TAALTOETS AFRIKAANS HUISTAAL Kom ons kyk hoe slim

  • Slides: 3
Download presentation
TAALTOETS AFRIKAANS HUISTAAL

TAALTOETS AFRIKAANS HUISTAAL

Kom ons kyk hoe slim het jy in “Grendeltyd” geword! ◦ 1. Dié seuntjie

Kom ons kyk hoe slim het jy in “Grendeltyd” geword! ◦ 1. Dié seuntjie het my boek gevat. ◦ Verduidelik wat die funksie van die akuut in hierdie sin is. ◦ 2. Gee ‘n antoniem vir die woord (buitengewoon). ◦ 3. Identifiseer die spelfoute in die volgende sin: ◦ Die manekyn in die winkel venster het ‘n intresante serp om haar nek. ◦ 4. Verbind die volgende TWEE sinne deur gebruik te maak van ‘n voorsetsel. ◦ Jan het nie die jaar deurgekom nie. ◦ Jan leer nooit nie!

Kom ons kyk hoe slim het jy in hierdie “Grendeltyd” geword: ◦ 5. Herskryf

Kom ons kyk hoe slim het jy in hierdie “Grendeltyd” geword: ◦ 5. Herskryf die volgende sin in die indirekte rede: ◦ Jan sê: “Ek het nie nodig om te leer nie, ek was laasjaar ook in graad 11. ” ◦ 6. Lees die volgende sin: ◦ Jan lei vir Piet ook van die wal af in die sloot. ◦ Gebruik nou die woord “lei” se homoniem in ‘n sin. ◦ 7. Herskryf die volgende sin in die ontkennende vorm: ◦ Iemand het vir Jan vertel dat hy moet leer. ◦ 8. Skryf die onderstaande sin in die direkte rede: ◦ Jan het gesê dat hy sy skooltas die volgende dag by die huis gaan los. ◦ 9. Is die woord (skooltas) ‘n samestelling of ‘n samestellende afleiding? ◦ 10. Benoem die ONDERWERP, VOORWERP en WERKWOORD in die onderstaande sin: ◦ Jan eet drie appels per dag!