SPELETJIES BYBEL WAT IS DIE KONNEKSIE INSTRUKSIE Wat
SPELETJIES BYBEL: WAT IS DIE KONNEKSIE?
INSTRUKSIE: Wat is die konneksie is 'n lekker dinkspeletjie waar twee name uit die bybel gegee word en jy moet raai wat die konneksie tussen hulle is.
NEHEMIA EN ESRA Nehemia was Goewerneur, en Esra Priester tydens die herbou van Jerusalem se muur.
ABRAHAM EN LOT Abraham was Lot se Oom gewees.
SAUL EN DAWID Saul was Dawid se Skoonpa gewees.
JAKOB EN ESAU Hulle was ‘n tweeling gewees.
RAGEL EN LEA Hulle was susters en ook Jakob se 2 vrouens gewees.
MARTA EN MARIA Hulle was Lasarus se twee susters gewees.
JESUS EN JUDAS Judas het Jesus verraai.
JESUS EN PETRUS Petrus het Jesus verloën, en ook op die water na Hom toe geloop.
JESUS EN PILATES Pilates het Jesus gevonnis om gekruisig te word.
PAULUS EN STEFANUS Paulus het die mense se goed opgepas, terwyl hulle Stefanus gestenig het.
JESUS EN BARRABAS Jesus was in sy plek gekruisig
SAMUEL EN SAUL Saul was die 1 ste Koning van Israel wat Samuel gesalf het.
ELIA EN JESEBEL Elia was die Profeet wat Jesebel se Baäl profete laat doodmaak het.
SIMSON EN DELILA Delila het Simson verlei om haar die geheim van sy krag te vertel.
DAWID EN GOLIAT Dawid het Goliat met ‘n klippie doodgegooi.
JOSEF EN MARIA Hulle was Jesus se aardse ouers gewees.
AARON EN MIRIAM Hulle was Moses se broer en suster gewees.
MOSES EN JETRO Jetro was Moses se Skoonpa gewees.
REBEKKA EN LABAN Laban was Rebekka se Pa gewees.
ANANIAS EN SAFFIRA Hulle was die man en vrou wat God laat dood neerslaan het, omdat hulle oor geld gelieg het.
MOSES EN JOSUA Josua het Moses opgevolg.
SEM, GAM EN JAFET Hulle was broers gewees, en die seuns van Noag.
ESTER EN MORDEGAI Mordegai was Ester se Oom gewees.
MORDEGAI EN HAMAN Haman wou Mordegai laat ophang aan ‘n galg wat hy vir hom laat bou het
MOSES EN ELIA Hulle was saam met Jesus op die berg van Verheerliking gewees
MOSES EN DIE FARAO Hulle het saam grootgeword as broers.
PETRUS EN ANDREAS Hulle was Jesus se dissipels gewees, en ook broers.
JAKOBUS EN JOHANNES Hulle was Jesus se dissipels gewees, en ook broers.
ELISA EN GEHASI Gehasi was die profeet Elisa se slaaf gewees.
SADRAG, MESAG EN ABEDNEGO Hulle was Daniël se drie vriende gewees.
- Slides: 32