dier en affekteer hoofsaaklik vvleisgeregte Redelik hittebestand – voedsel deeglik gaarmaak 29
Nog ʼn patogene organisme • Salmonella Aangetref in rou diereprodukte soos Ø halfgaar eiers, halfgaar vleis en pluimvee Ø suiwelprodukte, seevoedsel, vrugte en Ø veroorsaak groente salmonelloses Ook deur die mens versprei Ø naarheid, diarree want kom voor in (en ontwatering), ingewande van mens en maagpyn, koors en dier – tifuskoors (hoë koors, kouekoors binne 12 bewussynsverlies en delirium) al 24 uur 30 so geïdentifiseer
en nog een • Clostridium Botulinum Ø vervaardig toksien wat Aangetref in: botulisme veroorsaak Ø naarheid, braking, vlae-suur geblikte diarree, uitputting, voedselsoorte, hoofpyn, dubbelvisie vakuumverpakte en droë mond, moeilike voedsel, asemhaling binne 12 – vwors 36 uur vvleis vvis 31
en sowaar – nog een • Clostridium perfringens Ø veroorsaak Perfringensvergiftiging agv. gifstof in ingewande vrygestel Ø diarree, maagkrampe, kouekoors, hoofpyn binne 8 – 12 uur Algemeen aangetref in: vrou vleis en pluimvee, vgroente, en vspeserye v. Vermenigvuldig baie vinnig in vleisdisse en pasteie wat lou warm gehou word vir lank tyd 32
hier’s die laaste. . . (vir nou) • Aflatoksien Uiters giftige skimmel wat siekte en selfs dood kan veroorsaak Deur Aspergillusswamme by grondbone vervaardig – selfs grondboontjiebotter kan hiermee besmet wees • Groei op graan en peulplante soos grondboontjies wat nie behoorlik uitgedroog en geberg is nie • Baie kragtige gifstof - slegs ‘n klein porsie kan onveilig wees om te eet 33
Hoe om besmetting deur patogene te voorkom 1. Hou alles onberispelik skoon ü was hande met warm seepwater voor en na hantering van voedsel, na toilet gebruik en troeteldiere hanteer het ü maak werkoppervlak, toerusting en snyplanke deeglik skoon na bereiding van vleis, pluimvee, eiers en seevoedsel ü gebruik papierhanddoeke vir skoonmaak van werkoppervlakke en gooi dadelik weg – was vadoeke in warm seepwater ü spoel groente en vrugte onder lopende water af of skrop met groenteborsel 34
2. Hou gaar en rou voedsel apart ü voorkom kruisbesmetting – hou rou en gaar voedsel apart ü gebruik afsonderlike planke vir vars produkte en vleis, vis en pluimvee ü moenie gaar voedsel in dieselfde bord waarin rou voedsel was terugsit nie ü voedsel soos rou vleis en pluimvee wat kan drup moenie naby ander voedsel in koelkas of winkeltrollie geplaas word nie 35
KLEURKODE VIR SNYBORDE Gebruik verskillende borde vir verskillende voedselsoorte om kruiskontaminasie te voorkom! Groen : Vrugte en groente Geel: Rou pluimvee Blou: Gaar voedsel Wit: Suiwelprodukte Bruin: Vis en seekos Rooi: Rooivleis 36
3. Hou voedsel verkoel ü bederfbare voedsel nie langer as 2 ure teen louwarm temperatuur hou nie ü ontdooi voedsel in koelkas/mikrogolfoond – nie by kamertemperatuur ü moenie koelkas te vol pak – genoeg sirkulasie van koue lug noodsaaklik ü koop bevrore voedsel laaste ü let op vir klonte in bevrore voedsel – aanduiding dat dit ontvries en weer gevries is 37
