Sny die anker Die storm is hier Eens



























































- Slides: 59
Sny die anker Die storm is hier!
Eens was daar manne op die mure. . .
Kontak!
Boerseun, boerperd – Afrika in hul bloed
Warm op die spoor
Spring die geveg in
Laas jaar 18, nou in bevel van 4
Nog 3 weke dan gaan ek huis toe
Sy ouers weet eers more
Gister is sy tweede gebore wens hy was daar
Ons wag vir die bevel – “aan boord!”
Nou is daar nie eers meer mure om ons stad nie. . .
Dis nou ‘n groot gemors, ons lewens, ons toekoms… Waar is die dae wat ons kinders in strate kon loop, ons volk kon werk sonder benadeling, ons ou mensies in goeie fasiliteite versorg kon word… Die valbyl hang elke oomblik oor ons koppe – misdaad, bankrotskap, oorlog…
Net een geslag!
Blaam – dis iemand se skuld Hoër blaam – die verraaiers, die Vrymesselaars, die geldmag - die duiwel Laer blaam – die wat dit moes keer; vorige geslag, ons pa’s, ons mans, ons dominees, die SAPS & SAW
Blaam – die leun help vinger wys Geen vingers na verraaiers, geen blaam na die wêreldmag, geen ontbloting van die sameswering nie – die volle las op die skouers van die vaders en pa’s. Die wat hul verantwoordelikheid in goeder trou gedelegeer het, kry nou die volle blaam – die vorige geslag, soldate van gister in die beskuldigdebank.
Laer blaam - ‘n Fees vir die vyand Kinders (nuwe generasie) L E E D R Verlies aan vryheid, bywonerskap, slawe, skuld SKULD E V Vaders (vorige generasie)
Julle gebrek is jul vaders se skuld
Ons “slegte” mans Hul het nie hul taak gedoen – priester in hul huis, bewaker van ons toekoms – waar is al die “dapper” mans van gister? Maar hul blink darem uit in: • sang – “maak die bulle almal bokke” • uithouvermoë – op die golfbaan • voorsiening – van genoeg vermaak om die ledige gesinstyd te vermy • vriendskap – met “pelle” by die werk, kroeg of klub • geloof – in die hoop dat die Lotto eendag sy nommer sal speel • getrouheid – om die geheime in sy lewe van sy vrou te versteek • kennis – oor die nuutste en beste maniere om geld te maak En hul staan nie heeltemal koud teenoor geloof nie – hul gaan gewoonlik saam met die gesin kerk toe Sondag, of ten minste laai hul die kinders by die Sondagskool af sodat hul iets kan leer van God.
Ons vaders het groendruiwe geëet Esg 18: 1 Verder het die woord van JAHWEH tot my gekom en gesê: Esg 18: 2 Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?
Skuld – die stille moordenaar Dit kan nie lekker wees om saam te lewe met onbeantwoorde vrae, verwyt, agterdog, teleurstelling – om saam te leef met die stem wat sê: na al die jare, al diens, al die toewyding, laat ek my kinders DIT erf?
