MATTEUS 7 24 25 BOU OP N SOLIEDE
MATTEUS 7: 24 -25 BOU OP ’N SOLIEDE FONDAMENT 24 “ELKEEN WAT NA MY WOORDE LUISTER EN DAARVOLGENS HANDEL, IS SOOS ’N VERSTANDIGE PERSOON WIE SE HUIS OP ROTS GEBOU IS. 25 AL VAL DAAR ’N STORTBUI, EN AL KOM DIE VLOEDWATER AF, EN AL WOED DAAR STORMWINDE TEEN DIE HUIS, SAL DIT NIE INMEKAARSTORT NIE, WANT SY FONDAMENT IS STEWIG OP DIE ROTS VAS.
PREDIKER 4: 9 -12 TWEE IS BETER AS EEN • 9 Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. • 10 As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.
• 11 As twee langs mekaar slaap, word hulle warm. Maar hoe kan een wat alleen is, warm word? • 12 Iemand kan die een aanval, maar die twee kan weerstand bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.
DEUTERONOMIUM 6: 5 -7 OPROEP TOT ’N HEELHARTIGE VERBINTENIS • 5 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag. • 6 Jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir jou gee. • 7 Skerp hierdie woorde by jou kinders in en praat met hulle daaroor by die huis en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.
MATTEUS 10: 37 JESUS BRING NIE VREDE NIE, MAAR STRYD • “As jy jou pa of jou ma liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. Of as jy jou seun of jou dogter liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. ”
SPREUKE 16: 3 Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag.
- Slides: 6