Liriekeraai Hoe maak mens So maak mens Elke

  • Slides: 14
Download presentation
Liriekeraai. . . Hoe maak mens? � So maak mens. . � Elke skyfie

Liriekeraai. . . Hoe maak mens? � So maak mens. . � Elke skyfie bevat `n reël of reëls uit die Psalms of Skrifberyming in die Psalmboek. � Hierdie reël of reëls kan uit enige vers van `n betrokke Psalm of Skrifberyming kom. � Identifiseer die Psalm of Skrifberyming en jou span kry `n punt. � Sing hierdie Psalm of Skrifberyming en jou span kry 1 bonus punt!

Liriekeraai “U het, o HEER, wat troon oor alle dinge, uit kindertaal en stem

Liriekeraai “U het, o HEER, wat troon oor alle dinge, uit kindertaal en stem van suigelinge u mag gegrond, sodat die mens moet swyg wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig. ” Psalm 8

Liriekeraai “Geseënd sy bo alle dinge Die eewge God en Vader! Hy het in

Liriekeraai “Geseënd sy bo alle dinge Die eewge God en Vader! Hy het in die hemel seëninge vir ons in Christus toeberei. . . ” Skrifberyming 1 -1/24

Liriekeraai “Wat leef in water en op land verwag hul spyse uit u hand.

Liriekeraai “Wat leef in water en op land verwag hul spyse uit u hand. Ontsluit u dit, hul word verkwik; hou U dit toe, hul word verskrik; ” Psalm 104

Liriekeraai “Laat ons met ontsag Hom noem, in ons lied die Here roem. ”

Liriekeraai “Laat ons met ontsag Hom noem, in ons lied die Here roem. ” Psalm 110

Liriekeraai “U Naam, o Heer, so hoog in heerlikheid, wil ek verhef vir ewig

Liriekeraai “U Naam, o Heer, so hoog in heerlikheid, wil ek verhef vir ewig en altyd; U Koningseer wat alle krone oorstraal, Wil ek verhoog in onvermoeide taal. ” Psalm 145

Liriekeraai “Wie’s die man wat hier benede In Gods vrees sy weg wil gaan?

Liriekeraai “Wie’s die man wat hier benede In Gods vrees sy weg wil gaan? God sal self sy wank’le skrede Voortlei in die regte baan. Al wat goed is, sal Gods hand hom in stilheid laat verwerwe; En die lank beloofde land sal sy nageslag beërwe. ” Psalm 25

Liriekeraai “. . . Wees wys en dapper, sterk en moedig, - Steeds toegewy

Liriekeraai “. . . Wees wys en dapper, sterk en moedig, - Steeds toegewy aan God se werk, Standvastig, onbeweeglik sterk, Vol ywer, altyd meer oorvloedig-” Skrifberyming 14 -1

Liriekeraai “Die mossie vind `n huis, o Heer, die swaeltjies lê in nessies neer;

Liriekeraai “Die mossie vind `n huis, o Heer, die swaeltjies lê in nessies neer; en ek vind rus by u altare, waar U vir my `n woning maak en U, my Koning, my bewaak. . . ” Psalm 84

Liriekeraai “Ere aan God, ere aan God in die hoogste, in die hoogste! Vrede

Liriekeraai “Ere aan God, ere aan God in die hoogste, in die hoogste! Vrede op aarde, vrede op aarde in die mense `n welbehae. ” Skrifberyming 4 -6

Liriekeraai “Laat Sions berg weerklink van vreug! Laat Juda’s dogters hul verheug, omdat Gods

Liriekeraai “Laat Sions berg weerklink van vreug! Laat Juda’s dogters hul verheug, omdat Gods oordeel hul verbly het – dié oordeel wat sy volk bevry het. . . ” Psalm 48

Liriekeraai “Daar sal in dié heiligdom niemand wat die kwaad bedrywe, ooit of immer

Liriekeraai “Daar sal in dié heiligdom niemand wat die kwaad bedrywe, ooit of immer binnekom. Hul van wie die naam geskrywe in die Lewensboek sal staan, hulle sal daar binnegaan” Skrifberyming 18 -7/45

Liriekeraai “Salig wie in hul opregtheid wandel in die Heer se wet, wie Hom

Liriekeraai “Salig wie in hul opregtheid wandel in die Heer se wet, wie Hom soek van ganser harte en op sy getuig’nis let. Salig dié wat in hul wandel nie op onregspaaie gaan, maar wil wandel op die weë in Gods wet vir hul gebaan. ” Psalm 119

Liriekeraai “Enigste Here, enkele Wese, ons glo in U met ons hele hart. Heerlik

Liriekeraai “Enigste Here, enkele Wese, ons glo in U met ons hele hart. Heerlik bely ons, vry-uit getuig ons: U is vir ewig God en Heer. ” Skrifberyming 12 -3