Leer my van Rympatrone Kopiereg 2015 H R



















- Slides: 19
Leer my van Rympatrone
Kopiereg 2015 H & R Productions Lisensie kennisgewing Hierdie les is gelisensieer alleenlik vir jou persoonlike gebruik. Hierdie les mag nie herverkoop word nie of weggegee word aan enige ander persoon nie. Indien jy hierdie les graag wil gebruik en jy het dit nie vir jou eie gebruik aangekoop nie, keer terug na www. teachingresources. co. za en koop jou eie kopie. Dankie dat jy die harde werk van hierdie skrywer respekteer.
Kom ons lees die gediggie hardop Soek die rymwoorde slaap Slaap, Kindjie, slaap daar buite loop ‘n skaap, skaap ‘n skaap met witte voetjies, voetjies hy drink sy melk so soetjies
Kom ons gee ‘n skema aan die rymwoorde Die woordjies wat dieselfde klink (rym) aan die einde van die reël kry dieselfde lettertjie. slaap skaap voetjies soetjies a a b b
Kom ons verbind dieselfde lettertjies a slaap Hier word ‘n paartjie gevorm. skaap a voetjies b Hier word ‘n paartjie gevorm. soetjies b Ons noem hierdie rympatroon: Paarrym
Kom ons lees die gediggie hardop Soek die rymwoorde muis alleen kom speel hier met my in die huis, huis dan gee ek jou ‘n been!” been ‘n Kat sê eendag vir die muis “Ek voel tog so alleen,
Kom ons gee ‘n skema aan die rymwoorde Die woordjies wat dieselfde klink (rym) aan die einde van die reël kry dieselfde lettertjie. muis alleen huis been a b
Kom ons verbind dieselfde lettertjies muis a alleen b Hier kruis die verbindingslyne. huis a been b Ons noem hierdie rympatroon: Kruisrym
Kom ons lees die gediggie hardop Soek die rymwoorde Daar sit weer die swaeltjie op die wilgerpaaltjiewaar kom hy vandaan? O, die liewe dromer weet dit is weer somer, daarom kom hy aan. swaeltjie wilgerpaaltjie vandaan dromer somer aan
Kom ons gee ‘n skema aan die rymwoorde Die woordjies wat dieselfde klink (rym) aan die einde van die reël kry dieselfde lettertjie. swaeltjie wilgerpaaltjie vandaan dromer somer aan a a b c c b
Kom ons verbind dieselfde lettertjies a swaeltjie wilgerpaaltjie a b vandaan c dromer Hier gaan die verbindingslyne om mekaar. c somer b aan Ons noem hierdie rympatroon: Omarmderym
Kom ons lees die gediggie hardop Soek die rymwoorde Doe-doe, my seuntjie, Hoor hoe val die reëntjie, Buite waai die windjie, Doe-doe, my kindjie. seuntjie reëntjie windjie kindjie
Kom ons gee ‘n skema aan die rymwoorde Die woordjies wat dieselfde klink (rym) aan die einde van die reël kry dieselfde lettertjie. seuntjie reëntjie windjie kindjie a a
Kom ons verbind dieselfde lettertjies seuntjie reëntjie windjie kindjie a a Hier is al die lettertjies dieselfde. Ons noem hierdie rympatroon: Slagrym
Lees die gediggie hardop Probeer self die rymwoorde vind. Vul die rymskema in. Benoem die rympatroon. Kiepie, kom tog gou, gou a hier is lekker kos vir jou a Maar dan moet jy vir my sê sê b waar jy tog jou eiers lê. lê b Paarrym
Lees die gediggie hardop Probeer self die rymwoorde vind. Vul die rymskema in. Benoem die rympatroon. As ek in my tuintjie a klein-klein saadjies saai, saai b dan kom die sagte windjie a om hul weg te waai. b waai Kruisrym
Lees die gediggie hardop Probeer self die rymwoorde vind. Vul die rymskema in. Benoem die rympatroon. Kappertjies, ag kappertjies, kappertjies a het ek vir jul gesê? gesê b Jul is die mooiste, mooiste goed c in al die kleuregloed c wat ooit ‘n tuin kan hê! hê b Omarmderym
Lees die gediggie hardop Probeer self die rymwoorde vind. Vul die rymskema in. Benoem die rympatroon. Tiekie-tiekie tuitjies: tuitjies bak maar die beskuitjies a grotes en ook kleintjies a a Met soetdeeg en rosyntjies a Slagrym
Hi Ele, dit was nou pret! Tussen ons gesê, ek is so verlief op daardie klein dogtertjie, maar kom jong, kom ons gaan na die volgende les. . .