Module 2 Maar kan jou brein dit doen
Module 2 Maar kan jou brein dit doen ? @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
MAAR KAN JOU BREIN DIT DOEN? Jy wil natuurlik weet of jy jou wonderlike breinkrag kan behou en kan vermeerder. Die antwoord is eenvoudig: Almal het dieselfde standaardgrootte brein (ongeveer 3% van standaard liggaamsgewig). Die geheim van topprestasie is geleë in hoe en hoeveel jy jou brein gebruik. Dit is die bepalende tree op die pad na 'n toekoms wat jy vandag reeds kan begin skep. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
DOELWIT Die doelwit van Module 2 is om jou aan jou wonderlike brein of “meesterorgaan” bekend te stel, hoe jou brein lyk, die funksies daarvan en wat gebeur wanneer jy jou brein benut om kreatief te dink. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
HOE LYK JOU BREIN OF “MEESTERORGAAN”? Die gemiddelde brein kan vertikaal (van bo na onder) in drie dele verdeel word, naamlik: n Die opperbrein of korteks: Die korteks is jou denkende, redenerende brein en beheer bewuste denke. Dit kan verdeel word in twee dele, naamlik die linker- en regterkant (hemisfere) en hanteer die mees gesofistikeerde (ingewikkelde) funksies van die brein. n Die midbrein of limbiese sisteem: Dit is die mees chemies aktiewe deel van die brein en is die sentrum van emosies. n Die laer breinstam of primitiewe brein: Sekere liggaamsfunksies soos asemhaling en bloeddruk, sowel as sekere basiese menslike instinkte, soos 'n sin vir gevaar en ritme word vanaf die primitiewe brein beheer. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
WAT IS DIE FUNKSIES VAN JOU BREIN WAT MET KREATIEWE DENKE VERBAND HOU? Alhoewel albei kante min of meer identies lyk, funksioneer hulle op heeltemal verskillende maniere. Soos reeds in Module 1 uiteengesit het ons die volgende gesien: n Die regterhemisfeer: is divergent (kan aan baie moontlike oplossings vir 'n probleem dink); is nie altyd bewus van wat buite die mens aangaan nie (onbewus); kan kreatief dink; is verbeeldingryk; soek patrone; en voel dinge aan. Die regterhemisfeer is meer speels, buigsaam en kompleks as die linkerhemisfeer. Vir die regterhemisfeer is aspekte wat nie met taal verband hou nie belangrik, soos die mistieke, geestelike, ruimtelike beelde of prentjies, die kunstige, musikale, emosionele, en menseverhoudinge. Die regterkant kan al hierdie aspekte op holistiese wyse in ag neem en dit saamvat. n Die linkerhemisfeer: is konvergent (kan die een beste oplossing uit baie moontlike oplossings kies); kan dinge ontleed; patrone gebruik; is liniêr en redeneer stap-virstap; neem die volgorde, sowel as die oorsake en gevolge van dinge in ag; dink probleemoplossend; hou van struktuur; en kan beplan en organiseer. Die linkerhemisfeer is ook bewus van wat om hom aangaan, is wiskundig, taalkundig, logies, analities, realisties, prakties, tegnies, neem alle feite in ag en is objektief. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
n n n Die twee helftes van die korteks word deur die corpus callosum verbind. Dit is 'n kompleks-verweefde, dik senuweekabel wat uit miljoene vesels bestaan en wat die twee serebrale hemisfere oorkruis verbind. Die corpus callosum integreer (verenig) dus die twee dele van die brein. Geïntegreerde denke bevry die verstand van gespesialiseerde denke. Dit verenig linker- en regterhemisfeerfunksies om nuwe dimensies van skepping en probleemoplossing te herken en daarvolgens te reageer. Elke kant van die brein funksioneer so goed as moontlik, maar kan in die proses foute maak. Die kritiese, logiese “weet-alles” linkerkant van die brein kan idees te vinnig afskiet, terwyl die regterkant van die brein impulsief kan reageer op 'n gevoel nog voordat die idee goed deurdink is. Die twee hemisfere behoort mekaar dus aan te vul om so goed as moontlik te funksioneer en die toppunt van prestasie te bereik. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
n Genetika (oorerflikheid), ouderdom en breinkapasiteit speel 'n ondergeskikte rol aan dit wat jy kan doen om jou brein te ontwikkel. Hoe meer jy jou brein gebruik, hoe meer oefening kry jou brein en hoe meer versterk jou denkvermoëns. Die kapasiteit van jou brein en dus ook jou potensiaal is letterlik eindeloos! Jy kan dus self kies wat jy met jou wonderlike brein wil doen. n Verdere goeie nuus is dat die menslike brein (joune ingesluit!) 'n samestelling van elektro-chemiese wonderwerke is! Elke gedagte wat by jou opkom, word verteenwoordig deur sarsies elektriese en subtiele chemiese veranderings, soos die hordes breinselle boodskappe vinnig oordra. Breinselle is dus superbekwame kommunikasielyne wat elke brokkie inligting ontvang en uitstuur met behulp van elektriese impulse. Boodskappe word ook nie slegs van een breinsel na die volgende oorgedra nie, maar ook van die brein na die res van jou liggaam. Dus: Wat jy dink, is wat jy is! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
WAT GEBEUR DUS NOU EINTLIK WANNEER JY KREATIEF DINK? Die kreatiewe proses kan in fases verdeel word wat in 'n siklus plaasvind. Hierdie siklus kan vergelyk word met 'n hoendereier wat uitgebroei word. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
