OPENBARING VIR N NUWE TYD N PROFETIESE BOODSKAP
OPENBARING VIR ‘N NUWE TYD ‘N PROFETIESE BOODSKAP VIR VANDAG EN MORE
DIE DUIWEL EN SY TRAWANTE
Die duiwel in Openbaring Op 12: 10 Op 12: 3 -4, 7 -12 (Joh 12: 31; Luk 10: 18) Op 12: 17 Op 6: 1 -8 Op. 9: 11; 17: 3 -7, 16 Op 19: 11 -21 Op 20: 14 Op 14: 11; 20: 10.
1 Die duiwel het 'n goeie wegspring gehad. Die duiwel was eers in die hemel: Op 12: 10 2. Die duiwel wys sy ware kleure Die duiwel draai teen God en wil sy planne dwarsboom: Op 12: 3 -4 Hy het 'n hele klomp engele gehad: Op 12: 7 Migael het die duiwel en sy engele verslaan: Op 12: 7 -8 (Joh 12: 31; Luk 10: 18) Gelowiges is wenners ‘Omdat jy aan Jesus behoort, is jy vry. ’ Op 12: 10, 11, 12 3. Die duiwel bring die dood Die duiwel baklei woedend voort teen die gelowiges: Op 12: 17 Sy taktiek is bedrog: Op 6: 1 -8 Die duiwel se pad is na die dood toe: Op. 9: 11; 17: 3 -7, 16 4. Die finale oordeel wat vir die duiwel • Die finale konflik en die duiwel verloor: Op 19: 11 -21 • Die dood en doderyk word vernietig: Op 20: 14 • Gepynig vir ewig: Op 14: 11; 20: 10.
12: 1 Toe het daar ’n groot teken in die hemel verskyn: daar was ’n VROU met die son as kleed om haar, die maan onder haar voete, en op haar kop ’n kroon van twaalf sterre. 2 Sy was swanger en het geskree van die pyn, want die geboortepyne was daar. 3 Daar het ook ’n ander teken in die hemel verskyn: daar was ’n groot VUURROOI DRAAK met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe was daar sewe heerserskrone. 4 Sy stert het ’n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op die punt was om ’n kind te kry. Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring.
ZEUS EN ONDERWÊRELD
Sumeriese slanggode
12: 5 Sy het ’n kind in die wêreld gebring, ’n seun, bestem om al die nasies met ’n ystersepter te regeer. Haar kind is egter weggeruk na God en na sy troon toe, 6 en die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar ’n plek gereed gemaak het, sodat die mense haar daar twaalf honderd en sestig dae lank kon versorg.
12: 7 Daar het toe oorlog gekom in die hemel: MIGAEL en sy engele moes oorlog voer teen die DRAAK. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, 8 maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, 9 want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.
12: 10 Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. 11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. 12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
12: 13 Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die seun in die wêreld gebring het. 14 Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg. 15 Die slang het toe ’n stroom water soos ’n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, sodat sy deur die stroom meegesleur kon word, 16 maar die aarde het die vrou te hulp gekom. Dit het oopgegaan en die stroom opgesluk wat die draak uit sy bek uitgespoeg het. 17 Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. 18 Die draak het toe op die seestrand gaan staan.
