Rekeningkundige siklus Transaksies Finansile state Brondokumente Proefbalans Hulpjoernale
Rekeningkundige siklus
Transaksies Finansiële state Brondokumente Proefbalans Hulpjoernale Algemene Grootboek
TRANSAKIES
Brondukumente Kontantontvangste: • Geld wat van buite die besigheid ontvang is, byvoorbeeld die huur wat jy van jou huurder ontvang het - duplikaat kwitansie • kapitaalbydrae deur die eienaar - duplikaat kwitansie • geld ontvang vir dienste gelewer - KRR (kasregiterrol) • deposito’s in die bankrekening - duplikaat depositostrokie • oorplasing direk in die bankrekening van die besigheid – bankstaat Kontantbetalings: • Betalings per tjek - Tjekteenblad (die deel van die tjek wat in die tjekboek agterbly en waarop transaksies aangeteken word. ) • oorplasings direk in die bankrekening van die besigheid - bankstaat
Hulpjoernale Kontantontvangstejoernaal (KOJ) Die KOJ boekstaaf alle kontantontvangstetransaksies van die besigheid. Ontvangste is die geld wat deur die besigheid ontvang word en in die besigheid se bankrekening gedeopneer word. Kontantbetalingsjoernaal (KBJ) Die KBJ boekstaaf al die kontantbetalingstransaksies van die besigheid. Betalings verwys na alle tjeks wat teen die lopende bankrekening van die besigheid getrek word.
Algemene Grootboek Die dubbelinskrywingsbeginsel beteken dat daar vir elke transaksie wat aan die debietkant van ‘n rekening geboekstaaf word, dieselfde transaksie aan die kredietkant van ‘n ander rekening geboekstaaf moet word.
Proefbalans ‘n Proefbalans is ‘n lys van rekeninge wat in die Algemene Grootboek verskyn wat die saldo van elke rekening aantoon. Dit word gebruik om die beginsel van die dubbelinskrywingsbeginsel te toets.
Finansiële state
- Slides: 8