Om Boer te wees Deel 2 daar is
Om Boer te wees – Deel 2. . daar is iets wat ons volk moet hoor. .
Oorsig - Deel 1 Die hoofsaak van alles is dat jy ‘n wedergebore kind van JHWH in Jahshua moet wees – daarsonder is niks van nut of waarde nie As jou “. . isme” nie direk sy oorsprong en kern in Jahshua het nie, dan is dit ‘n afgod in jou lewe, en mislei jy jouself. Kyk die Rots waarop ons gebou moes wees. . Ons volk het oor geslagte verander van ‘n “volk vir JHWH”, na ‘n “JHWH vir volk” mentaliteit, waar ons die vlag wapper, die taal besing, die land bewonder en die helde eer – sonder dat JHWH die onderwerp van ons lied, die banier van ons liefde, die bewondering van ons gedagtes en die verering van ons mond is. Ons het ‘n Boerevolk geword wat Afrikaans praat, ‘n land besit, minerale het, ‘n sterk weermag opgebou het en ook God aanbid. Die spreekwoordelike perd opsaal, Mauser en bandolier opneem, beskuit en biltong inpak en dan onthou om te bid voor ons uittrek. Ons moes gewees het ‘n diensvolk tot eer van JHWH, en Hy sou die res, die vlag, die taal, die land en die welvaart vir ons toevoeg, en ons daarin gehandhaaf het. Hom eerste nader, voor ons uittrek – op beginsel, nie as versekering nie. Die duidelikste bewys dat ons oor tyd begin bou het op verkeerde fondament, is die onbetwisbare ineenstorting van alles wat ons as waardevol ag in ons midde – landbesit, taal, geskiedenis, vryheid, familie, waardes, veiligheid, welvaart. . . . en alles wat jy aan kan dink. Die vraag is gevra – wat het ons dan verkeerd gedoen? Die kollig is geskyn op ‘n belofte wat aan JHWH gedoen is, en wat ‘n ooreenkoms geword het na JHWH die aanbod aanvaar het, en die onderneming van die Boerevolk se vorige geslag dat hul al die dae naby JHWH sal bly, en indien hul afdwaal, Hy in reg optree as Hy hul vernietig, en kwaad aandoen.
Die slotsom aan die einde van Deel 1 Ek weet die wonderwerk by Bloedrivier het gebeur – en dat die Hand van JHWH daar sigbaar geword het. Dit was JHWH se antwoord op die aanbod. Ek weet ek was ingesluit by die belofte, in die lendene van my voorsate. Ek besef hul more het donker geword, hul angs was tot die dood – daarsonder sou hul nie die son sien ondergaan het daardie aand nie Ek weet hul kennis van die Skrif, het hul gebring tot net een oplossing – na JHWH met ‘n aanbod ter wille van fisiese uitredding. Ek lees dat die beginsel van ‘n belofte aan JHWH van een mens, of ‘n groep mense, heeltemal Skriftuurlik is. Ek verstaan dat hierdie feite in botsing is met die leer van die wêreld wat ontken dat JHWH is, en wat ontken dat Hy ‘n beloner is van die wat Hom soek. Nou wil ek weet, wat is die implikasie hiervan op my, my gesin, my toekoms en my mores wat nog kom. Ons kyk daarna in Deel 2 – die Tweede kwessie.
Kyk, in die hemel is ons getuie. . . nd Treurgro
Vandag praat ons oor: Dit is waar, dus: 1. Wat is die som van die implikasies vir ons vandag? 2. Wat eis dit van ons? 3. Wat is die risiko? 4. Wat kan die wins wees? 5. Sekerlik die volk sal hul nie bekeer nie – wie is nog die “volk” vandag? Wie moet bekeer?
