Plaasroman II Toast Coetzer Plaasroman I Hoekom is

  • Slides: 13
Download presentation
Plaasroman II Toast Coetzer Plaasroman I? Hoekom is die gedig Plaasroman II? TOAST se

Plaasroman II Toast Coetzer Plaasroman I? Hoekom is die gedig Plaasroman II? TOAST se antwoord: Dis bietjie tong in die kies – die titel steek die draak met Afrikaanse romanskrywers wat hulself soms dalk te ernstig opneem, veral in die ou dae. Hierdie is dus net sommer nog 'n plaasstorie. Daar's natuurlik baie – genommerd en ongenommerd!

Plaasroman II Toast Coetzer Hoekom die naam "Toast"? Toast se antwoord: Dis maar 'n

Plaasroman II Toast Coetzer Hoekom die naam "Toast"? Toast se antwoord: Dis maar 'n bynaam uit my kinderdae – my ouer broer het dit vir my gegee omdat ek blykbaar die Engelse woord "toast" as "tous" uitgespreek het toe ek klein was. Titel: gee ’n aanduiding dat dit nie ’n konvensionele gedig is nie, maar dat ʼn verhaal in die gedig d. m. v. beskrywing en poëtiese beelde vertel word.

Toast Coetzer. . . • Pieter Willemse Reino Coetzer • Afrikaanse joernalis, musikant, skrywer

Toast Coetzer. . . • Pieter Willemse Reino Coetzer • Afrikaanse joernalis, musikant, skrywer ebn digter • Lid van die musiekgroep Buckfever Underground • Grootgeword aan die voet van die Winterberge naby Cradock • Reisskrywer: reisgids/koffietafelboeke: Key to Cape Town en South Africa – A visual tour through its regions

Plaasroman II Toast Coetzer Wanneer hierdie rivier afkom in bruin desemberwater 2 bulder en

Plaasroman II Toast Coetzer Wanneer hierdie rivier afkom in bruin desemberwater 2 bulder en grom oor klipplate deur matte en oor plate biesies 3 wanneer my koue wange ‘n eensame vlek kapok laat smelt 4 onder ysreën en miswolke wat sny oor kootsmitshoek • Wanneer : Tydaanduider • Seisoene: somer (r. 1, 2); winter (r. 3); herfs (r. 5, 6); lente (r. 7, 8) • bruin desemberwater: metafoor • bulder: personifikasie; klanknabootsing • grom: personifikasie; klanknabootsing • miswolke wat sny: personifikasie 1 • Kootsmitshoek: ruimte-aanduider; persoonlike ervaring/belewenis • Seisoene en droogte: wanneer

Die plekke: kootmitshoek en elandsdrif. Toast se antwoord: Dit is plekke waar ek grootgeword

Die plekke: kootmitshoek en elandsdrif. Toast se antwoord: Dit is plekke waar ek grootgeword het. Ons familieplaas is in die Cradock-distrik van die Oos-Kaap. Elandsdrift is 'n buurplaas, en Kootsmitshoek die naam van 'n spesifieke kamp op 'n ander buurplaas. r. 2: ". . . klipplate deur matte en oor. . . Toast se antwoord: Dit verwys na die slap draadmatte wat deur riviere gespan word waar kampdrade of plaasgrensdrade 'n rivier kruis. Hierdie "matte" is so ontwerp dat vloedwater dit oplig wanneer 'n rivier skielik in vloed afkom. Die matte spoel dus nie weg nie – so 'n verlies sal geldelike skade vir die boer beteken. Jy kan nie drade verloor as boer nie.

5 6 7 8 wanneer die populierbos ritsel in geel en die klipgarage rooi

5 6 7 8 wanneer die populierbos ritsel in geel en die klipgarage rooi gloei op die werf in die oggend so teen tienuur wanneer die agtertuin-irisse glimlag in pers en pienk en wit en ‘n jong tortelduif vasvlieg in die skoon sitkamerruit • ritsel: klanknabootsing/onomatopee • glimlag: personifikasie • Seisoene en droogte: wanneer • R. 7 en: Hoe word elke kleur word afsonderlik beklemtoon? (herhaling van voegwoord; -alliterasie; inversie) • Funksie van die herhaaldelike gebruik van ”en” deur die hele gedig? (Aaneenskakeling; ononderbroke proses in die natuur) p

9 10 11 12 wanneer die son sak oor die nekkies en iemand stof

9 10 11 12 wanneer die son sak oor die nekkies en iemand stof uitry by elandsdrift en die swygende aalwyne vir my staan en kyk soos ribbokke teen die hange van loskop deur ‘n visier dan vergewe niks my meer nie dan bloei my vingertoppe • stof uitry: droogte • soos ribbokke: vergelyking • swygende aalwyne: personifikasie • ‘n visier: verwys na die stipkyk van die aalwyne (r. 10) en ‘n. 357 (r. 20) • Seisoene en droogte: wanneer

13 14 15 16 en dit sypel weg in hierdie grond tussen die suurpolle

13 14 15 16 en dit sypel weg in hierdie grond tussen die suurpolle dan twyfel die son teen twee-uur en vrek skape op grenslyne en diep in die nag kom knaag ystervarke aan die bene van wat ek kan onthou en van wie ook al wonder daaroor • En: aaneenskakelende funksie • wanneer = dan • twyfel die son - personifikasie • knaag ystervarke aan die bene: aanhoudend byt; die beeld word gebruik om die herinneringe waarvan hy/sy nie kan ontsnap nie, aan die leser oor te dra

17 18 19 20 21 want as al wat ek het balklepdae en koeniebosstories

17 18 19 20 21 want as al wat ek het balklepdae en koeniebosstories is windpompe wat droog hoes pypsuig aan hierdie bors van klip en hierdie uitgestrekte vingers van die aangetaste klowe dan kom god in ‘n. 357 wanneer die son swyg op ‘n gesiglose dag en hy vat wat syne was pepersonifikasie • Want: wending / dui op die gevolge • As: dui op ’n moontlikheid of waarskynlikheid • Balklepdae: metafoor / dae is soos ’n balklep/waterarm watervloei beheer • Koeniebosstories + windpompe wat droog hoes pypsuig + uitgestrekte vingers : personifikasie • Dan: dui die gevolg van die besinning in die voorafgaande reëls • Suggestie van selfmoord in r. 20/21 – vroeëre aanduidings in die gedig? (r. 11)

 • Uiterlike bou: prosagedig – motiveer • Vrye vers: nie vaste eindrymskema nie,

• Uiterlike bou: prosagedig – motiveer • Vrye vers: nie vaste eindrymskema nie, geen hoofletters en leestekens • Innerlike bou - drie dele: Seisoene en ür. 1 -8: verhaal van die plaas; verskillende seisoene droogte: wanneer ür. 9 -16: droogte en die gevolge van die droogte ür. 17 -21: gevolge van die negatiewe omstandighede op die spreker Gevolg: want • Personifikasie – die son sak (r. 9) twyfel die son (r. 14) die son swyg (r. 20) = beeld van die son dui op die besinning van die spreker • Tema: wanneer ʼn mens uitgelewer is aan die natuur raak dit jou hele wese. • Boodskap: die natuur is pragtig, maar kan ’n mens vernietig as daar bv. droogtes is.

Tema: wanneer ʼn mens uitgelewer is aan die natuur raak dit jou hele wese.

Tema: wanneer ʼn mens uitgelewer is aan die natuur raak dit jou hele wese. Boodskap: die natuur is pragtig, maar kan ’n mens vernietig as daar bv. droogtes is.

Video oor Toast Coetzer

Video oor Toast Coetzer