4. Maak voedsel goed gaar ü alle vleis, veral maalvleis goed gaarmaak ü vis gaarmaak tot nie meer deurskynend ü moenie rou oesters of skulpvis eet nie ü eiers kook tot geel nie meer loperig is nie ü oorskietvoedsel deeglik verhit bo 60 °C ü souse, sop en vleissous tot kookpunt verhit ü indien in mikrogolfoond gaarmaak moet seker gemaak word dat daar nie koue areas in die voedsel is waar bakterieë kan oorleef nie 38
Wenke om voedselvergiftiging te voorkom ü Moenie voedsel uit koelkas/vrieskas eet wat lank by kamertemperatuur gestaan het nie ü Koop bevrore produkte net voor huis toe gaan en plaas in ‘n koelsak ü Koelkastemperatuur minstens 7 °C ü Ontdooi pluimvee in koelkas ü Moenie rou deeg wat eiers bevat, eet nie ü Gebruik bakke en apparaat wat nie poreus is nie ü Moenie aan voedsel proe wat waarskynlik besmet is nie 39
Wenke om voedselvergiftiging te voorkom (vervolg) ü Kies restaurante versigtig ü Alle voedsel wat rou geëet word eers afspoel ü Voorkom kruisbesmetting – aparte snyplanke vir rou en gaar voedsel ü Pas persoonlike higiëne + kombuishigiëne toe ü Deeglike gaarmaak van voedsel ü Deeglike opwarming van oorskietvoedsel ü Vinnige afkoeling van gaargemaakte voedsel bv. onder waaier 40
Wenke by die koop van voedsel Vars voedsel: • Vleis, vis en pluimvee behoort geen vreemde reuk te hê nie. • Vloeistof of bloed in die verpakking kan aandui dat die voedsel vooraf gevries en daarna ontdooi is. • Geen verkleuring moet voorkom nie. • Vrugte en groente mag nie kneusplekke hê nie. • Verrimpelde skille by groente soos pampoen en lemoenpampoentjies toon aan dat ensiemwerking gevorderd is en die groente dus 'n paar weke oud is. • Kontroleer die vervaldatum op voedsel soos melk en jogurt, wat die varsheid daarvan sal aandui. • Koop suiwel- en ander bederfbare produkte laaste en kry dit so gou moontlik by die huis en in die yskas. 41
Wenke by die koop van voedsel Blikkieskos: • Blikkies behoort geen duike of bulte te hê nie. • Kontroleer die vervaldatum op die blikkies. Bevrore voedsel: • Geen ys mag rondom die verpakking wys nie en dit moet ook Die 'n soliede massa wees nie, byvoorbeeld in die geval van ertjies. • Bevrore pluimvee en vleis moet geen bevrore bloed in die verpakking hê nie. • Koop bevrore voedsel laaste en neem 'n koelsak om dit in te berg, indien moontlik. Gaan so gou moontlik huis toe en pak dit in die vrieskas. 42
Wenke vir opdiening/herverhitting • • • Dien voedsel op direk nadat dit gaargemaak is. Moet dit nie in 'n warm kombuis laat staan nie Maak deeglik gaar om skadelike m. o. s. te vernietig Verhit souse, sop en vleissous tot vuurwarm Voedsel behoort nie meer as een keer opgewarm te word nie omdat herhaalde verhitting tot voedselvergiftiging kan lei Roteer voedsel een of twee keer wanneer in mikro-golf verhit om hitte egalig te versprei aangesien bakterieë in koue dele van kos kan oorleef Bedek die voedsel met 'n net om vlieë weg te 43 hou, of verseël dit met 'n deksel as dit in 'n houer
OPSOMMEND: Om besmetting en bederf van voedsel te voorkom: v pas reëls vir higiëniese hantering toe v hou koue voedsel koud v maak voedsel deurgaar v verhit oorskiet voedsel goed v voorkom kruisbesmetting 44
VOEDSELHIGIËNE EN VOEDSELVEILIGHEID Voorsorgmaatreëls vir higiëniese hantering van voedsel 45