Voorbereiding n n n Hierdie, hoofsaaklik linkerhemisfeerfunksie, behels die daarstelling van doelwitte of die definiëring van 'n probleem, die versameling van feite en die maak van aannames. Patrone word ondersoek, idees word probeer en aannames word bevraagteken. Die regte vrae moet gevra word. Frustrasie word ondervind sodra die persoon nie in staat is om die probleem met bewuste denke op te los nie. Dit maak nie saak hoe hard hy/sy probeer nie. Die persoon werk dus op bewuste wyse hard aan die wetenskaplike beplanning en voorbereiding van die kreatiewe daad. Die hoenderhen het met ander woorde 'n eier gelê. Sy wonder miskien hoe sy te werk moet gaan om die kuiken uit te broei en dink aan allerhande moontlike oplossings vir die probleem, byvoorbeeld: Hoe lank moet sy op die eier sit? Moet sy iemand anders vra om te help? Moet sy die eier enigsins uitbroei? En so meer … Kom ons neem die volgende voorbeeld. Jy het 'n meisie/ou in die oog met wie jy graag wil uitgaan. Dit is jou probleem of doelwit. Eers vind jy soveel as moontlik oor hom/haar uit, onder andere met wie die persoon al uitgegaan het? Gaan die persoon dalk reeds uit? Waarvan hou hy/sy? Hou die persoon moontlik reeds van jou? En so meer. Jy kry antwoorde op sekere vrae, maar is onseker oor ander. Jy wil hom/haar graag genoeg beïndruk dat hy/sy dadelik sal instem om met jou uit te gaan. Maar hoe? @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
Inkubasie n n n Die probleem word vir 'n tydperk aan die onbewuste (die diepste deel van jou menswees waar alle herinneringe en inligting gestoor word) oorgegee om verwerk te word. Tydens hierdie fase is die kreatiewe denker besig met innerlike gedagtes en drome, of dink selfs glad nie aan die probleem nie. Dit is primêr 'n funksie van die regterhemisfeer en onmisbaar tydens die kreatiewe proses. Die hoenderhen is nou moeg gedink oor haar probleem. Sy besluit om eers 'n ruskansie te neem terwyl sy op die eier sit en broei. . . Kom ons keer weer terug na jou probleem. Uit moedeloosheid het jy besluit om eers glad nie te dink aan maniere om jou doelwit te bereik nie. Hy/sy sal tog nooit met jou wil uitgaan nie en jy kan in elk geval nie aan 'n oorspronklike manier dink om die persoon te beïndruk nie. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
Illuminasie of Opheldering n n n Jou brein keer weer terug na die bewuste wanneer opheldering plaasvind, die A-ha! oomblik of insig waartydens die (dikwels eenvoudige, logiese, voordie-handliggende) oplossing die persoon dikwels op 'n onverwagte tyd en plek te binne skiet. Die hoenderhen is dus nog rustig besig om te sit en broei wanneer sy skielik lewe onder haar voel: Die eier broei onder haar uit! Dan tref dit jou (terwyl jy stort, in die klaskamer/kerk is, of sommer in die middel van die nag): Natuurlik! Hy/sy het nou die dag vir 'n vriend se vriend laat val dat hy/sy wens hy/sy het iemand gehad om hom/haar met Wiskunde te help. Dit is natuurlik toevallig jou sterk vak. Met hierdie indirekte benadering en jou ma se lekker tuisgemaakte sjokoladekoek, ontdek die persoon dalk boonop dat jy die mooiste blou oë het … @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
Toepassing n n Dit behels die toepassing en evaluering van die oplossing van die probleem in die werklike lewe (praktyk). Die oplossing wat jy gekies het moet dus prakties (in die werklike lewe) toegepas kan word en jy moet besluit of jy daarmee tevrede is en of jy veranderings wil aanbring. Jy moet met ander woorde self besluit of jy tevrede is met die uiteinde van jou oplossing wanneer jy dit in die praktyk toegepas het. Soos die Engelse uitdrukking tereg sê: “The proof is in the pudding”! Die hoenderhen kan nou sien of die eier suksesvol uitgebroei is en kan haar kuiken geniet! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
@Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
@Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
KREATIEWE DENKE UITDAGING NOMMER 1 n n Kies 'n probleem (uitdaging!) waaraan jy werk, of waaraan jy wil werk, wat 'n werklike of slegs 'n situasie in jou verbeelding is en beskryf dit in jou kreatiewe denke werkboek. Gedurende die komende week dink aan drie verskillende persone wat jy ken. Hoe sou hulle die probleem oplos? Watter idees sou hulle gebruik? Skryf dit in jou werkboek neer. Beskryf jou probleem in jou kreatiewe denke werkboek. Beskryf die moontlike oplossings van Persoon Een, Twee en Drie. Gedurende hierdie komende week kan jy die oefening prakties in werking stel deur jou probleem (uitdaging) aan hierdie drie persone te verduidelik. Vra hulle dan oor hul idees om jou probleem op te los. Op hierdie manier leer jy dat een persoon met deurbraak idees na vore kan kom, maar dikwels ook hulp nodig het om idees te genereer. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
KREATIEWE DENKE UITDAGING NOMMER 2 n n Ek wil jou uitdaag om 'n bietjie waaghalsig te wees en uit jou “boksie” te klim. Dink aan drie reëls wat jy wil verbreek, reëls wat jy bewustelik of onbewustelik volg! Gedurende die komende week skryf drie reëls in jou werkboek neer, sowel as drie moontlike voordele en drie moontlike nadele indien jy die reël sou verbreek. Neem nou elke dag van die week 'n paar minute om aan een reël wat jy sou wou breek te dink. Dit moet 'n reël wees wat jy bewustelik of onbewustelik (sonder dat jy dit besef) volg. Dink aan drie voordele en drie nadele indien jy die reël sou verbreek en beskryf hierdie proses in jou kreatiewe denke werkboek. @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
Geniet 'n week propvol kreatiewe denke! @Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082 -4144 -100)
- Slides: 17