1. Som van implikasies vandag Dat die Boervolk: • As regspersoon aanspreeklik bly teenoor die belofte se vervulling – die individu vind sy redding in Jahshua, maar die kollektiewe belofte van die volk bly uitstaande. • Huidige en toekomstige geslagte ingelig moet word mbt die verantwoordelikhede wat op hul rus • Ontkenning van hierdie werklikheid nie losmaking van die verantwoordelikheid kan beteken nie – daar was nooit ‘n “sunset clause” in die Gelofte ingebou nie.
Dan moet ons die inhoud verstaan. . . Hier staan wij tans op een ogenblik voor een heilige God van hemel en aarde om een belofte aan Hem te beloven, als Hij Zijn bescherming met ons zal wezen, en ons vijand in onze handen sal geven, dat wij hem oorwinnen, dat wij die dag en datum elke jaar als een verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer sal doorbrengen en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten sal, waar het Hem sou behagen en dat wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten, want de eer van Zijn Naam zal daardoor verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven. Amen.
Die partye Hier staan wij tans op een ogenblik voor. . . dat wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten Deu 29: 10 Julle staan vandag almal voor die aangesig van JAHWEH julle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle opsigters—al die manne van Israel; Deu 29: 11 julle kinders, julle vroue en jou vreemdeling wat binne-in jou laer is, jou houtkapper sowel as jou waterputter (alles onder jou gesag) , Deu 29: 12 om oor te gaan in die verbond van JAHWEH jou God—en in sy eedswering—wat JAHWEH jou God vandag met jou sluit; Deu 29: 13 sodat Hy jou vandag vir Hom as volk kan bevestig en vir jou ‘n God kan wees soos Hy jou beloof het, en soos Hy aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het. Deu 29: 14 En nie met julle alleen maak ek hierdie verbond en hierdie eedswering nie, Deu 29: 15 maar met die wat vandag hier saam met ons voor die aangesig van JAHWEH onse God staan, én met die wat hier vandag nie saam met ons is nie. Een heilige God van hemel en aarde Hnd 17: 24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, . . . .
Die petisie. . . als Hij Zijn bescherming met ons zal wezen, en ons vijand in onze handen sal geven, dat wij hem oorwinnen. . . 1 Sa 24: 4 En die manne van Dawid sê aan hom: Kyk, dit is die dag dat JAHWEH aan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af. 1 Sa 2: 8 Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle ‘n erestoel te laat beërwe. Want aan JAHWEH behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig. 1 Sa 2: 9 Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ‘n mens oorwin nie deur krag nie. Psa 20: 1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. Mag JAHWEH u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm! Psa 20: 2 Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion! Psa 20: 3 Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien (die gedagte aan ‘n geskenk gegee in ruil vir bewaring in die stryd)! Sela. Psa 20: 4 Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul! Psa 20: 5 Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag JAHWEH al u begeertes vervul! Psa 20: 6 Nou weet ek dat JAHWEH sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand. Psa 20: 7 Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van JAHWEH onse God. Psa 20: 8 Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig. Psa 20: 9 HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!
Die aanbod (offer) - 1 . . . die dag en datum elke jaar als een verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer sal doorbrengen. . . Est 9: 26 Daarom noem hulle dié dae Purim, na die naam Pur. Hierom, vanweë al die woorde van daardie brief en wat hulle self daarvan gesien het en wat hulle oorgekom het, Est 9: 27 het die Jode vasgestel en as insetting aangeneem vir hulle en hulle nageslag en vir almal wat hulle by hulle sou aansluit, sodat dit onherroeplik sou wees, dat hulle dié twee dae al jare sou hou volgens die voorskrif daaromtrent en op die bepaalde tyd; Est 9: 28 en dat dié dae herdenk en gehou moet word in al die geslagte, families, provinsies en stede, en dat dié Purim-dae onder die Jode nie afgeskaf mag word nie en die gedagtenis daaraan onder hulle nageslag nie mag ophou nie. Lev 23: 21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ‘n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ‘n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte. Lev 23: 24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur basuingeklank, ‘n heilige vierdag. Lev 23: 25 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan JAHWEH ‘n vuuroffer bring. Lev 23: 27 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. ‘n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan JAHWEH ‘n vuuroffer bring. Lev 23: 28 En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is ‘n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van JAHWEH julle God. Lev 23: 29 Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. Lev 23: 30 Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, dié siel sal Ek uitroei onder sy volk uit. Lev 23: 31 Julle mag géén werk doen nie; dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke. Lev 23: 32 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
Die aanbod (offer) - 2. . en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten sal, waar het Hem sou behagen. . Hnd 17: 24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Jes 2: 5 Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van JAHWEH! Heb 8: 10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 1 Pe 4: 17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? 1 Pe 4: 18 En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn? Psa 116: 12 Wat sal ek JAHWEH vergeld vir al sy weldade aan my? Psa 116: 13 Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van JAHWEH aanroep. Psa 116: 14 My geloftes sal ek aan JAHWEH betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk. Psa 116: 15 Kosbaar is in die oë van JAHWEH die dood van sy gunsgenote.
