SKEPPENDE KUNS Hersiening Kwartaal 1 Drama BELANGRIKS TE
SKEPPENDE KUNS Hersiening Kwartaal 1 Drama
BELANGRIKS TE DRAMAVAAR DIGHEDE: Die eerste vaardigheid by drama wat belangrik is, is ontspanning! • Jy sal nie kan optree as jy gespanne is nie, omdat die hele liggaam se spiere laat saamtrek en dan is voldoende asemhaling nie moontlik. • As jy ontspanne is sal jou longe meer lug kan inneem wat beter projeksie en spraak tot gevolg het. • Jou bewegings sal ook van nature dan beter wees.
ASEMHALI NG: Dit is belangrik om te weet wat die korrekte manier van asemhaling is! Wanneer jy vir n persoon kyk en hulle skouers beweeg op en af, dan haal hulle nie reg asem nie. • Korrekte asemhaling begin by die diafragma wat onder jou longe sit. • Jou borskas vergroot en verklein as jy asem haal.
RESONANSIE: Resonansie beteken om klank harder te maak!
RESONANSIE: Onthou! Ek het gesê dat resonansie soos n kitaar werk. Die bok is hol, en die doel is om die klank wat die snare maak harder te maak. Net so het jy ook sekere leegtes in jou lyf wat daar is om klanke harder te maak. • Keelholte • Mondholte • Kopholte • Neusholtes • Rugholtes • Borsholtes
ARTIKULASIE: Hierdie handel oor he duidelik iemand praat. As jy nie kan hoor wat iemand sê nie, dan artikuleer hulle nie goed nie. Jou belangrikste artikulator is jou tong! Jy gebruik ook jou tande, lippe, verhemelte en neus.
IMPROVIS ASIE: Toneeltjie met spraak: • Enige toneel of aanbieding is gegrond op die hantering van n konfliksituasie. • Die konflik veroorsaak spanning en dit lei tot n klimaks in die storie.
VERLOOP VAN ENIGE VERHAAL OF TONEEL: Klimak s Ontknoping/Afloo p Begin van verhaal/Inleidin g Slot
DELE VAN N STORIELY N: Inleiding: Waar, wie, wanneer, wat Kimaks: Grootste gebeurtenis in die storie (gewoonlik konflik) Ontknoping: Oplossing van die situasie
SOORTE VERHOË: Prosceniumboog: • Mees algemeen • Stoele is aan een kant en die verhoog aan die ander • Vleuels, spasie langs die verhoog om in te beweeg
Teater in die rondte (arenaverhoog) • Mense sit in n sirkel of vierkant om die area van optrede • Karakters speel in verskillende rigtings • Geen vleuels SOORTE VERHOË:
Tongverhoog: • Hierdie is n kombinasie van die eerste 2 verhoë • Beplan blokkering goed sodat rûe nie wys nie SOORTE VERHOË:
SOORTE VERHOË: Oop verhoog: • Geen vleuels • Soos in klaskamer
- Slides: 13