Pinkster 2013 Leeuwberg Kom laat ons bou Nagmaalsdiens
Pinkster 2013 Leeuwberg Kom laat ons bou Nagmaalsdiens: Neh 8: 1 -13 Die Blydskap vd Here, die Beskutting vd Stad
Nou dat die mure herbou is • Die veiligheid wat die mure bied, bied geleentheid vir innerlike opbou. • Almal keer eers terug na hul stede en huise • Die behoefte om na hul God te luister wat hulle so gehelp het • Hul versoek tot Esra • Groot eerbied vir God en Sy Woord • Hulle is oop vir die Woord
En verder • Die WOORD word deuglik in groepies (Bybelstudiegroepe) uitgelê • Hulle hoor en neem in wat God vir hulle sê • Wanneer God met jou praat, raak jy bewus van Sy Heiligheid en van jou onheiligheid • Hulle reaksie: Diepe droefheid oor hul toestand.
Die Verrassing • Volgens Levitikus 23: 23. • Die Here het vir Moses gesê: • 24. "Sê vir die Israeliete: Die eerste dag van die sewende maand moet 'n rusdag wees, 'n gedenkdag wat met die blaas van ramshorings aangekondig word, 'n gewyde byeenkoms. • 25. Niemand mag dan werk nie en julle moet offers aan die Here bring. "
Numerie 8: 11 (1933 Vert) Wees dan nie bedroef nie want die blydskap in die Here-dit is julle beskutting.
Dit is `n dag aan die Here gewy • Dit is `n blye dag waar aan God se Genade en Liefde gedink moet word. • Daarom is daar nie nou plek en tyd vir trane nie maar feesvieringe • Wanneer ons bly is oor die dinge wat God bly maak, beskerm dit ons van alle gevare, want dan werp ons op Sy Genade
Pinksterdag is so `n dag • Pentekos=50 ste dag na die Oes begin het, word die Oesfees gehou • Eerstelinge vd oes word gebring en aan God gewy en dan `n groot en blye fees. • Pinkster 50 dae na Hemelvaart die vrugte van Jesus se offer God se groot Oesfees: Die uitstorting vd Heilige Gees • Dag van groot vreugde: Dit gee ons Hemelse Vader groot vreugde om twv Sy Seun se Offer vir ons Sy Gees te stuur
Ons Antwoord? • Al voel ons diep onwaardig en sondig, • Laat ons Dierbare Verlosser se Liefdesoffer van Homself aanneem en daarmee saam Sy Gees • En laat ons feesvier met Brood en Wyn
- Slides: 8