NG KERK PETRUSBURG Gesang 167 Jesus Bron van
NG KERK PETRUSBURG Gesang 167 Jesus, Bron van al my vreugde, Jesus, Lig van my geloof, U is vol genade, waarheid. U, my Heiland, Heer en Hoof. Ja, ek is u eiendom, U, die Seun, U het gekom – As Gestuurde van die Vader Is U self die Weg na Hom. Jesus, Troos van my verlange, Jesus Rus van heel my hart! U’s die ruspunt van my lewein U vind ek troos in smart. U gebooie is so goed, en dit gee my nuwe moed: Selfs al moet ek daarvoor huiwer Brand my hart daaroor in gloed! Jesus, Vreug van heel my lewe, Jesus, Lus van my bestaan! Deur u Woord wil U my inlei na die redding deur: u Naam. Ja, ek weet U’t my gevind en ek glo: Ek is u kind! Daarom juig ek, o my Vader: U het my aan Hom verbind! 'n Biddende gemeente, wat mekaar in liefde dien en uitreik na die wêreld. 22 September 2019 Hartlik welkom in die huis van die Here (053) 574 0279 ngkpetrusburg@gmail. com Besoek gerus ons Facebook blad 09 h 30 – Erediens Ds. Pieter Poley Skriflesing: Lukas 22: 54 -62 Markus 15: 39 Offergawe by die deure vandag: Letsemeng Offergawe by die deure volgende Sondag: Fonds vir Bybelgenootskap Kerkkantoorure Maandae: 11: 00 – 13: 00 Dinsdae – Vrydae 8: 00 – 13: 00 Leraar: Ds. Jaco Thom Sel: 084 523 1157 Epos Addres: jaco@bybelkoerant. co. za
Verversings Seënwense vir almal wat die komende week verjaar. Mag dit ‘n besonderse jaar vir elkeen van julle wees: September 23 Wouter Nieuwoudt 25 Carol Masuret 26 Jan Steenkamp 28 Cecile Labuschagne U word hartlik uitgenooi om na die erediens ‘n lekker warm koppie koffie of tee met verversings te kom geniet. Graag bedank ons Wyk 4 vir die verversings wat voorgesit is vir vandag. Verversingsbeurt vir 29 September: Wyk 5 Gebedsversoeke Elmien Thom – Oogoperasie Huweliksherdenking 22 24 26 28 Philip & Andrea Bredenhann (40 j) Kobus & Elke Van der Westhuizen (8 j) Poenie & Adeline (10 j) Hubart & Hettie Janse Van Rensburg (35 j) Weeklikse Werksaamhede 23 12: 00 Sopbediening 25 09: 00 Sopbediening 27 12: 00 Sopbediening Belangrike inligting Ons nuwe webwerf is op die lug, hoewel hy nog nie heeltemal klaar gebou is nie. Gaan loer gerus by www. ngkerkpetrusburg. co. za na die webwerf en laat weet ons wat jy dink en wat jy graag op die kerk se webwerf sal wil sien. Liewe Gemeente, Jahweh Dagsorgsentrum vir gestremdes hou DV 4 Oktober ‘n allerlei verkoping by die sentrum. Wil u nie asb vir ons help met die volgende nie: • Tweedehandse klere en skoene • . Kombuisware - baie gewild! • Gordyne, linne, handdoeke Bydraes kan by kerkkantoor afgegee word, of kontak Lulu (083 309 7277) om dit op te tel. Baie dankie vir u ondersteuning!
- Slides: 2