Rekenaars deel van jou lewe Graad 11 Module




























- Slides: 28
Rekenaars, deel van jou lewe Graad 11
Module 7. 1 Vind inligting
Inhoud • Inleiding • Formulering van ’n taakdefinisie • Bepaal watter data en inligting benodig word • • Opnames om data in te samel Gaan die kwaliteit van die inligting na Toets en verbeter Skriftelike module-aktiwitiet 3
Inleiding 4
1. Wat is die taak? 6. Maak gevolgtrekkings en lewer verslag 5. Verwerk die data/inligting Hoe beter jy die taak verstaan en identifiseer WAT jy benodig om dit op te los – hoe makliker sal die taak wees Pyltjies dui die volgorde en verloop van die proses aan, maar ons moet dit gedurig verfyn. 2. Watter data/inligting word benodig? 3. Waar kan die data/inligting verkry word? 4. Kry die data/inligting en gaan dit na 5
Formulering van ’n taakdefinisie • Skep ’n duidelike definisie van die taak • As jy nie die taak behoorlik verstaan nie sal jou oplossing nie regtig aan die oorspronklike vereistes voldoen nie 6
Aktiwiteit 1 7
Bepaal watter data en inligting benodig word Twee breë soorte vrae Geslote • Beantwoord met feite • Wat? Waar? Wanneer? Wie? ens. Oop • Verken, dinkskrum, beoordeel • Hoekom? Hoe? Gestel? 8
Verskillende vlakke vrae help om die beste oplossing te vind! Geslote Oop Laevlak-vrae Hoëvlak-vrae Slegs feite Help om iets te beoordeel of om ’n aanbeveling te maak 9
Algemene wenke om vrae op te stel Praat mense wat self ondervinding van die tipe taak het Probeer om jouself in die situasie in te dink Moenie enige aannames maak nie Hou ’n dinkskrum met ’n vriend Dink weer oor al jou vrae – dit sal dikwels na ander vrae lei, en jou help om die vrae te orden Is die vraag nuttig vir die betrokke taak? Moenie sleutelvrae met vraelys-tipe vrae verwar nie 10
Aktiwiteit 2 11
Opnames om data in te samel 12
Voordele van die gebruik van opnames om data in te samel • Vinnig en maklik om inligting vanaf ’n groep te kry • Kan die bevindings veralgemeen as die steekproefgroep groot genoeg en verteenwoordigend genoeg is • Data vanaf opnames kan maklik ingevoer en geanaliseer word – as die vraelys goed ontwerp is Soms is dit die ENIGSTE maniere om sekere tipes inligting te kry – mense se voor- en afkeure van sekere onderwerpe, ens. 13
Verskillende maniere om opnames te doen Pos Telefoon Persoonlik Tuisbesoeke Nader mense in die straat Elektroniese vraelyste (epos) Elektronies Webgebaseerde vorms 14
Soorte vrae in opnames 15
Hoe om vrae vir vraelyste op te stel • Vermy vrae wat niks met die opname te doen het nie, persoonlike inligting • Moenie bedryfstaal/tegniese terme gebruik nie • Vermy ‘dubbelvrae’ • Verskaf ’n ander opsie indien nodig • Moenie negatiewe vraagstellings gebruik nie • Vermy vae terme soos ‘soms’ • Toets jou vraeslys op ’n vriend ? 16
Effektiewe uitleg van ’n vraelys • • Die doel van die vraelys moet duidelik wees Gee duidelike instruksies Beklemtoon belangrike woorde Sê dit kort en kragtig – gaan spelling en sinskonstruksie na Los genoeg spasie vir antwoorde Gebruik wit spasie wyslik - vermy oorvol vraelyste Nommer vrae duidelik Bedank die respondent 17
Aktiwiteit 3 18
Gaan die kwaliteit van inligting na 19
Gesaghebbendheid, objektiwiteit & affiliasie ’n Bron se affiliasie met organisasies, instellings of belangstellingsgroepe kan aandui of die bron gesaghebbend is (en of dit moontlik bevooroordeeld mag wees). 20
Akkuraatheid Vergelyk inligting met ander bronne, veral as jy teenstrydige inligting van verskillende bronne af kry 21
Hoe op datum die inligting is Sommige inligting is tydsensitief – dit verander vinnig – en verouderde inligting kan ons nie help nie 22
Dekking Tot watter diepte gaan die bron in? (Dit hang van jou behoeftes af) 23
Teikengehoor • Ouderdomsgroep / Soort gehoor? • Taalgebruik op die regte vlak vir die teikengehoor? • Evaluering van die gehoor sluit by die dekking aan. 24
Oorweeg ook hoe maklik dit is om die webtuiste te GEBRUIK – uitleg en ontwerp van die webblad Aspekte sluit in leesbaarheid konsekwente ontwerp hoe maklik mens kan navigeer hoe vining hulle laai of al die skakels werk 25
Aktiwiteit 4 26
Toets en verbeter Gebruik die opsomming vir jou eie hersiening 27
Skriftelike moduleaktiwiteit 28