Skryftekens en Hoofletters Kopiereg 2016 H R Productions





















- Slides: 21
Skryftekens en Hoofletters
Kopiereg 2016 H & R Productions Lisensie kennisgewing Hierdie les is gelisensieer alleenlik vir jou persoonlike gebruik. Hierdie les mag nie herverkoop word nie of weggegee word aan enige ander persoon nie. Indien jy hierdie les graag wil gebruik en jy het dit nie vir jou eie gebruik aangekoop nie, keer terug na www. teachingresources. co. za en koop jou eie kopie. Dankie dat jy die harde werk van hierdie skrywer respekteer. http: //teachingresources. co. za/vendors/h-r-productions/
Wat is skryftekens? Dit is soos : ’n Kappie ^ bv. skêr ‘n Deelteken bv. reën ‘n Koppelteken - bv. lag-lag ‘n Afkappingsteken - bv. foto’s Dit dui vir ons aan hoe ’n woord uitgespreek word en hoe om dit reg te spel.
Die kappie (^) Die kappie word hoofsaaklik gebruik om ʼn klank in ’n oop lettergreep lank te maak: Onthou! ‘n Oop lettergreep is waar die lettergreep op ‘n vokaal eindig! Bv. ge-bo-re
Watter woorde se klanke in oop lettergrepe kan lank gemaak word? êrens = ê - rens wîe = meervoud van wig brûe = meervoud van brug
Die deelteken ( ) Die deelteken dui die begin van ’n nuwe lettergreep aan in woorde soos: beïnvloed = Diëte = be - ïn - vloed di - ë - te By opeenhoping van vokale: koöperasie = ko - ö - pe - ra - sie ö ü ë ï
Die koppelteken (-) Die koppelteken word gebruik om aan te dui dat ons met een woord te doen het, maar dat die dele daarvan nie aanmekaar geskryf kan word nie omdat dit óf verwarrend is, óf die lees kan bemoeilik.
Die koppelteken (-) Opeenhoping van vokale by die vorming van samestellings: rammetjie-uitnek foto-omslag senu-uitputting Aardrykskundige eiename: Suid-Afrika Midde-Ooste Groot-Brittanje Verre-Ooste
Die koppelteken (-) volg Saamgestelde titels: posmeester-generaal direkteur-generaal Luitenant- kolonel Herhalingsamestellings: fluit-fluit nou-nou speel-speel
Die koppelteken (-) volg Koppelteken as weglaatteken: pad- en spoorvervoer Telwoorde met en: drie-en-veertig mans- en dameskoene
Die afkappingsteken (') By die meervouds- en verkleiningsvorme van naamwoorde wat op ’n -i, -o, -u eindig: okapi’s okapi’tjie foto’s foto’tjie balju’s balju’tjie
Die afkappingsteken (') By meervouds- en verkleiningsvorme van naamwoorde wat op ’n beklemtoonde A-klank eindig en met een A gespel word: hoera ma karba hoera’s ma’s karba’s hoera’tjie ma’tjie karba’tjie
Die afkappingsteken (') volg By meervouds- en verkleiningsvorme van letters, syfers en getalle: 3 3’s 3’tjie b b’s b’tjie
Die afkappingsteken (') volg Ter aanduiding dat een of meer klanke nie uitgespreek word nie: g’n as’t ware daar’s (geen) (as het ware) (daar is)
Wat is ‘n hoofletter? Dit word gebruik: Aan die begin van ’n sin bv. : Die eerste woord: Na ’n onbepaalde lidwoord: Ons werk hard. ’n Mens moet hard werk.
Wat is ‘n hoofletter? Vir name van bv. : Mense: Name en vanne: Jannie, Susan Jan-Pierre Pieterse.
Wat is ‘n hoofletter? ’n Aanhef of ’n aanspreekvorm bv. : Geagte Meneer Beste Mnr. Le Roux Geagte Mnr. Botha Geagte Mnr. P. Le Roux
Wat is ‘n hoofletter? Dit word gebruik: Plekke bv. : Gariepdam, Maselspoort Riviere bv. : Oranje rivier, Modderrivier Berge bv. : Drakensberg Dorpe bv. : Welkom, Kimberley Stede bv. : Johannesburg, Kaapstad
Aktiwiteit Vul die kappie, deelteken, koppelteken en afkappingsteken waar hulle ontbreek in. (a) Mara se as dit more reen gaan ons ’n reenboog sien. (b) Tweeuur het hy fluit hier verby gestap. (c) Die mas en pas het hulle kinders se fotos by die skool kom haal. (d) Hy het kort sy oe gevryf.
Aktiwiteit Vul die korrekte hoofletters in. (a) mnr. d. mofokeng van dewetsdorp gaan die pakkie kom haal. (b) ’n mens moet versigtig wees as jy deur johannesburg se strate ry.
http: //teachingresources. co. za/vendors/h-r-productions Hi Ele, nou kan ons lekker briewe skryf! Kom ons gaan na die volgende les. . .