Module 6 TIEN WILDE WENKE VIR N KREATIEWE

  • Slides: 14
Download presentation
Module 6 TIEN WILDE WENKE VIR ‘N KREATIEWE LEEFSTYL @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh

Module 6 TIEN WILDE WENKE VIR ‘N KREATIEWE LEEFSTYL @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Jy het die afgelope week geleentheid gehad om te dink oor jou eie leefstyl

Jy het die afgelope week geleentheid gehad om te dink oor jou eie leefstyl en houding en hoe dit jou kreatiewe denke beïnvloed. Dit is nou die kans vir WILLE (en 'n paar van sy vriende) om 'n paar wenke na jou kant toe te gooi !!!! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Hier volg nou nog 'n paar wenke om al hoe meer kreatief te leef.

Hier volg nou nog 'n paar wenke om al hoe meer kreatief te leef. Jy is welkom om van hierdie voorbeelde in jou kreatiewe denke werkboek neer te skryf ! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Wenk 1 Doen bietjie iets anders, man! Iets ongewoon en nuut. Ek stel nie

Wenk 1 Doen bietjie iets anders, man! Iets ongewoon en nuut. Ek stel nie voor dat jy jou hare moet groen kleur nie, maar eerder dat jy jou vasgestelde patrone verander. Luister byvoorbeeld na 'n nuwe radiostasie, lees 'n boek oor 'n nuwe onderwerp (soos kreatiewe denke), gesels met iemand by die skool wat jy nog nie ken nie of gaan klim in 'n boom en bekyk die wêreld vanuit 'n nuwe hoek! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Wenk 2 Speel met speletjies wat jou kreatiewe denke kan verhoog, soos byvoorbeeld legkaarte,

Wenk 2 Speel met speletjies wat jou kreatiewe denke kan verhoog, soos byvoorbeeld legkaarte, blokkies, kopkrappers, raaisels, bordspele, tekenspeletjies, rollespeletjies of rekenaarspeletjies. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Wenk 3 Droom: droom groot, droom vreemd en droom anders. Ruim 'n spesiale plek

Wenk 3 Droom: droom groot, droom vreemd en droom anders. Ruim 'n spesiale plek (soos jou ou boomhuis, jou klerekas of waar ookal!) en tyd in jou dag in om net jouself te wees, om te ontspan en die tyd om te droom … @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Wenk 4 Lag 'n slag! Versamel 'n humoralbum, vertel grappe, luister na grappe, lees

Wenk 4 Lag 'n slag! Versamel 'n humoralbum, vertel grappe, luister na grappe, lees grappe, kyk Mr Bean as jy wil of wees 'n bietjie verspot. Maak net seker dat jy jou sin vir humor ontwikkel! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Wenk 5 Eet 'n bietjie minder hamburgers en skyfies – onthou 'n gesonde liggaam

Wenk 5 Eet 'n bietjie minder hamburgers en skyfies – onthou 'n gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees en ook kreatiewe denke! Oefen 'n bietjie meer gereeld as net die pad snoepie toe te loop. Slaap meer gereeld as net die paar uur na die partytjie en die paar uur voor die wekker jou uit jou 'n semi-koma wakker ruk. Word wakker en leef wakker! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Wenk 6 Sorteer jou probleme sover as moontlik uit, byvoorbeeld jy en jou ma

Wenk 6 Sorteer jou probleme sover as moontlik uit, byvoorbeeld jy en jou ma wat mekaar nie lekker verstaan nie, jou meisie/ou wat jou afgesê het of Wiskunde wat tussen jou en 'n roemryke loopbaan staan. Praat met iemand oor jou probleme, hou 'n joernaal, huil 'n slag ordentlik. Jy kan net behoorlik kreatief dink indien jy nie al jou energie op ander probleme mors nie. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Wenk 7 Kom in oefening sodat jy soveel as moontlik idees kan genereer vir

Wenk 7 Kom in oefening sodat jy soveel as moontlik idees kan genereer vir elke probleem wat moontlik voorlê. Beskou dit as 'n uitdaging. Vra vrae soos: “Waarom nie? ”, terwyl ander vrae vra soos: “Waarom? ”, “Wat as? ” of “Hoe sou dit wees as? ” Kombineer idees, waag kanse, wees anders en doen dinge anders! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Wenk 8 Stel bereikbare doelwitte. Meet die sukses van jou idees aan oorspronklikheid, bruikbaarheid

Wenk 8 Stel bereikbare doelwitte. Meet die sukses van jou idees aan oorspronklikheid, bruikbaarheid en toepaslikheid, asook die begroting en tydskedule. Wees bereid om hard te werk om daardie doelwitte te bereik! En wees dan voorbereid om die sukses daarvan te geniet! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Wenk 9 Omring jouself met mense en dinge wat sal bydrae tot die ontwikkeling

Wenk 9 Omring jouself met mense en dinge wat sal bydrae tot die ontwikkeling van jou kreatiewe denke. Dit is mense wat vir jou omgee, jou respekteer en aanmoedig om risiko’s te neem; en dinge soos musiek, boeke, kleure, films, plekke en dinge wat jou kreatief laat voel en dink. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Wenk 10 Dink aan jouself as 'n kreatiewe persoon. Staan elke oggend op en

Wenk 10 Dink aan jouself as 'n kreatiewe persoon. Staan elke oggend op en sê vir jouself dinge soos: “Ek wil graag kreatief wees. ” “Ek kan kreatief dink. ” “Ek is kreatief. ” “My kreatiewe denke groei elke dag. ” “Ek is 'n oorspronklike persoon met baie interessante idees. ” “Ek is 'n avontuurlike persoon wat graag kanse waag en dinge vanuit 'n nuwe hoek beskou!” Glo in jouself! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Geniet 'n leeftyd propvol kreatiewe denke! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)

Geniet 'n leeftyd propvol kreatiewe denke! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)