Die aanbod (offer) - 3. . dat wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. . de eer van Zijn Naam zal daardoor verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven. . . Gén 17: 9 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag. Gén 28: 16 Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, JAHWEH is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie. Gén 28: 17 En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as ‘n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel. Gén 28: 18 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ‘n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet. Gén 28: 19 En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus. Jos 4: 21 En hy het met die kinders van Israel gespreek en gesê: Wanneer julle kinders later hulle vaders vra en sê: Wat beteken hierdie klippe? Jos 4: 22 dan moet julle dit aan julle kinders bekend maak en sê: Op droë grond het Israel deur hierdie Jordaan getrek, Jos 4: 23 deurdat JAHWEH julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos JAHWEH julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het; Jos 4: 24 dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van JAHWEH sterk is, sodat julle JAHWEH julle God altyd mag vrees.
In vervulling sien gaan Psa 91: 1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Psa 91: 2 Ek sal tot JAHWEH sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Psa 91: 3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. Psa 91: 4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser. Psa 91: 5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl (assegaai) wat bedags vlieg nie, Psa 91: 6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Psa 91: 7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie. Psa 91: 8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. Psa 91: 9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Psa 91: 10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; Psa 91: 11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Psa 91: 12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. Psa 91: 13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap. Psa 91: 14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Psa 91: 15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. Psa 91: 16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.
Dit eis van ons dat: 1. Zoals een Sabbat in Zijn eer sal doorbrengen – ‘n toegewyde dag waar alles wat ek doen gefokus sal wees op Sy eer, en die wêreld kan sien en hoor dat JHWH IS, en ‘n BELONER IS VAN DIE WAT HOM SOEK. 2. Een tempel tot Zijn eer stichten - elke dag van elke geslag van die Boerevolk moet hul, soos die Leviete, toegewy lewe aan JHWH, sodat HY KAN LEEF ONDER HUL LOFSANGE 3. Opkomende geslachten in moeten delen – elke ouer dit sy plig ag dat hierdie kennis en toegewyde leefwyse van moedersknie reeds die deel word van hul kinders, en hul kinders nooit ander gode gelykstel aan JHWH nie 4. Zijn Naam zal verheerlikt worden deur de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven – dat ons ‘n volk is wat elke prestasie, elke oorwinning, elke heldedaad, alleen die eer aan JHWH bring, en mense na agter geskuif word, uit die kollig uit.
Die risiko is groot! Lev 26: 14 Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; Lev 26: 15 en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ‘n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek. Lev 26: 16 dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: . . . . Lev 26: 17 En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie. Lev 26: 18 En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig. Lev 26: 19 En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. Prd 5: 2 Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees. Prd 5: 4 As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Prd 5: 5 Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Prd 5: 6 Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ‘n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?
