Selfontwikkeling in die samelewing Daar is baie situasies
Selfontwikkeling in die samelewing. Daar is baie situasies wat uitdagend is en ons reageer almal verskillend daarop.
Voorbeelde van uitdagende situasies • • • COVID – 19 is n uitdagende situasie Egskeidings Vriendskappe wat nie hou nie Mislukkings Om jou werk te verloor Om ouer te word Om nie in n span gekies te word nie Om n ernstige siekte te kry As jy jou graad druip As jou meisie of ou jou los
Wat is depressie? • Depressie is ’n siekte wat jou hele liggaam, gemoedstoestand en denke aantas. Dit affekteer jou eet en slaappatrone, die manier hoe jy oor jouself voel asook die manier hoe jy oor die wêreld dink.
Wat veroorsaak depressie? • Enkele moontlike redes sluit in: • Eksterne Gebeurtenisse: Die opbreek van 'n verhouding, 'n traumatiese gebeurtenis, finansiële sorge, eensaamheid, regs probleme, afdanking en hartseer kan almal lei tot depressie. • Familie Geskiedenis: Naby familie wat dalk depressie gehad het beteken soms dat jy meer geneig is om ook depressie te kan hê. • Daar word ook geglo dat depressie veroorsaak kan word deur 'n wanbalans van brein chemikalieë. • Mediese siektes, insluitende beroertes, MIV en VIGS, TB en ander gesondheidsprobleme kan ook lei tot depressie. • Asook die gebruik van sekere medisyne, soos die vir die behandeling van hoë bloeddruk, geboorte beperkings pille en steroïede.
Wat is Angs? • Angsversteurings is kort intense tye van verskriklike vrees, saam met fisiese simptome wat jou hart vinnig laat klop, jy mag dalk duiselig, siek, uitasem, en bang voel, jou vingers en bene kan die gevoel van naalde en spelde hê, jy mag dalk ook pyn in die bors ervaar. Dit kan gereeld gebeur of onverwags wanneer daar geen rede is vir die vrees en paniek nie.
Wat veroorsaak angs? • Daar is wel twee algemene oorsake – onsekerheid en kompleksiteit • Te veel kafeïene • Te veel sjokolade ook baie kafeïne in • Energie drankies • Te veel suiker • Te min slaap • Stres • Te min oefening
Hoe hanteer mense stresvolle situasies? • • Humor Drank Dwelms Ontkenning Ontspanning Self skuld Fisieke ontspanning
Probleemoplossings vaardighede • Dit is vaardighede wat jou help om die oorsprong van die probleem te bepaal en om dan n effektiewe oplossing te vind. • In plaas daarvan om jou te vergryp aan drank of dwelms is hier n paar wenke hoe om probleme op te los:
Moontlike stappe: 1. Identifiseer die probleem. 2. Hou 'n dinksentrum oor moontlike opsies. 3. Evalueer elke oplossing (oorweeg die sterk- en swakpunte). 4. Kies die beste oplossing. 5. Implementeer die oplossing. 6. Is die probleem opgelos? 7. Indien jou antwoord by nr. 6 ja is "knap gedaan!" 8. Indien jou antwoord by nr. 6 nee is "begin oor vanaf nr. 2".
- Slides: 9