Raak stil saam met NG Bergsig 18 Junie
Raak stil saam met NG Bergsig 18 Junie 2014
Lectio Psalm 143: 7 -10 Luister na God se Woord 7 Antwoord my tog gou, Here, ek is heeltemal gedaan. Moet tog nie van my af wegkyk dat ek word soos dié wat sterwe nie. 8 Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig. 9 Red my van my vyande, Here, want by U skuil ek. 10 Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op ’n gelyk pad lei.
Meditatio Oordink God se Woord . . . want in U stel ek my vertroue. . want my hoop is op U gevestig. . want by U skuil ek. . want U is my God!
Oratio Praat met God “Laat U goeie Gees my op ’n gelyk pad lei. ” Wees veral bewus van wat die Heilige Gees in jou fluister…
Intersessie Bid spesifiek vir… • Almal wat op ons gebedslys is • Al die mense wat beïnvloed word deur die staking • Al die rolspelers in die onderhandelinge • Dat ons God sal eer vir wie Hy is!
Anna Richter Ben Louw Ansie Pretorius Jan Venter Belinda Blom Janes Beukes Gwen Venter Jerry de Villiers Chris Horn Lien Brittz Matthy Nel Marthie van der Merwe Christa Lourens se kleindogter, Illiane Miemie Strydom Philip Prinsloo Corrie & Johannes Neels Minnaar Rosa Maritz Sakkie Schoombee Ds. Jan van Breda Simon Vets Esme Kock Skalk Louw Hannes Killian Susan Vermaak Ian en Miemie Smuts Susie du Preez Tienie Steyn Willie Roos Matthy Nel Sonja & Roelf Dekker Gert Erasmus
Hospitaal Pretoria Edu Steyn Barto Giessing Johannesburg Christo Viljoen Peglarae Alfred Kanes
Gratia Dankie Here vir U genade Dankie, Here dat U vir ons sorg soos U belowe het! Dankie, Here, dat ons dit elke dag kan sien in al die klein genadetjies waardeer ons omring word!
Amen!
- Slides: 9