Universiteit Leiden November 2011 Ronelda Kamfer die teks
Universiteit Leiden November 2011 Ronelda Kamfer: die teks binne die konteks Louise Viljoen
Besprekingspunte 1 Ronelda Kamfer: bundels 2 Verskillende kontekste: SA geskiedenis Groepsgebiedewet Swart Afr letterkunde 3 Oor Swart Afr letterkunde en Bruin identiteit 4 Bruin skrywers en Afrikaans / Kamfer en Afrikaans 5 Bruin skrywers en ras, plek / Kamfer en ras, plek
1 Ronelda Kamfer: Eerste gedigte in Nuwe stemme 3 (2005) Debuutbundel: Noudat slapende honde (2008) – literêre prys: Eugène Marais-prys vir debute 2009 Tweede bundel: grond/Santekraam (2011)
2 Verskillende kontekste Suid-Afrikaanse geskiedenis van rasseskeiding: kolonialisme (Nederland en Brittanje) / Apartheid • Vgl motto uit werk van Walcott: I’m just a red nigger who love the sea, I had a sound colonial education, I have Dutch, nigger, and English in me, and either I’m nobody, or I’m a nation… “The Schooner’s Flight”- Derek Walcott Groepsgebiedewet van 1950 (veral verskuiwing van Bruinmense uit sentraal Kaapstad na woonbuurte op Kaapse Vlakte: bendekultuur, armoede, familiegeweld, dwelmmisbruik) Swart Afrikaanse letterkunde: die tradisie waarbinne Ronelda Kamfer se werk gelees kan word
3 Oor Swart Afr letterkunde en Bruin identiteit Iets oor Afrikaans: • Ontwikkel in SA uit Nederlands van setlaars, Maleis van slawe, Kreools-Portugees van matrose, inheemse taal Khoi, ook elemente van Duits, Frans, Arabies, verskillende Afrika-tale en Engels • Naam “Afrikaans” suggereer ‘inheemsheid’ (van Afrika) • Taal se geskiedenis: Bruin sprekers lewer belangrike bydrae tot ontwikkeling van die taal, aanvanklik nie erken nie – taalgeskiedenis herskryf vanaf 1970 s • Ambivalente status: onderdrukkerstaal vanweë assosiasie met Afrikanernasionalisme se ekskluvistiese en onderdrukkende beleidsrigtings; taal van politieke verset - meer as die helfte van die taal se sprekers Bruinmense - tegelykertyd die taal van onderdrukker en onderdrukte
Die begrippe “Swart Afrikaanse skrywer” en “Swart Afrikaanse letterkunde”: • Term verwys na skrywers van gemengde afkoms (Bruin) wie se moedertaal Afrikaans is en wat Afrikaans kies as medium van artistieke uitdrukking • Talle van hulle verwerp die terme “Kleurling” (“Coloured”) of “Bruinmens” – roep rasse-kategorieë van Apartheid op • Hierdie skrywers kies die polities-inklusiewe term “swart”: dit verwerp Apartheid se raskategorieë en ondermyn etikette van onderdrukking – sluit aan by “coloured rejectionism” van Non. European Unity Movement (NEUM) in 1970 s en United Democratic Front (UDF) in 1980 s wat werk vir ’n nie-rassige Suid-Afrika • Term bring solidariteit tussen Afrikaanse skrywers wat uitgesluit was van wit Afrikaanse bevoorregting – die “swart Afrikaanse skrywer” gekonstrueer as ‘n nie-Afrikaner, Afrikaanssprekende, nie-hegemoniese skrywer
• Term suggereer marginalisering binne kanon van Afr letterkunde – Willemse: “onsigbare grense” tussen swart Afrikaanse skrywers en hoofsaaklik wit Afrikaanse literêre tradisie – die ideaal sou wees om rasse-kategorieë te laat vaar, maar dis nodig omdat ras en etniese affiliasie so ’n belangrike rol gespeel het in geskiedenis van Afr letterkunde • Term gebruiklik in akademiese diskoers – drie kongresse in 1985, 1995 en 2005 – twee publikasies: Swart Afrikaanse skrywers (Smith, Van Gensen en Willemse, 1985) en Die reis na Paternoster (Willemse, Hattingh, Van Wyk en Conradie, 1997) • Skrywers meer ambivalent as die akademici hieroor: skrywers soos A. H. M. Scholtz and E. K. M. Dido verkies die term “Bruin” - S. P. Benjamin, Kirby van der Merwe: Afrikaanse skrywers – Ronelda Kamfer selde eksplisiet oor die term, wel deeglik teenwoordig in haar werk