13: 1 En toe het ek ’n DIER UIT DIE SEE uit sien kom met tien horings en sewe koppe. Op sy horings was daar tien heerserskrone en op sy koppe godslasterlike name. 2 Die dier wat ek gesien het, het soos ’n luiperd gelyk. Sy pote was soos dié van ’n beer en sy bek soos dié van ’n leeu. Die draak het sy mag, sy troon en groot gesag aan hom gegee. 3 Dit het gelyk asof hy aan een van sy koppe dodelik gewond was, maar die dodelike wond het genees, en die hele wêreld het verwonderd agter dier aan geloop. 4 Die mense het die draak aanbid omdat dit hy is wat die gesag aan dier gegee het. Hulle het ook dier aanbid en gesê: “Wie kan met dier vergelyk word? En wie kan teen hom oorlog voer? ”
13: 5 Die dier is toegelaat om verskriklike dinge te sê en te laster en om twee en veertig maande lank gesag uit te oefen. 6 Hy het teen God begin laster, hy het God se Naam en sy woonplek en dié wat in die hemel bly, belaster. 7 Aan hom is daar ook mag gegee om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin; en daar is gesag aan hom gegee oor elke stam, volk, taal en nasie. 8 Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die skepping van die wêreld af geskrywe staan in die boek van die lewe, die boek van die Lam wat geslag is nie. 9 As iemand kan hoor, moet hy hierna luister! 10 As iemand bestem is vir gevangenskap, gaan hy in gevangenskap; as iemand bestem is om met ’n swaard doodgemaak te word, word hy met ’n swaard doodgemaak. Hier het die gelowiges volharding en geloof nodig.
13: 11 Toe het ek ’n ander dier gesien wat uit die aarde uit kom. Hy het twee horings gehad soos ’n lam s’n, maar hy het soos ’n draak gepraat. 12 Hy oefen al die gesag van die eerste dier namens hom uit. Hy maak dat die aarde en die bewoners daarvan die eerste dier aanbid, dié een waarvan die dodelike wond genees het. 13 Hy doen groot tekens, sodat hy selfs vuur van die hemel af op die aarde laat kom vir die mense om te sien.
13: 14 Aan hom is daar mag gegee om wondertekens namens dier te doen, waardeur hy die bewoners van die aarde mislei. Hy sê die bewoners van die aarde ook aan om ’n beeld op te rig vir dier wat die litteken van die slagmes het en wat weer lewend geword het. 15 Aan hom is daar ook mag gegee om asem in dier se beeld te blaas, sodat die beeld kan praat en almal kan laat doodmaak wat nie die beeld aanbid nie. 16 Hy verplig al die mense, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om ’n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra 17 en laat niemand toe om te koop of te verkoop nie, behalwe die mense wat die merk het. Die merk is die naam van dier of die getal van sy naam. 18 Hier is wysheid nodig. Wie verstand het, kan die getal van dier ontsyfer, want dit is ’n mens se getal. Sy getal is ses honderd ses en sestig.
Sewe TROMPETTE
Die sewe trompette 6 Ek het gesien toe die Lam die EERSTE van die sewe seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die knal (stem) van ’n donderslag: “Gaan uit!” 2 Ek het gesien: daar was ’n wit perd. Sy ruiter het ’n pyl en boog gehad. ’n Oorwinnaarskroon (στέφανος) is aan hom gegee, en hy het as oorwinnaar uitgegaan om nog verder te oorwin.
Sag 6: 1 Ek het weer ’n gesig gesien. Daar was vier strydwaens wat tussen twee berge uitgekom het, berge van koper. 2 Voor die eerste strydwa was rooi perde en voor die tweede swartes. 3 Voor die derde was wit perde en voor die vierde skimmels. 4 Ek het vir die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, gevra: “Wat beteken dit, Meneer? ” 5 Hy het vir my gesê: “Die strydwaens het gestaan voor Hom aan wie die hele aarde behoort. Nou gaan hulle in die vier windrigtings. 6 Die strydwa met die swart perde gaan noord, dié met die wittes gaan agterna, en dié met die skimmels gaan suid. ” 7 Toe die skimmel perde wegtrek, wou hulle die aarde deurkruis, maar eers toe die engel sê: “Spring weg, deurkruis die aarde!” het hulle dit gedoen. 8 Die engel het vir my geskree: “Kyk, dié wat noord gaan, bring die Gees van die Here daarheen!”