Uit die mond van ons vyand. . Afri. Forum Mediaverklaring 8 Julie 2011 Rassisme steek kop uit by UNISA-seminaar Afri. Forum het vandag ʼn brief aan die registrateur van UNISA, prof. Louis Molamu, gestuur waarin hy hom vra dat die universiteit hom van growwe rassistiese standpunte van een van sy dosente moet distansieer. Dít volg nadat mnr. Boitumelo Senokoane, ʼn dosent in teologiese etiek by UNISA, eergister verskeie rassistiese en onsensitiewe aanmerkings teenoor die wit gemeenskap gemaak het tydens ‘n filosofiese seminaar met die tema, “White man, you are on your own”. Sowat 40 academici en lede van die publiek het die seminaar, wat by die universiteit gehou is, bygewoon. Van die uitlatings wat gemaak is, sluit in: · Wit mense (veral liberale wit mense) moenie deur swart mense vertrou word nie. · Wit mense wat teen Apartheid baklei het, moenie deur swart mense as vennote gesien word nie. · Daar hoef nie aandag aan wit mense se politieke en ekonomiese kwellings geskenk word nie. · Die wit gemeenskap het nog nooit enige goeie daad teenoor swart mense gepleeg nie. · Wit mense het op geen terrein enige morele outoriteit nie. · Die “God van die wit man” (wat die “God van Bloedrivier” is) het hom verlaat. · Wittes is sosiale uitgeworpenes en godsdienstige huigelaars. · Rassisme is ʼn wit fenomeen en swart mense is daarom nie in staat om rassisties te wees nie. “Die standpunte van mnr. Senokoane is growwe rassisme en oorvereenvoudiging van die land se geskiedenis, ” het Cornelius Jansen van Rensburg, Afri. Forum se hoof van gemeenskapsake, gesê.
Uit die bek van ‘n esel is gespreek. . woord met meer waarheid as wat die esel verstaan Deu 32: 18 Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die God vergeet wat jou voortgebring het. Deu 32: 19 Toe JAHWEH dit sien, het Hy hulle verwerp, uit ergernis oor sy seuns en dogters. Deu 32: 25 Buitekant sal die swaard beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die jongedogter, die suigling saam met die grysaard. Deu 32: 26 Ek sou gesê het: Ek wil hulle wegblaas, hulle gedagtenis onder die mense uitroei— Deu 32: 27 as Ek nie vir die terging van die vyand bedug was nie, dat hulle teëstanders dit sou misverstaan en sê: Ons hand was hoog, en JAHWEH het dit alles nie gedoen nie. Deu 32: 28 Want ‘n nasie van verlore raadsplanne is hulle, en daar is geen verstand in hulle nie. Deu 32: 29 Was hulle wys, hulle sou dit insien, hulle sou op hulle einde let. Deu 32: 30 Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tien duisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en JAHWEH hulle oorgelewer het nie! A high-ranking member of the Dutch Freedom Party (PVV), Martin Bosma, recently visited South Africa. According to him, “Afrikaners are the canary in the coal mine for the whole of the Western world. You will be the first Western nation to die out since the start of the European Renaissance. ” PRAAG
Winde van verandering. . onlangs begin Up to the 1970 s the received version of events was seldom questioned, but since then scholars ( have questioned almost every aspect. They debate whether a vow was even taken and, if so, what its wording was. Some argue that the vow occurred on the day of the battle, others point to December 7 or 9. Whether Andries Pretorius or Sarel Cilliers led the assembly has been debated; and even whethere was an assembly. The location at which the vow was taken has also produced diverging opinions, with some rejecting the Ncome River site for (Bailey 2003). Wikipedia Historian S. P. Mackenzie Simon Mac. Kenzie (also known as S. P. Mac. Kenzie) is a military historian, author and academic. He was educated at the University of Toronto and received a Ph. D from the University of Oxford in 1989. He currently teaches at the University of South Carolina. He has won the Templer Medal, a £ 5000 prize offered by the Society for Army Historical Research.