Bruin identiteit • Dus: sensitiwiteite rondom term “Bruin” of “ Coloured” • Term keer terug in diskussies oor Bruin identiteit (Coloured identity) na 1994 - byvoorbeeld: – Zoë Wicomb: ondersoek “the textual construction, ethnographcial self-fashioning and political behaviour of coloureds in South Africa”, maar argumenteer teen “a totalizing colouredness” – Zimitri Erasmus: argumenteer vir siening van “Coloured identity” as “cultural identities comprising detailed bodies of knowledge, specific cultural practices, memories, rituals and modes of being” – Mohamed Adhikari: ondersoek hernude opkoms van “colouredism” in die 1990 s – argumenteer teen siening dat rasse-vermenging die essensie van bruin identiteit is – beklemtoon kompeksiteit en “agency” van Bruinmense
4 Swart/Bruin Afrikaanse skrywers taal en ras in SA: Weer Afrikaans: • Afrikaans verloor na 1994 bevoorregte status as een van 2 amptelike tale, word een van 11 amptelike tale – Engels lingua franca van ‘n veeltalige SA • Verskillende reaksies van Afrikaanse skrywers: opwinding oor weerloosheid van taal (Krog), skuldgevoelens oor verlede, woede oor verlies van amptelike funksies, vrees dat taal sterf (Breytenbach) • Bruin skrywers het komplekse verhouding met Afrikaans: hulle moedertaal, maar ook taal waarin hulle gemarginaliseer is – Kamfer skryf hieroor in haar gedigte • Verskillende soorte Afrikaans: Standaardafrikaans, spreektaalvariante, Kaaps bekend gemaak deur Adam Small in 1960 s - hy skryf in 1972: “Kaaps is nie ’n grappigheid of ’n snaaksigheid nie, maar ’n taal”
Voorbeeld van Small se Kaaps: Kô, lat ons sing [zoek zelf de tekst]
Bruin skrywers oor Afrikaans – enkele voorbeelde: • Diana Ferrus (Ons komvandaan, 2005): Afrikaans as taal van versoening, pleidooi vir veeltaligheid in SA • Clinton V. du Plessis (gedigte, talk show hosts & reality shows, 2009): vrees oor voortbestaan van Afrikaans in gedig op patroon van Ingrid Jonker se “Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga” – kind protesteer teen ouers (moeder wat van die struggle is, vader geassosieer met onderdrukking) – taal nie dood, wel “tenger en weerloos”, geïgnoreer in SA – Du Plessis verbitterd oor marginalisering van swart Afrikaanse skrywers, onttrek hom in artikel: “Fokofafrikaans, ’n swanesang” (2010) • Peter Snyders (Tekens van die tye, 2002) – gebruik Kaaps (spreektaal van bruinmense aan die Kaap) - noem sy vorm van Afrikaans die “moedertaal se basterkind” - voel dat sy gebruik van die taal hom buite die hoofstroom laat en van hom ’n “volklose mens” maak
• Loit Sôls (My straat en anne praat-poems, 1998) – gebruik niestandaard-variant wat hy “Goema” noem: ’n mengsel van Afrikaans en “Ingels” [Engels], “Mingels” : – Ek laik Ingels ma’ ek prefer Mingels. Afrikaans oek ma’ my tong soek: sy roots het anne soot stingels. – “Goema II” (Die faraway klank vanne hadeda, 2006): taal gee gevoel van vryheid en maak kommunikasie, kontak met mense moontlik
Ronelda Kamfer en Afrikaans: • Skryf nie in Kaaps nie - hieroor sê sy: “Kaaps het comic relief vir mense geraak; as iemand ’n joke wil vertel, is dit altyd in Kaaps. Dis baie irriterend, want die manier waarop ek skryf, is my manier van praat. Dis nie ’n grap nie; dis reality. En ek sal nie daarvan hou as dit ge-pigeonhole word nie, ingeboks word nie. ” • Haar tipies van haar leeftydgroep, enkele eiesoortige woorde en heelwat Engelse leenwoorde • Vgl ook Krog & Schaffer (redakteurs Nuwe stemme 3): “die bekende, gebrandmerkte Engfrikaans wat digters toelaat om op ’n natuurlike manier tussen tale en dialekte, tussen die internet en massamedia te vleg en sodoende die eenvoudige praattaal van die jeug ook die taal van hulle gedigte te maak. Dit is ’n Afrikaans waarvan die Engelse woorde nie in kursief verskyn nie, maar ingesluit deel van die brei van Afrikaans vorm wat skrynende ondertone met ironie bedek”.