Persoonlike higiëne Skadelike bakterieë kan in die neus en keel groei en op voedsel oorgedra word. Moenie rook terwyl voedsel hanteer Proe met skoon lepel en moenie weer in voedsel daarmee skep nie Snyplekke en sere – broeiplek van bakterieë – ook deur uitskeidings oorgedra. Hanteer voedsel so min moontlik met kaal hande – veral gaar voedsel moet eerder met ‘n tang, lepel of vurk 46
Persoonlike higiëne vervolg Bakterieë kom ook op hare, vel en naels voor Kappie Klere, vadoeke, afdroogdoeke en werkoppervlakke kan broeiplek vir bakterieë wees 47
48 Kombuishigiëne
49 Kombuishigiëne vervolg
Wenke vir opwas • Skraap voedselreste eers uit borde. Voedsel wat aan borde vassit, sal bakterieë veroorsaak en voedsel besmet. • Was skottelgoed in warm seepwater. • Was eerste glase en borde wat nie baie vuil is nie. • Messe en snyborde, veral houtborde, altyd baie goed was indien dit vir rou pluimvee, vis of vleis gebruik is. • Spoel skottelgoed met skoon water af. • Lugdroging is die higiëniste droogmaakmetode. • Indien een van die gesinslede ‘n aansteeklike siekte 50 het, moet hul skottelgoed apart gewas word.
Plae en peste in die kombuis Peste versprei siektes. Eet onbedekte voedsel en voedselstukkies – raak gou van peste ontslae anders vermeerder dit vinnig en vorm plae. Kakkerlakke skuil in donker, warm plekke en kom snags uit opsoek na kos – 51 spuit gif op vloer naby vloerlyste en afvoerpype
DIE BEHEER OOR EN VERWYDERING VAN KOMBUISAFVAL Die beheer van afvalmateriaal behels die beheer oor die hoeveelheid afval wat jy genereer § gemiddelde hoeveelheid afval persoon per dag in S. A. is 700 g § doelwit van herwinning/hergebruik is om natuurlike hulpbronne te bewaar en besoedeling te verminder deur minder afval op stortingsterreine te stort omdat daar min ruimte vir stortingsterreine is § munisipale vaste afval sluit hoofsaaklik huishoudelike afval in wat opgelaai word 52
Alle verbruikers het verantwoordelikheid om afval te beperk deur: § voedsel in herbruikbare houers te berg § kruideniersware in herbruikbare mandjies/sakke te dra § in grootmaat te koop om hoeveelheid verpakkingsmateriaal te beperk § bio-afbreekbare houers soos papiersakke en nie plastieksakke te gebruik § kompos te maak van skille en ander kombuisafval wat weer in die tuin benut kan word 53
Higiëniese afvalhanteringspraktyke üSorteer afval vir herwinning in nat (vaste) en droë afval (papier, plastiek, glas en metaal) üDreineer eers vog van nat afval voor in asdrom plaas üSpoel glas, metaal en plastiekhouers uit voor in herwinningshouers plaas üDruk plastiek, blikke en kartonhouers eers plat – neem minder ruimte in beslag üMaak asdromme gereeld skoon en was met warm water en ontsmetmiddel om uitbroei van maaiers wat higiëniese probleme kan veroorsaak te voorkom üSeël sakke en plaas buite bereik van diere üVerwyder afval gereeld – verhoed onaangename reuke 54
Herwinning van huishoudelike afval Afvalbestuur behels: vermindering (reduce) hergebruik (reuse) herwin (recycle) Belangrikste – verminder afval. Sorteer afvalmateriaal in afsonderlike houers en neem na versamelpunte – glas-, papier-, metaal- en plastiekafval word ook gekollekteer en verkoop vir herwinning. Voordele van herwinning: Herwinning beperk: üdie hoeveelheid afval wat ons produseer/genereer üdie gebruik en uitputting van hulpmiddels soos minerale en steenkool; en üuitwerking v. d. gebruik v. hulpmiddels op omgewing, 55 bv. besoedeling