As daar risiko is, is daar wins ook? Jes 44: 22 Ek delg jou oortredinge uit soos ‘n newel en jou sondes soos ‘n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos. Dit is waar vir elke individu, maar dit openbaar ook iets van JHWH se hart mbt Sy aard en genade oor die wat die spoor byster raak. Jer 3: 12 Gaan en roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê: Keer terug, o afkerige, Israel, spreek JAHWEH. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is goedertieren, spreek JAHWEH; Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie. Weereens verwys hierdie in ons dag na persoonlike redding, maar net so openbaar dit die hartsgedagte van JHWH jeens ‘n volk, versameling, gemeente en elk wat afvallig geword het. Op voorwaarde – KEER TERUG – belowe Hy Sy goedertierenheid oor hulle / ons. Is daar wins in TERUGKEER? Herstel is nie noodwendig die gevolg van berou nie, maar sonder berou, sal daar verseker nooit herstel kom nie. Bedink die gevolge van misdaad, die vonnis, die tronkstraf – maar ook die volheid van die straf, en die nuwe geleentheid met vrylating.
Die volk moet terugkeer? Dink weer. . . Hos 7: 13 Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! Ék tog wou hulle verlos, maar húlle het leuens teen My gespreek. Hos 7: 14 Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My. Hos 7: 15 Alhoewel Ek hulle arms geoefen, versterk het, het hulle kwaad teen My beraam. Hos 7: 16 Hulle keer terug, maar nie na bo nie; hulle is soos ‘n bedrieglike boog; hulle vorste sal val deur die swaard weens die skeldwoorde van hulle tong. Dit is hulle bespotting in Egipteland.
Waarin het ons gesondig? Jes 2: 5 Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van JAHWEH! Jes 2: 6 Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste (before, anciently, eastward) aanbied, en van goëlaars (to act covertly, that is, practise magic) soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel (please themselves in children of others). Jes 2: 7 En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie. Jes 2: 8 Ook is hulle land vol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul neer, voor wat hulle vingers gemaak het. Jes 2: 9 So moet dan die mens neergebuig en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie. Jes 2: 10 Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van JAHWEH en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil. Jes 2: 11 Die hoë oë van die mense sal verneder word, en die hoogheid van die manne neergebuig word; en JAHWEH alleen sal in dié dag verhewe wees.
Sal ons herstel kan verwag? Deu 32: 35 My kom die wraak toe en die vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel; want die dag van hulle ondergang is naby, en wat oor hulle beskik is, kom gou. Deu 32: 36 Want JAHWEH sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is. Deu 32: 37 Dan sal Hy sê: Waar is hulle gode, die steenrots waarin hulle toevlug geneem het, Deu 32: 38 wat die vet van hulle slagoffers geëet het, die wyn van hulle drankoffer gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, dat daar oor julle ‘n beskerming kan wees! Deu 32: 39 Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie. Deu 32: 40 Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef— Deu 32: 41 as Ek my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde. Ons leer hier nog iets belangrik van JHWH – dat hy ‘n jammer hart het vir selfs die grootste oortreder, as hy sy fout besef, en terugdraai na JHWH toe. Ons leer ook dat JHWH self die beginsel van wraak verbind aan Sy eie ewige bestaan – “So waar as Ek ewig leef”. Ons leer Hom ken as ‘n God van liefde en genade vir die wat terugkeer, maar ook as ‘n God van wraak teen die wat Hom teëstaan.
As Sy gedagtes soos ons gedagtes was. . .
Maar dit is nie – Sy gedagtes is aan ons bekend, en dit is nie soos ‘n mens nie. . • Vinnig om te vergewe, lankmoedig teenoor die sondaar • Ag ons lewens kosbaar • Hou nie jou oortredinge teen jou nie • Moedig ons aan om Hom te beproef • Voltooi elke saak wat Hy begin het • Dink aan Sy vriendskap met die wat Hom liefgehad het, en by Hom geskuil het – ook hul nageslag ten goede • Volbring elke belofte en profesie wat uit Sy mond gekom het, deur diens van Sy profete Jer 29: 10 Want so sê JAHWEH: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring (want so is dit geprofeteer). Jer 29: 11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek JAHWEH, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. Jer 29: 12 Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. Jer 29: 13 En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. Jer 29: 14 En Ek sal My deur julle laat vind, spreek JAHWEH, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek JAHWEH; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.