• “Kuns en culture” in Nuwe stemme [New voices] in 2005 – vgl slotstrofes: […] dis weird hoekom ek skaam is vir ‘n taal wat ek praat dis even nog meer weird dat ek en my vriende nooit na die “kultuur”-events toe genooi word nie [zoek zelf de twee laatste] • “vergewe my maar ek is Afrikaans”: neem haar identiteit as Afrikaans-sprekende terug van dié wat haar vantevore daarvan uitgesluit het
Vergewe my maar ek is Afrikaans [staat in haar bundel]
Ras en plek in huidige SA • Feitlik al die bundels deur Bruin skrywers na 1994 verwys na ras – temas: die marginalisering van Bruinmense in apartheid- en postapartheid Suid-Afrika, negatiewe rasse-stereotipering, herevaluering van vergete geskiedenisse, psigologiese trauma van rasse-diskriminasie Enkele voorbeelde: • Peter Snyders (Tekens van die tye) - “ons wil ’n bietjie kleur / innie wit en swart riënboog sit” (“Monochrome riënboognasie”) • Marius Titus (Genesing in vuil water) - kleur bruin afwesig uit reënboognasie (“Reënboognasie”) • Floris Brown (Die woudmaker): Bruinmense beskryf as “die nêrens volkie” en “die tussenin” volkie” na 1994 • Loit Sôls’ (My straat en anne praat-poems) - beskuldig “dr whitemind” dat hy Engels en Afrikaanse kultuur op hom afgedwing het en sy geskiedenis onderdruk het (“Wierre fok is ék han”) -
• Loit Sols (Die faraway klanke vanne hadeda) –trots op eie inheemse identiteit , positief oor nuwe SA - herroep die kultuur van inheemse volke in die gedig “moet trots” • Diana Ferrus (Ons komvandaan) - gedig vir voormoeder: “Vir Sara Baartman” – huldig haar slawe-afkoms in “Ons komvandaan” – positief oor nuwe bedeling, sien haarself as as Suid-Afrikaans in die gedig “Na tien jaar”
Ras en plek in Ronelda Kamer se Noudat slapende honde: • Ras en plek/ruimte ten nouste met mekaar verbind in die SA geskiedenis – op grond van jou ras is ’n spesifieke ruimte aan jou toegewys binne die koloniale en later ook die apartheidsbestel (lg. veral berug vir die strak uitvoering van die Groepsgebiedewet) • Twee ruimtes in Kamfer se werk – sekere outobiografiese elemente: – Plaasruimte waar sy grootgeword het by haar ouma, Grabouw-omgewing: bv “die baas van die plaas”, “Die storie van Klonkies” – Stadsruimte: woonbuurt met allerlei maatskaplike probleme (“’n gewone blou Maandagoggend”), bendegevegte ( “Klein Cardo”), gesinsgeweld (“die huisvrou”, “hoe seer is seer”, “Pick ‘n Pa”), dwelmmisbruik en selfmoordpogings (“OD 1”, “OD 2”)
• Kwessie van ras speel ‘n belangrike rol in haar werk - gedigte wys veral op psigologiese koste van SA se geskiedenis van rasse-diskriminasie: – “Waar ek staan” – “Noudat slapende honde” – “ek soek ‘n goue sterretjie”
- Slides: 20