6: 3 Toe Hy die TWEEDE seël oopmaak, het ek die tweede lewende wese hoor sê: “Gaan uit!” 4 Daar het ’n ander perd, ’n vuurrooie, uitgegaan. Aan sy ruiter is opdrag gegee om die vrede van die aarde af weg te neem, sodat die mense mekaar sal uitmoor (σφάξουσιν geweldadig uitmoor of afslag). ’n Groot swaard is aan hom gegee.
5 Toe Hy die derde seël oopmaak, het ek die derde lewende wese hoor sê: “Gaan uit!” Ek het gesien: daar was ’n swart perd. Sy ruiter het ’n SKAAL (juk, ding om mee te balanseer) in sy hand gehad. 6 Toe het ek iets soos ’n stem by die vier lewende wesens hoor sê: “Net een skeppie (χοῖνιξ) koring vir ’n dagloon (δηνάριον) en net drie skeppies gars vir ’n dagloon. Maar moenie die olyfolie en die wyn bederf (ἀδικέω) nie. ”
7 Toe Hy die vierde seël oopmaak, het ek die stem van die vierde lewende wese hoor sê: “Gaan uit!” 8 Ek het gesien: daar was ’n vaal perd. Sy ruiter se naam was Die Dood, en die doderyk het agter hom aan gegaan. Aan hulle is mag oor ’n KWART van die aarde gegee om die mense dood te maak met die swaard en met hongersnood en met pes en deur die wilde diere van die aarde.
6: 9 Toe die Lam die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het. 10 Hulle het hard geroep: “Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde? ” 11 Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee, en daar is vir hulle gesê om nog ’n klein rukkie te wag, totdat hulle mededienaars, hulle medegelowiges, wat net soos hulle ook doodgemaak gaan word, almal daar is.
6: 12 Ek het gesien toe die Lam die sesde seël oopmaak: daar het ’n groot aardbewing gekom. Die son het swart geword soos rouklere, en die maan het heeltemal soos bloed geword. 13 Die sterre aan die hemel het op die aarde geval soos die navye van ’n vyeboom afval as dit deur ’n sterk wind geruk word. 14 Die hemel self het verdwyn soos ’n boekrol wat opgerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke geskud.
15 Die konings van die aarde, die hoofamptenare en die opperbevelhebbers, die rykes en die magtiges, ja, al die mense, slawe en vryes, het in die grotte en onder die kranse van die berge weggekruip. 16 Hulle het vir die berge en die kranse gesê: “Val op ons en bedek ons vir die oë van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam. 17 Die groot dag waarop Hulle die oordeel sal voltrek, het aangebreek, en wie sal staande kan bly? ”
8: 1 Toe die Lam die sewende seël oopmaak, het daar stilte in die hemel gekom, omtrent ’n halfuur lank. 2 En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en daar is aan hulle sewe trompette gegee. Nike op skip 4 e eeu VC
God se betrokkenheid by die vyand (vergelyk die sewes)
OPENBARING (2) 1. Die verhaal van Openbaring Advertensies: God roep tot bekering!!! God se weermag Duiwel se weermag Finale veldslag Oordeel Bruilofsfees Nuwe Jerusalem Poel van vuur
Duisendjarige vrederyk en die wegraping * Eers die Duisendjarige vrederyk… (Open 20: 1 -10) PROSES: Hemelvaart 1 Hemelvaart 2 Terugkeer Wederkoms Duisend jaar Pre-mil Post-mil Oordeel Hemel A-mil
• Waar kom “wegraping” vandaan? - 1 Thes 4: 15 -18 - 1 Kor 15: 20 -28 - Mat 24: 36 -42 Hierdie idees word met Open 20 vermeng. Dus nie enkele Bybelse struktuur. • Wat is die tradisionele kerklike standpunt? - Ons is nou in die 1000 jaar (figuurlike tyd) - Die Satan is nou gebind (Jn 12: 31; Op 12: 7 -9; Luk 10: 18) - Die loslaat dui op intensiteit • Alternatief… - Lang en gelukkig lewe… - Dit is ‘n prysuitdeling
- Slides: 45