Handhaaf altyd hoë higiëniese standaarde in voorbereiding, gaarmaak en bediening van voedsel. 56
BERGING VAN VOEDSEL Bederfbare voedsel Semi-bederfbare voedsel Bederf binne 1 tot 3 dae by kamertemperatuur Bederf 4 tot 10 dae by kamertemperatuur Nie-bederfbare voedsel Voedsel wat vir langer as 2 weke by kamertemperatuur hou Eiers, botter, Droë grane, margarien, kaas, Rou vleis, pluimvee, koekmeelblom, kouevleis, meeste peulgroente, neute, vis, gaar vars vrugte en proteïenvoedsel, blikkieskos en groente, melk ongeopende onverseëlde konfyt ingemaakte voedsel en brood 57
Droë berging Stoorplek koel, donker, droog, goed geventileer en skoon. Oppervlakke glad vir maklike skoonmaak. Temperatuur onder 21 °C Riglyne vir droë berging: Ø geen krummels, oop pakkies wat insekte en muise kan lok nie Ø oopgemaakte produkte in lugdigte, deursigtige houers berg – maklik sigbaar en beperk miet vorming Ø nuwe aankope agter in kas “first in, first out” 58 Ø gebruik voor vervaldatum
Koelkasberging Ø Hou temp. tussen 0 °C en 4 °C Ø Moenie koelkas oorvol maak – belemmer lugsirkulasie en voedsel word nie koud genoeg gehou nie Ø Deur nie onnodig oopmaak – warm lug verhoog die koelkas se temperatuur Ø Warm voedsel eers afkoel voor in koelkas plaas Ø Vee dadelik skoon as iets in koelkas gemors het om bakteriese groei te voorkom Ø Gooi voedsel waarvan bergingstyd verstryk het, dadelik weg 59
Riglyne vir koelkasberging: Ø Bedek voedsel/plaas in houers om uitdroging te voorkom Ø Sterk gegeurde voedsel in lugdigte houers sodat ander voedsel nie geure absorbeer nie Ø Oorskietkos in deursigte houers sodat maklik kan sien Ø Hoogsbederfbare voedsel soos vleis, spekvleis en wors op koudste rak geberg – hoogste rak want koue lug styg mos op! Ø Slaaibestanddele in broslaai geberg waar dit nie so baie koud is nie Ø Bottels melk en koeldrank kan in deur geberg word – 60 maar moenie oorlaai
Vrieskasberging Ø Doeltreffendste by temp. van -18°C of laer Ø Verseël pakkies dig om vriesbrand te voorkom Ø Merk pakkies duidelik met inhoud, porsies en datum Ø Organiseer voedsel soort by soort en pak netjies Ø Plaas nuwe pakkies onder of agter items wat reeds daar is in om seker te maak dat oudste voedsel eerste gebruik word Ø Koel voedsel eers in koelkas af voor in vrieskas plaas om vrieskastemperatuur nie te laat styg nie Ø Moenie voedsel weer vries nadat dit ontdooi het nie Ø Ontdooi voedsel in koelkas en nie by kamertemperatuur nie 61
Berging sonder ‘n koelkas Ø Plaas voedsel in koel, droë omgewing soos ‘n kelder Ø Wortelgroente kan in die grond bewaar word en vleis sal langer hou as dit met ‘n laag vet bedek word Ø In landelike gebiede word melk dikwels in kleipotte bewaar Ø Vrugte en groente, vleis en vis kan gedroog word 62
TEN SLOTTE PAS DIE BEGINSELS VAN HIGIËNIESE, HANTERING EN BEDIENING VAN VOEDSEL TOE – IN DIE KLAS, JOU HUIS EN EENDAG IN JOU ONDERNEMING! VOEDELVERGIFTIGING IS GEVAARLIK! 63
- Slides: 63