Skakel die luidsprekers aan KLIEK OM VOORT TE

  • Slides: 14
Download presentation
♫ Skakel die luidsprekers aan! KLIEK OM VOORT TE GAAN Kopiereg © 2010 Tommy's

♫ Skakel die luidsprekers aan! KLIEK OM VOORT TE GAAN Kopiereg © 2010 Tommy's Window. Alle Regte Voorbehou

--deur Keith Phillips

--deur Keith Phillips

Teen die tyd dat Jesus se liggaam van die kruis afgehaal is, het Hy

Teen die tyd dat Jesus se liggaam van die kruis afgehaal is, het Hy gely onder die mees wreedste manier van teregstelling ooit. Sy rug en sye was oortrek met diep snye as gevolg van die geseling. Daar was gate deur Sy hande en voete van die spykers wat Hom aan die kruis vasgepen het, en daar was ‘n gapende gat in Sy sy deur ‘n spiessteek verby Sy hart. Kleiner wonde as bewys van die ander deel van die marteling—gate van ‘n doringkroon om met Hom te spot en skraapwonde toe Hy geswig het onder die gewig van die kruis al sukkelende teen die koppie bekend as hoofskedel uit, waar Hy gekruisig is tussen twee gewone misdadigers.

Die owerhede het Jesus se liggaam vir die ryk man, Josef van Arimatea gegee.

Die owerhede het Jesus se liggaam vir die ryk man, Josef van Arimatea gegee. In ag genome dat Josef ‘n lid was van die Joodse Raad, die Sanhedrin, wat die vals aanklagte teen Jesus ingebring het, sou ‘n mens verwag dat Josef onder Jesus se vyande getel het en nie Sy vriende nie. Meer interessant is dat Josef Jesus in die nuwe graf wat hy vir homself gekoop het wou begrawe. Die liggaam was in doeke toegedraai en in die graf geplaas, en die toegang is verseël met ‘n groot klip. Vrees dat Sy dissipels in die nag Sy liggaam sou steel en gerugte versprei dat Jesus lewe, het diegene wat Sy dood bewerkstellig het die owerhede oorreed om dag en nag wagte by die graf te plaas.

Omdat Jesus gekruisig is op die vooraand van die Pasga, was daar nie tyd

Omdat Jesus gekruisig is op die vooraand van die Pasga, was daar nie tyd om Sy liggaam volgens die Joodse tradisie voor te berei voor Hy begrawe is nie. Die Pasga is gevolg deur die weeklikse Sabbat, en enige werk op enige van die twee dae was teen die Joodse wet, daarom was dit eers teen die einde van die derde dag dat sommige van die vroulike volgers van Jesus na die graf kon terugkeer om Sy liggaam voor te berei vir die begrafnis. Toe hulle daar kom was die liggaam weg. Dit het ontmoetings deur Sy dissipels met die opgestane Jesus geverg om te verstaan wat gebeur het.

Jesus se vyande het wal gegooi met die mees logiese verduideliking vir die meeste

Jesus se vyande het wal gegooi met die mees logiese verduideliking vir die meeste mense—dat Sy dissipels Sy liggaam gesteel het om geloofwaardigheid te gee aan die gerugte dat Hy leef. Die wagte by die graf is selfs omgekoop om te getuig dat hulle geslaap het, wat die dissipels van Jesus die geleentheid gegee het om die liggaam te steel. In aggenome dat die mense agter die “gesteelde liggaam" verklaring dieselfde mense is wat die vals aanklagte teen Jesus ingebring het en die Romeinse Goewerneur, Pontius Pilatus, onder druk geplaas het om Jesus ter dood te veroordeel, en aan die ander kant dat die mense wat sy opstanding verkondig het bereid was om hulle lewens daarvoor op die spel te plaas, wie sou jy geglo het?

Die evangelie weergawe van die opstanding noem ten minste 6 ooggetuies van die opgestane

Die evangelie weergawe van die opstanding noem ten minste 6 ooggetuies van die opgestane verlosser oor ‘n 40 dae periode, Jesus “het by verskeie geleenthede aan hulle verskyn " (Handelinge 1: 3; 13: 31). Eenkeer is Hy deur meer as 500 mense gesien (1 Korintiërs 15: 3 -8). Die apostel Petrus getuig: “Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien. " (2 Petrus 1: 16). Die apostel Johannes getuig: “Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak… verkondig ons aan julle" (1 Johannes 1: 1, 3).

Dit is moeilik om ooggetuies se getuienis te ignoreer, veral wanneer hulle wat getuig

Dit is moeilik om ooggetuies se getuienis te ignoreer, veral wanneer hulle wat getuig bereid is om vervolg te word en selfs gemartel te word vir wat hulle beweer hulle gesien het, soos Jesus se eerste volgelinge. Mense sal nie hulle lewens opoffer vir dit wat hulle weet nie waar is nie. Die opstandingsverklaring sou nie vir ‘n dag, ‘n uur in Jerusalem gehou het as die leë graf nie as ‘n feit bevestig is nie. —Paul Althaus, Duitse Teoloog (1888 -1966) [Die beskrywing van die Opstanding in die vier evangelies] spreek van eenvoudige eerlikheid. Hulle getuies soos die feite dit regverdig, en soos eenvoudige mense oortuig van die feite dit sou gee. Hulle het almal die teken van geloofwaardigheid. —Doremus Hayes, VSA teoloog en skrywer (1863 -1936)