In plein Boeretaal uitgedruk. . Selfs al is jou gemoed slegs 10% oortuig dat wat jy tot hier gehoor het wel meriete kan hê, laat dan ter wille van die 10% moontlikheid dat JHWH weer aan ons volk bewaring en vrede sal herstel, jou hande nie slap hang nie. Jy doen veel meer vir veel kleiner waarskynlikhede – jy maak kompromie met jou kind se opvoeding, vir die mikro-waarskynlikheid dat die Nuwe SA hom/haar eendag ‘n regverdige geleentheid sal bied, jy maak kompromie met jou eie waardes en beginsels vir die mikrowaarskynlikheid dat dit vir jou tyd en geleentheid sal bied in hierdie nuwe bestel, jy hou selfs die agterdeur oop om te immigreer indien jou mikro- waarskynlikhede nie realiseer nie. Maar helaas, jy weier om die moontlikheid te oorweeg dat JHWH lank gelede reeds vir ons volk ‘n geleentheid tot bewaring gebied het, en al wat dit vra, is om dit wat ons belowe het, aan Hom te betaal. En wat ons belowe het, is dat ons as volk ‘n huis vir Hom sal wees, sodat al die berge van Israel (volke) sal kan sien dat JHWH die Held is wat kan red, en hulle sal begeer om soos ons, in Sy hand skuiling te vind. Is dit te veel gevra? Is wat jou vriende van jou dink, en wat die Prof SP Mackenzie’s van die wêreld sê vir jou van meer belang – dan is jy moontlik geforseer om deur die vuur te stap tot die dag van jou dood, terwyl daar reeds ‘n beter weg berei was deur Sy voorbeskikking, maar jy wou nie.
Onthou die wiskunde van JHWH se genade Gén 18: 20 Verder het JAHWEH gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar. Gén 18: 21 Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet. Gén 18: 22 Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die aangesig van JAHWEH. Gén 18: 23 En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring? Gén 18: 24 Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie? Gén 18: 25 Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die regverdige saam met die goddelose om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die goddelose. Laat dit ver van U wees! Sal die Regter van die ganse aarde geen reg doen nie? Gén 18: 26 Toe sê JAHWEH: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil. Gén 18: 27 En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel ek stof en as is. Gén 18: 28 Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal dit nie verwoes as Ek daar vyf en veertig vind nie. Gén 18: 29 En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê: Miskien sal daar veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie. Gén 18: 30 Verder sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie. Gén 18: 31 Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie. Gén 18: 32 Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie. Gén 18: 33 En JAHWEH het weggegaan toe Hy opgehou het om met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer.
Waarom sal ons dan nog ons harte verhard, waarom nie erken, en terugkeer as tempel-volk, waarin Hy Sy woning kan maak nie? Ons het niks te verloor daardeur nie, en alles te win, want: Rom 14: 7 Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie. Rom 14: 8 Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here (huis tot Sy eer stig); of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Rom 14: 9 Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers. Rom 14: 10 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. Rom 14: 11 Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. Rom 14: 12 So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
Laaste gesprek in die reeks – Deel 3 Wat van die Raadsplan van JHWH? Hy het niks gedoen voor hy dit nie aan sy profete bekendgemaak het nie – is daar enigsins spore van hierdie gebeure in die profesieë? Wat is die profete se uitspraak oor die afloop van die saak, en pas dit enigsins in by die eindtyd, die verdrukking, die afwagting en die wederkoms? Wat verwag ons van uit die Skrifte en profete oor ons einde, of begin?
Amen
- Slides: 29