Ons leer iets uit ‘n sprokie
Sprokie-tyd
Die sprokie van ‘n land vêr-vêr van hier Een dag lank-lank gelede In ‘n land vêr van hier Het ‘n vyand met ‘n bose plan Opgetrek teen stad se muur Die mure om die stad was hoog Heeltemal bo die wolke-boog Onsigbaar onder was die grond En wat deur stadpoort kom of loop daar onder rond Maar die manne wat daar bo moes veg Het hul vertroue gestel in ander wat weet wat’s reg Terwyl hul veg en seer daar kry Sal prins en priester onder in die stad eerbaar bly (het hul gedink) “As ons nie slaag om hier te wen” Sê die manskappe wat mekaar versterk Sal hierdie bose vyand kom En ons kinders soos slawe aan laat werk Ons veg dus vir ‘n toekoms! Vir my kinders en my ouers en my God Vir lewenswyse wat ons ken Waar kinders hoop het, vrede wen
Ons is aan die wen, staan sterk daar bo op die mure! Wyl ons hier bo op stadsmuur hou En ons op prins en priester onder in die stad vertrou Kan niks ons kelder, niks ons wen By dit alles omdat ons God ken. Ons hoor hoe prins en priester roep Daar van onder uit die stad Hul sê: Veg voort, ons is aan wen Hul sê: Glo in priesters wat God ken En ons, ons verlang na huis Na tyd met kinders, by ouers, by vrou Maar dis ons offer wat ons bring Om hul toekoms oop te hou. Ek loop regop, vuur en vlam Ek is ‘n stryder, eks ‘n man Watter mens sou die las kon dra Was dit nie vir Gods gena
Kom af, die oorlog is verby! Daar is rumoer onder in die stad Iemand het die poort vir die vyand oop gelaat Hul, die prinse en die priesters saam Roep met vreugde voor hul uit Hul kyk na bo, na ons op mure Hul skel en vloek en spuug na ons Die prinse en die priesters sê: Dis die mans – met Judas kus. Aan ons kinders word vertel: Jul vaders is verantwoordelik vir jul hel Hul dade, hul skande, en hul vlek Sal jul volg tot die dood of tot jul oorsee vertrek So veel vir waarheid, so veel vir God Als wat ons glo is vals, als wat ons hoop vervloë En almal stem saam, die skares beaam Ons kinders verwyt ons, ons volk het vergaan
Lewe vir vandag, verlore geslag! Al wat nou oor is wat ek nog kan glo Is dit wat ek sien, en dit wat ek het Vergeet al die nonsens van God en van hoop Dit was alles stories, deur priesters verkoop Nou soek ek na vreugde, of wat ek kan kry Ek woeker met dinge wat reik maak vir my Al wat ek het, is die hier en die nou Al wat ek is, is sigbaar vir jou. Hoe groot die val van hul wat eens was Ons vaders en helde, ons wagters en mans Hul gisters vergaan, verslane vandag Gevolg deur hul kinders, verlore geslag
As alles waarin jy geglo het, vals was. . almal sê so, dan is dit seker so. . . . dan glo ek nooit weer in iets. . . . wie sê more bestaan! Ek glo dit nie.
As die priester jok, kan jy God glo? As die prins verraai, kan jy nog glo in jou ouers? As ontrouheid vereer word, is daar nog sin in vertroue, nog waarde in waardigheid? As jou werklikheid vals geword het, wat is die logika in volharding in hoop op ‘n ewigheid wat nie gesien kan word nie…. wat is die waarheid – is daar so iets? lewe nou net vir nou! Alles is tevergeefs gewees –
Waar was die manne se Achilles?
Die dominee weet, die regering dra ons belange op die hart… Fil 2: 12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk en bewing; Fil 2: 13 julle eie heil uit met vrees want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. Fil 2: 14 Doen alles sonder murmurering en teëspraak, Fil 2: 15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, Fil 2: 16 deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot ‘n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.
Man - omdat jy die belangrikste take aan ander gedelegeer het, het jy (en ons volk) kwesbaar geword……naak bevind
2 Ko 5: 3 as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie (maar ons was geestelik naak, in ARMY uniform).
Nou dobber hul rond soos proppe, die manne van gister
Anker toue los gesny
Jy’s dood as jy nie: • Enjinkrag • Stuurman het nie.
Oop see toe!
Party reken dis goed hier in die hawe sonder anker. .
Dis nie so erg in die Nuwe SA nie – as mens eers aangepas het is daar ‘n beter toekoms…. Wat net bewys dat ons heeltemal onnodig vir so lank vasgehou het aan iets wat nie kon bly nie – apartheid, blanke regering.
Wanneer jy los bo…. …is die val nie seer nie – op die ergste iets om aan gewoond te raak. Maar as jy eers aangepas het, kan jy amper normaal lewe. Dan is dit nie ‘n goeie tyd om te wonder hoekom jy dan met so veel moeite gestry het om vas te hou bo nie.
