Leesstrategie C HENK VILJOEN NBUITGEWERS OORSIG LEES EN
Leesstrategieë (C) HENK VILJOEN: NB-UITGEWERS
OORSIG: LEES EN KYK Lees/kyk kombineer twee aspekte: • toepassing van strategieë • leer en toepassing van kennis Beide aspekte behoort teenwoordig te wees tydens die onderrig van literêre en nieliterêre tekste. Die inhoud van lees en kyk is gerangskik in: • lees vir begrip; • lees vir formele studie (letterkunde); en • uitgebreide selfstandige lees.
KABV • Leesonderrig behels dat elemente van die leesproses betrek word. (KABV bl. 28) – Drie fases Pre Tydens Post
INLEIDEND Verwys ook na die KABV bladsy 28. Effektiewe leerders gebruik strategieë om te verstaan wat hulle tydens die onderskeie fases lees. Prelees • Lesers gebruik bestaande kennis om oor die onderwerp te dink. • Maak voorspellings oor die moontlike betekenis van die teks • Gebruik soek- en vlugleesvaardig om die teks te verken om ‘n idee oor die teks te verkry Tydens lees • Lesers toon begrip deur vrae te vra, na te dink en te reflekteer oor idees en inligting in die teks. Postlees • Lesers relfeteer oor die teksinhoud • Identifiseer met eie ervaring • Evalueer, kom tot gevolgtrekkings en verwoord eie opinie.
OORSIG: LEES EN KYK Lees en kyk Die leesproses • Pre-lees: strategieë wat die leerders voorberei vir lees, bv. aktiveer agtergrondkennis, voorspelling, vluglees opskrifte • Lees: noukeurige lees van die teks ondersteun deur die onderwyser se vrae; ontwikkeling van strategieë soos die maak van afleidings; fokus op woordkeuse, taalgebruik, beelde, ens. • Post-lees: interpreteer die teks as geheel deur die gebruik van strategieë soos die skep van sinteses, opsomming, vergelyk en kontrasteer, maak afleidings en gevolgtrekkings, evalueer, gee opinies Aandagtige lees van literêre en nieliterêre tekste Uitgebreide selfstandige lees en kyk (KABV – Verdere Onderwys en Opleiding. Afrikaans EAT)
DIE LEESPROSES Leser Teks
PRELEES Stel leerders aan die teks bekend. Dit aktiveer assosiasies en vorige kennis. • Vluglees en soeklees: – Tekskenmerke – Dele van ’n boek • Loerlees • Maak voorspellings. • Hanteer belangrike woordeskat.
WAAR BEGIN DIE LES? • Preaktiwiteite: • interessant • sinvol • aansluit by hul leef- en ervaringswêreld en belangstellings. • vorm van ʼn klasgesprek
WAAR BEGIN DIE LES? Begin deur leerders vooraf bewus te maak van die dikte en voorkoms van die teks, die voor- en agterblad en die flapteks. • Wat sê die • titel, • subtitel, • illustrasies en • teks op die agterblad alreeds vir die leser?
WAAR BEGIN DIE LES? • Oproep • herinneringe • assosiasies • persoonlike ervarings gedagtes oproep • Aanmoedig • vrae vra • voorspellings waag
WAAR BEGIN DIE LES? 1. Wat is die doel van hierdie strooibiljet? 2. Die opskrif moet die leser se aandag kan trek. a) Hoe verskil die lettertipe van die opskrif van die lettertipes van die res van die strooibiljet? b) Hou julle van die manier waarop die ander letters en kleur gebruik is? Hoekom? /Hoekom nie?
WAAR BEGIN DIE LES? 3. Prente kan ook die leser se aandag trek. a) Watter ooreenkoms is daar tussen die opskrif en die tekeninge? b) Hoekom dink julle is die persone se bolywe aan die bokant van die strooibiljet afgesny? 4. Hoe voel julle as julle die woord “slegs” in die sin “Toegang slegs R 10” lees? Hoekom voel julle so?
WAAR BEGIN DIE LES? • Agtergrondinligting • Verduidelik enkele konvensies • Maak leerders vooraf bewus van die tema en/of boodskap van die teks • Begelei leerders om self die doel/doelstellings vir lees te bepaal.
Leesstrategieë vir begrip, waardering en evaluering van tekste Strategieë vorm deel van onderrig-, leer- en assesseringsaktiwiteite: • Soek verbande/skakels • Bepaal betekenis • Vraagstelling • Maak voorspellings • Maak afleidings
KRITIESE LEESSTRATEGIEË Krities lees veronderstel dat leerders aangemoedig word om • vrae te vra, • voorspellings te waag, • idees te orden en • die geldigheid van argumente en standpunte te bevraagteken. Probleemoplossing en beredenering is twee belangrike tegnieke om kritiese lees te bevorder.
KRITIESE LEESSTRATEGIEË Tydens die leer en onderrig van begripslees van enige soort teks kan die volgende strategieë gebruik word: • Voorkennis • Kontekstualisering • Vrae • Dink na • Kerngedagtes. • Opsomming. • Evalueer.
KRITIESE LEESVAARDIGHEDE BERUS OP: • Benutting van leesstrategieë. • Benutting van leesleidrade. • Ontwikkeling van fonologiese bewustheid en denkvaardigheidsontwikk eling.
GEREEDMAKING VIR LEES BEHELS • Visuele geletterdheidsvaardighede • Kennis van die wêreld • Kennis van stories en tekste • Kritiese denkvaardighede • Leestrategieë en vaardighede • Fonologiesebewustheid • Kennis van tipografiese kenmerke • Taalvaardighede
UITDEELSTUKKE • Reading strategies PDF • Leesstrategieë Word.
- Slides: 20