My STOMPv 2 I gids Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie
My STOMPv 2 I gids Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie
Wat is Sv 1 TOMPv 2 I? STOMPI is die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin. Hoe dikwels skryf jy ‘n sin neer en dan kla die onderwyser dat jou woordorde nie reg is nie, dan kan jy nie verstaan hoekom nie?
Kom ons kyk na die volgende twee sinne: Die man het sy motor gister in die motorhuis parkeer. Die man het gister sy motor in die motorhuis parkeer. Watter een van bogenoemde sinne maak sintakties sin? Al twee. Watter een van bogenoemde sinne se volgorde is sintakties korrek? Die tweede een.
Maar hoekom? Die tyd kom altyd aan die begin van die sin na die eerste werkwoord, so-ook word die plek waar die sin afspeel amper aan die einde aangetref voor die tweede werkwoord. Sv 1 TOMPv 2 I is ‘n Engelse kortpad (akroniem) om jou te help om die Afrikaanse sinsvolgorde te herken en te leer ken. Hoe doen ‘n mens dit? Eers moet ons ondersoek waarvoor elke letter van Sv 1 TOMPv 2 I staan.
Waarvoor staan Sv 1 TOMPv 2 I? Sv 1 TOMPv 2 I word gebruik wanneer mens besig is met sinsontleding in Afrikaans, maar ook vir lydende en bedrywende vorm, woordorde, ens. Kyk gou na die volgende tabel.
Subject S Onderwerp Verb 1 v 1 Werkwoord 1 Time T Tyd Object O Voorwerp Manner M Wyse, Graad of Manier Place P Plek Verb 2 v 2 Werkwoord 2 Infinitive I Infinitief
STOMPI begin nou wraggies bekend lyk! tog besef ek dat werk wat bekend lyk nie noodwendig maklik is of selfs verstaan word nie. Kom ons ondersoek STOMPI nog verder.
Hoe identifiseer ek die dele van Sv 1 TOMPv 2 I in ‘n sin? Net soos met Wiskunde is daar sekere formules wat gebruik kan word om sinne te ontleed. Dis nie meer net ‘n geval van óf jy verstaan dit nie. Die STOMPI-metode kan jou help om by die regte antwoord uit te kom of dit kan jou help om te toets of jou antwoord reg is.
Kyk of jy antwoorde kan verskaf op die volgende vrae: • Hoe weet ek wat die onderwerp van ‘n sin is? • Hoe identifiseer ek die werkwoorde? • Hoe onderskei ek tussen die tyd, manier en plek? • Wat is die verskil tussen ‘n onderwerp en ‘n voorwerp?
As jy STOMPI ken, is die vrae eenvoudig om te beantwoord! Kom ons kyk na die verskillende dele van STOMPI op hul eie!
S ubject OF Onderwerp q. Staan gewoonlik eerste in die sin. q. Die onderwerp is dit waaroor die sin gaan. q. Die onderwerp is gewoonlik die WIE of die WAT. DIE SEUN Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
v erb 1 OF Werkwoord 1 HET q. Die eerste werkwoord in die sin. q. Die werkwoord word in twee groepe verdeel: q. Teenwoordige tyd: Hoofwerkwoord van die sin. Daar is geen tweede werkwoord nie. q. Verlede en toekomende tyd: die eerste werkwoord is altyd die hulpwerkwoorde in die twee tye. q. Verlede tyd: HET, SOU, WIL, KON, MOES, MOG q. Toekomende tyd: SAL, WIL, KAN, MOET, MAG Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
T ime OF Tyd q. Gewoonlik enige aanduiding van tyd. q. Die TYD antwoord die WANNEER vraag. GISTER Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
O bject OF Voorwerp q. Die voorwerp is dit wat GEDOEN word in die sin. q. Wat WERKWOORD die ONDERWERP? q. Die antwoord op bogenoemde vraag, is die voorwerp. q. Die onderwerp en die voorwerp lyk baie dieselfde, want hulle ruil plekke tydens lydende en bedrywende vorm. sy rugbybal Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
M anner OF Manier q. Die wyse beantwoord die HOE-vraag. HOE word dit gedoen. q. Die wyse is ALTYD ‘n beskrywende woord. q. Die beskrywende woord kan in TRAPPE VAN VERGELYKING geplaas word. HARD Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
P lace OF Plek q. Die plek beantwoord die WAAR-vraag. q. Die plek bevat ALTYD ‘n VOORSETSEL, die voorsetsel gee juis ‘n aanduiding van plek. q. Voorsetsels: IN, AAN, AGTER, BY, BO, LANGS, MET, NA, ONDER, OM, OOR, OP, TEEN, UIT, VOOR, ens. OOR DIE PALE Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
v erb 2 OF Werkwoord 2 q. Die tweede werkwoord in die sin. q. Die teenwoordige tyd het nie ‘n tweede werkwoord nie. q. Die tweede werkwoord is die hoofwerkwoord in die verlede en die toekomende tyd. q. Die verlede tyd hoofwerkwoord het baie keer ‘n “ge” vooraan. GESKOP Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
I nfinitive OF Infintief q. Die infinitief beantwoord die HOEKOM-vraag. q. Die infinitief is eintlik die maklikste om uit te ken. q. Alles van OM tot die einde van die sin is die infinitief. Die infinitief gee die rede vir dit wat in die sin gesê is. OM TE OEFEN Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
Kom ons kyk nou weer na die voorbeeld sin: Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen. Hoeveel woordsoorte kan jy En, wat het woordsoorte te O jinne, wat vir ‘n ding is ‘n identifiseer? doen met woordorde? woordsoort nou weer?