Ooggetuies se getuienis is baie kragtig, maar dit bevat ‘n element van geloof; ons

Ooggetuies se getuienis is baie kragtig, maar dit bevat ‘n element van geloof; ons moet die getuies op hulle woord neem. Omstandigheidsgetuienis bevat ook ‘n element van geloof; ons moet glo dat die gevolgtrekking waartoe dit kom meer aanvaarbaar is as enige ander verduideliking. Maar empiriese getuienis—getuienis wat gefundeer kan word deur ondervinding en eksperimente—is positiewe bewys as dit die toets deurstaan. Petrus word gekruisig oor sy geloof

Slegs ure voor Jesus se kruisiging, het Petrus hom drie keer verloën. Daarna het

Slegs ure voor Jesus se kruisiging, het Petrus hom drie keer verloën. Daarna het hulle weggekruip uit vrees dat hulle as sy volgelinge uitgeken sou word. Selfs nadat hulle die opgestane Jesus verskeie keer oor ‘n tydperk van 40 dae gesien het, het hulle kragloos en rigtingloos gebly. Op ‘n stadium, het Petrus en sommige van die ander na hulle ou lewens as vissers teruggekeer (Johannes 21: 1 -3). Maar 10 dae nadat Jesus opgevaar het hemel toe, is die dissipels skielik en dramaties hervorm. Terwyl die ander dissipels hom ondersteun het, het Petrus vir ‘n skare mense in Jerusalem gepreek, moontlik ook baie van die mense wat gevra het dat Jesus gekruisig moet word. Die resultaat van diens was dat meer as 3, 000 tot bekering gekom het (Handelinge hoofstuk 2). ‘n Paar dae later het Petrus weer gepreek en meer as 5, 000 het tot bekering gekom. (Handelinge Hoofstukke 3; 4: 1 -4).

Die antwoord is in dit wat Jesus die dissipels vertel het die aand voor

Die antwoord is in dit wat Jesus die dissipels vertel het die aand voor Hy gekruisig is: “Nog net ‘n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat ek lewe en julle sal lewe. . Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. " (Johannes 14: 19 -20). Voor Jesus se dood, kon Hy net saam met sy volgelinge leef, maar sedert God Hom uit die dood opgewek het, leef Sy gees in almal wat Hom as verlosser aanneem— “Ek in jou. " Jesus se bly in Sy dissipels het ‘n groter verandering in hulle tot gevolg gehad as toe hulle Sy opgestane liggaam gesien het. En anders as ooggetuies se getuienis of omstandigheidsgetuienis, kan ons die Jesus se “Ek in jou" eis toets. As dit waar is, moet ons dieselfde resultate kry as die dissipels.

“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop, ” het die opgestane Jesus

“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop, ” het die opgestane Jesus vir die apostel Johannes gesê. “As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan” (Die Openbaring 3: 20). Toe ek dit die eerste keer as ‘n 20 -jarige-ongelowige gehoor het, het ek besluit om Jesus te toets. Ek het die deur van my hart oopgemaak en Hom gevra om in my lewe in te kom, en Hy het. Nee, Hy het nie skielik in ‘n liggaamlike vorm verskyn nie, soos aan sy dissipels en andere kort na Sy opstanding nie, en ek het nie ‘n verblindende lig gesien of Hom in ‘n hoorbare stem hoor praat, soos die apostel Paulus toe hy die eerste keer die opgestane Jesus ontmoet het nie, maar daardie eenvoudige, snaakse gebed, As U werklik is, wys my, was die begin van ‘n verhouding wat verdiep het tot op die punt waar ek nie langer my lewe kan voorstel sonder Sy liefdevolle teenwoordigheid nie.

Dit, is vir my, ‘n groter bewys dat “Christus vir ons sondes gesterf het,

Dit, is vir my, ‘n groter bewys dat “Christus vir ons sondes gesterf het, volgens die skrifte, begrawe is, en op die derde dag weer opgestaan het" (1 Korintiërs 15: 3 -4) as wat ek Hom uit die graf sou sien kom en Sy spyker deurboorde hande sou aanraak.

Hierdie groep dissipels was oorwin en moeg, dog byna oornag getransformeer tot ‘n oorwinnende

Hierdie groep dissipels was oorwin en moeg, dog byna oornag getransformeer tot ‘n oorwinnende geloofsbeweging. As dit gebeur het slegs as gevolg van mondelingse voorstelle en selfbedrog, sou dit ‘n baie groter wonderwerk gewees het as die Opstanding per se. —Pinchas Lapide, Joodse teoloog (1922 -1997) Ek is al vir baie jare besig om die geskiedenis van ander tye te bestudeer, en om die bewyse van hulle wat daaroor geskryf het te ondersoek en te weeg, en ek weet van geen feit in die geskiedenis van die mensdom wat vollediger en beter bewys is as die groot teken wat God ons gegee het as dat Christus gesterf het en uit die dood opgewek is. —Thomas Arnold, Engelse historikus(1795 -1842) Vir nog Power. Point aanbiedinge besoek: www. tommyswindow. com