Die werklikheid kom eers met die trefslag onder! Moenie hul glo wat sê dat die vashou verniet was nie – wanneer ons eendag onder tref, sal almal weet dit was beter om vas te hou, al was dit stryd. Dan is die profete, priesters en prinse wat geroep het “los, los die greep daar bo” openbaar vir wat hul is, en aan hul sal nie meer gedink word nie. Dan is die wat probeer vashou het, teen hoop op hoop, die aangename gedagtenis, die manne van eer.
Hier in Suid Afrika …hier Suid van die riviere van Kus, hier val ons nog – het nog nie die bodem getref nie. Maar dit kom nader, teen terminale spoed – kyk af en sien die bodem… …kyk op en sien die Rots waar jul eens vasgehou het…. en weet dit was reg om vas te hou.
Net toe die vyand dink hy het oorwin. . .
Uit die hawe uit! Luk 5: 4 En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: Vaar uit na diep water en laat nette sak om te vang. Luk 5: 5 julle En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak. Luk 5: 6 En toe hulle dit gedoen het, het hulle ‘n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.
Dit was nodig – om te ontdek dat ons Vader nie ken nie. Psa 119: 56 Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het. Psa 119: 57 Die JAHWEH is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar. Psa 119: 58 Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte. Psa 119: 59 Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse. Psa 119: 60 Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou. Psa 119: 61 Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie. Psa 119: 62 Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge. Psa 119: 63 Ek is ‘n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou. Psa 119: 64 JAHWEH, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge. Psa 119: 65 U het goed gedoen aan u kneg, JAHWEH, na u woord. Psa 119: 66 Leer my ‘n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie. Psa 119: 67 Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord. Psa 119: 68 U is goed en doen goed; leer my u insettinge. Psa 119: 69 Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele. Psa 119: 70 Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet. Psa Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer. Psa 119: 72 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en 119: 71 silwer.
Harte van vaders en kinders weer versoen Mal 4: 5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van JAHWEH aanbreek. Mal 4: 6 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie. Luk 1: 17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei.
Wat sien ons in Suid Afrika gebeur – dit is niks nuut nie.
Die stand Jes 9: 13 Maar die volk bekeer hulle nie tot Hom wat hulle slaan nie, en hulle soek nie JAHWEH van die leërskare nie. Jes 9: 14 Daarom sny JAHWEH van Israel af kop en stert, palmtak en biesie, op een dag. Jes 9: 15 Die oudste en aansienlike, dié is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, dié is die stert; Jes 9: 16 en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en dié van hulle wat gelei word, is op ‘n dwaalweg gebring. Jes 9: 17 Daarom sal die Here oor hulle jongmanne nie bly wees nie en Hom nie ontferm oor hulle wese en hulle weduwees nie; want hulle is almal roekelose mense en kwaaddoeners, en elke mond spreek goddeloosheid. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek. Jes 9: 18 Want die goddeloosheid brand soos vuur; dit verteer dorings en distels en steek die digte takke van die bos aan die brand, sodat hulle in ‘n rookpilaar opstyg. Jes 9: 19 Deur die grimmigheid van JAHWEH van die leërskare staan die land in vlamme en het die volk geword soos ‘n prooi van die vuur; die een spaar die ander nie. Jes 9: 20 En hulle byt na regs en het honger; hulle vreet na links en word nie versadig nie; hulle eet elkeen die vlees van sy eie arm: Jes 9: 21 Manasse vir Efraim, en Efraim vir Manasse, en hulle saam is teen Juda (verdeeldheid onder mekaar). Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
Die wat volhard – daar's hoop Jes 3: 10 Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet. Jes 3: 11 Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word. Jes 3: 12 Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle (die mans is nie op hul plek nie). o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ‘n dwaalweg gemaak. Jes 3: 13 Die JAHWEH staan daar om ‘n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.
