PROFESSIONALISME EN ETIEK Besigheidsrolle Kwartaal 2 Onderwerp 4
PROFESSIONALISME EN ETIEK Besigheidsrolle Kwartaal 2 Onderwerp 4
BESPREEK DIE TERM PROFESSIONALISME ‘n Metode, prosedure, proses of reël wat gebruik of gevolg word om die doelwitte van die onderneming na te streef.
BESPREEK DIE TERM ETIEK • Om op te tree op 'n manier wat die samelewing en individue as tipiese goeie waardes beskou. • Dit is om respek te toon vir sleutel morele beginsels wat eerlikheid, regverdigheid, gelykheid, waardigheid, diversiteit en individuele regte insluit.
ONDERSKEI TUSSEN PROFESIONALISME EN ETIEK. Professionalisme Etiek Kennis en vaardighede oor die professie en om dit vir die goed te gebruik vir die kliënte en die samelewing. Pas ‘n gedragskode toe wat deur die besigheid of die professie uit gesit is. Fokus daarop om die reputasie van die besigheid en professie hoog te hou. Gaan oor die standaarde wat aanvaarbaar is vir die samelewing. Vorm deel van ‘n gedragskode. Fokus op die ontwikkeling van ‘n morele kompas wat gebruik kan word wanneer besluite geneem word.
TEORIEË VAN PROFESSIONALISME: • Ontwikkel deur Daniel R Coquilette • Studie is gebasseer op die gedrag van prokereurs • Hy kyk na wat die professionele mense motiveer om die reëls te gehoorsaam en om op te tree soos hulle doen.
TEORIEË VAN PROFESSIONALISME: Hy identifiseer drie tipes motivering, naamlik: 1. Doel gebasseerde motivering: Waar individue of groepe doelwitte vir hulself stel. Hulle basseer dan hulle gedrag en etiek op die bereiking van hierdie doelwitte. Hulle doen net iets as hulle hul eie doelwit gaan bevorder.
TEORIEË VAN PROFESSIONALISME: 2. Regte-gebasseerde motivering: • Etiek en gedrag is gemotiveer deur die regte van mense te bevorder. • Basiese ingebore en natuurlike regte van mense is geïdentifiseer en beskerm. • Voorbeeld, die reg tot vryheid en die reg tot lewe.
TEORIEË VAN PROFESSIONALISME: 3. Plig-gebasseerde motivering: • Etiek en gedrag word gemotiveer deur te doen wat reg is en om ‘n beter lewe vir almal te skep. • Coquilette is van die opinie dat ‘n professionele moet gelei word deur ‘n plig-gebasseerde motivering waar jy dit as ‘n professionele voel, jy moet die etiese hoë pad neem en doen wat jy weet moreel reg is.
BEGINSELS VAN PROFESSIONALISME 1. Gehalte: Werk moet behoorlik gedoen en nagegaan word voordat dit ingedien word. 2. Fokus: Fokus word geplaas op die werk wat gedoen word en nie op die mense wat by die projek betrokke is nie. 3. Respek: Elke persoon moet gerespekteer word vir sy of haar individuele vaardighede, kennis en ervaring.
BEGINSELS VAN PROFESSIONALISME 4. Stiptelikheid: Afsprake moet nagekom word, vergaderings moet bygewoon word en spertye moet bereik word. 5. Bevoegdheid: Klante moet teruggebel word, en klagtes en versoeke moet so gou as moontlik hanteer word. Werknemers moet hulle nodige vaardighede en kennis toepas in die samelewing en die omgewing. 6. Objektiwiteit: Werknemers moenie enige besonderhede oor die besigheid en kliënte openbaar nie, en ook nie enige vertroulike inligting gebruik vir persoonlike gewin nie.
BEGINSELS VAN ETIEK: • Wees objektief en onpartydig • Deursigtigheid en volle openbaarmaking • Vertroulikheid • Sorgvuldige sorg • Vermy botsing van belange • Wees verantwoordelik en toegewyd • Sosiale verantwoordelikheid • Sien om na die omgewing • Gehoorsaam internasionale wette
TEORIEË VAN ETIEK 1. Teorieë oor regte: • Respek vir mense • Fokus gewoonlik op die besluit, m. a. w. of die besluit reg of verkeerd is. 2. Teorieë oor die etiek van pligte: • Plig en verpligting teenoor ander is belangrik. • Fokus ook op die besluit. 3. Teorieë oor kollektiewe welstand: • Welstand van soveel mense as moontlik. • Gewoonlik fokus ons op die uitkoms van ‘n probleem of aksie, en nie of die besluit reg of verkeerd is nie.
DIE VERSKIL TUSSEN ‘N GOEIE EN ‘N SWAK BESLUIT Goeie besluite Gegrond op etiese en professionele beginsels. Verbeter die winsgewendheid van die onderneming. Verhoog lojaliteit en steun van kliënte en gemeenskap. Betrek al die belanghebbends by die besluitnemingsproses. Neem al die feite in ag, identifiseer al die alternatiewe en kies die regte alternatief. Gevolg van georganiseerde denke wat die spoed en gehalte verbeter van die besluite wat geneem word. Swak besluite Druis teen etiese en professionele beginsels in. Kan lei tot verlies van verkope, aflegging en bankrotskap. Lei tot angs, stres en selfs fisiese simptome soos pyn en siekte in. Mors tyd, dikwels teen finansiële koste. Is gewoonlik emosioneel, gegrond op gevoelens met min aandag aan feite. Sluit nie al die mense in wat by die implementering van die besluite betrokke is nie.
VERSKILLENDE PERSPEKTIEWE OOR ETIEK: • Etiek is nie universeel nie. • Etiek wissel volgens kultuur, geloof, opvoeding en sosiale klas. • Daar is nie ‘n absolute reg of absolute verkeerd wanneer dit by etiek kom nie. • Elke samelewing moet self besluit wat is aanvaarbaar en wat nie. • Besighede is geregtig om te besluit watter gedrag verwag word van die kliënte. • Dit is waar ‘n gedragskode hulpvol is.
ETIESE ONDERNEMINGS • Baie besighede strewe daarna om meer eties te wees, en as meer eties gesien te word. • Besighede probeer ook hulle korporatiewe bestuur verbeter. • Korporatiewe Bestuur is die raamwerk van die reëls en praktyke wat ‘n raad van direkteure aanspreeklikheid, regverdigheid en deursigtigheid in alle ondernemings verhoudings verseker. • Die King Kode lll beklemtoon die verbouing en bevordering van etiese korporatiewe kulture. Die King Kode lll adviseer dat: • Etiese gedrag aangemoedig moet word regdeur die maatskappy. • Alle areas in die onderneming moet integriteit uitbeeld. • Al die onderneming se verhoudings moet eties wees. • Etiese standaarde moet alle areas in die maatskappy regeer.
- Slides: 15