ALLES! STOMPI kan jou help om jou woordsoorte beter te onthou!!! Kom ons kyk hoe word dit gedoen:
Wanneer jy ‘n sin in Sv 1 TOMPv 2 I opdeel, kyk ons na groepies woorde wat saam die SUBJECT of die PLACE of die INFINITIVE opmaak. MAAR het jy geweet dat net SEKERE woordsoorte in sekere gedeeltes van Sv 1 TOMPv 2 I inpas?
Watter woordsoort pas by watter gedeelte van Sv 1 TOMPv 2 I? ?
Sv 1 TOMPv 2 I
S Selfstandige naamwoord, voornaamwoord, lidwoord v 1 Hede: hoofwerkwoord T Bywoord van tyd O Selfstandige naamwoord, voornaamwoord, lidwoord M Byvoeglike naamwoord of bywoord P Voorsetsel + lidwoord, voornaamwoord, selfstandige naamwoord v 2 I Hede: GEEN Verlede/Toekoms: hulpwerkwoord Verlede/Toekoms: hoofwerkwoord Infinitief (om te), lidwoord, selfstandige naamwoord, voornaamwoord, byvoeglike naamwoord, werkwoord.
Hoe word ‘n sin ontleed op die Sv 1 TOMPv 2 I-manier?
• Stap 1: Onderstreep die werkwoorde in die sin. v 1 Die seun het gister sy rugbybal hard v 2 oor die pale geskop om te oefen.
• Stap 2: Dit wat voor die eerste werkwoord staan is die SUBJECT (onderwerp). Die wat na die tweede werkwoord staan is die INFINITIVE (infinitief). ONTHOU: die Infinitief moet S OM en/of TE bevat. v 1 Die seun het gister sy rugbybal hard v 2 I oor die pale geskop om te oefen. ONTHOU: die Subject/Onderwerp bevat óf ‘n lidwoord óf ‘n selfstandige naamwoord óf ‘n voornaamwoord.
S v 1 Die seun het gister sy rugbybal hard v 2 oor die pale geskop om te oefen. Watter vrae vra jy vir jouself om die ander gedeeltes van STOMPI te identifiseer? Wanneer het die seun? Gister Wat het die seun geskop? Sy rugbybal ü Wanneer VERB die SUBJECT? TIME ü Wat VERB die SUBJECT VERB? OBJECT Hoe het die seun geskop? Hard ü Hoe VERB die SUBJECT VERB? MANNER Waar het die seun geskop? Oor die pale ü Waar VERB die SUBJECT VERB? PLACE
• Stap 3: Begin nou aan die begin van die sin en kyk watter gedeeltes van STOMPI is daar nog in die sin. ONTHOU: ‘n sin hoef nie noodwendig al die gedeeltes van STOMPI teenwoordig te hê nie. v 1 T S M O Die seun het gister sy rugbybal hard P v 2 I oor die pale geskop om te oefen.
Hier is die drie stappe weer: • Stap 1: Onderstreep die werkwoorde in die sin. • Stap 2: Dit wat voor die eerste werkwoord staan is die SUBJECT (onderwerp). Die wat na die tweede werkwoord staan is die INFINITIVE (infinitief). • Stap 3: Begin nou aan die begin van die sin en kyk watter gedeeltes van STOMPI is daar nog in die sin. ONTHOU: ‘n sin hoef nie noodwendig al die gedeeltes van STOMPI teenwoordig te hê nie.
Nou is dit JOU beurt om te oefen om ‘n sin in STOMPI op te deel!!
Onthou en gebruik die 3 stappe! 1. Die leerders het die werk vinnig vir die eksamen geleer om goed te presteer. 2. Die meisie sal later haar gesig mooi in die badkamer grimeer om pragtig te lyk. 3. Ons drink saans koffie in die kombuis. 4. Eugene het sy werk goed gedoen om betaal te word. 5. Die vis sal vinnig in die vuil dam swem.
Memorandum S v 1 O M 1. Die leerders het die werk vinnig vir die P v 2 I eksamen geleer om goed te presteer.
Memorandum S v 1 T O M 2. Die meisie sal later haar gesig mooi I v 2 P in die badkamer grimeer om pragtig te lyk.
Memorandum S v 1 T O P 3. Ons drink saans koffie in die kombuis.
Memorandum S v 1 O M v 2 4. Eugene het sy werk goed gedoen I om betaal te word.
Memorandum S v 1 M P v 2 5. Die vis sal vinnig in die vuil dam swem.
Met die volgende les sal ons kyk hoe STOMPI jou kan help om met verskillende woorde in die sin te begin. ***
- Slides: 38