Die stok sal gebreek word Jes 10: 3 Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre? Jes 10: 4 Hulle kan net maar buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek. Jes 10: 5 Wee Assur! die roede van my toorn en ‘n stok is hy—in hulle hand is my grimmigheid! Jes 10: 6 Ek sal hom stuur teen ‘n roekelose nasie, en Ek sal hom bevel gee teen die volk van my grimmigheid, om buit te maak en roof in te samel en om hulle tot ‘n vertrapping te maak soos modder van die strate. Jes 10: 7 Maar hy (Asur) bedoel dit nie so nie, en sy hart dink nie so nie; maar om te verdelg, is in sy hart, en om nasies uit te roei, nie min nie. Jes 10: 15 Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek? Asof ‘n staf húlle swaai wat hom ophef, asof ‘n stok hóm ophef wat nie hout is nie! Jes 10: 16 Daarom sal die Here JAHWEH van die leërskare onder sy vettes ‘n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy ‘n brand laat uitslaan soos die brand van vuur. Jes 10: 17 En die Lig van Israel sal ‘n vuur wees, en sy Heilige ‘n vlam; en dit sal sy distels en sy dorings verbrand en verteer op een dag. Jes 10: 12 Maar as JAHWEH al sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë. Jes 10: 13 Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos ‘n maghebber neergewerp.
Die einde sal nie teleurstel nie Jes 10: 20 En in dié dag sal die oorblyfsel van Israel en die wat ontvlug het van die huis van Jakob, nie meer voortgaan om te steun op hom (die verdrukker) wat hulle slaan nie; maar hulle sal steun op JAHWEH, die Heilige van Israel, in opregtheid. Jes 10: 21 Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe. Jes 10: 24 Daarom, so sê die Here JAHWEH van die leërskare: o My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie. Jes 10: 25 Want nog ‘n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om húlle te vernietig. Jes 50: 8 Hy is naby wat My reg verskaf. Wie wil met My ‘n regsaak begin? —laat ons saam optree! Wie is my teëparty? —laat hom nader kom na My toe! Jes 50: 9 Kyk, die Here JAHWEH help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos ‘n kleed; die mot sal hulle eet. Jes 50: 10 Wie is daar onder julle wat JAHWEH vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? —laat hy vertrou op die Naam van JAHWEH en steun op sy God!
‘n Nuwe besef, terugkom, herstel Jer 31: 21 Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou! Jer 31: 22 Hoe lank sal jy bly aarsel, o afkerige dogter? Want JAHWEH het iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou sal die man beskerm. Jer 31: 23 So sê JAHWEH van die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander: Mag JAHWEH jou seën, o woning van geregtigheid, heilige berg! Jer 31: 24 En Juda en al sy stede sal daarin woon, almal saam; die landbouers en die wat met troppe vee rondtrek. Jer 31: 25 Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek. Jer 31: 26 (Hierop het ek wakker geword en opgekyk, en my slaap was vir my soet. ) Jer 31: 27 Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH, dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere. Jer 31: 28 En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek JAHWEH. Jer 31: 29 In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword. Jer 31: 30 Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word. Jer 31: 31 Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; Jer 31: 32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek JAHWEH. Jer 31: 33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek JAHWEH: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Jer 31: 34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken JAHWEH; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek JAHWEH; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. Jer 31: 35 So sê JAHWEH wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, JAHWEH van die leërskare is sy Naam: Jer 31: 36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek JAHWEH, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. Jer 31: 37 So sê JAHWEH: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek JAHWEH. Jer 31: 38 Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH, dat die stad vir JAHWEH herbou sal word, van die toring Hanáneël af tot by die Hoekpoort.
Mans, meld aan vir die ware stryd, onder ‘n Prins wat nie gaan teleurstel nie. . . Daardie selfde vasbyt aard – laat dit nou waar word vir jou hervatting van die stryd. Neem jou lewe terug, neem jou gesin terug, neem jou gesag op – TREE AAN vir die ware: “of ons LEWE, of ons sterwe, ons vir JAHWEH, hier in Suid Afrika”
Amen