KONTRAKTEREG EENHEID 14 REPUDIASIE LEERUITKOMSTE Analiseer die oorsprong
- Slides: 22
KONTRAKTEREG EENHEID 14 REPUDIASIE
LEERUITKOMSTE Analiseer die oorsprong en aard van repudiasie. Die analise moet ‘n bespreking van die historiese aard van repudiasie insluit sowel as die verandering wat teweeggebring is deur die saak van Tuckers Land Development v Hovis en enige opposisie tot die “nuwe benadering” tot repudiasie. Lys en bespreek die vereistes vir repudiasie met verwysing na die saak van Highveld 7 Properties v Bailes 1999 (4) SA 1307 (SCA). Onderskei tussen repudiasie en ander vorme van kontrakbreuk in die algemeen. Bespreek die spesifieke gevolge van repudiasie. Bespreek kansellasie op grond van repudiasie.
SAKE: Tuckers Land Development v Hovis 1980 (1) SA 645 (A) Datacolor International (Pty) Ltd v Intamarket (Pty) Ltd 2001 (2) SA 284(SCA) Highveld 7 Properties v Bailes 1999 (4) SA 1307 (SCA).
BESTUDEER: Hutchison et al Hoofstuk 12 pp. 309 -313.
OORSPRONG EN AARD VAN REPUDIASIE: Begrip bekend in RH-Reg. Vorm van kontrakbreuk kom uit Engelse Reg. “Enige gedrag van kontraktant waarvolgens ‘n redelike persoon kan aflei dat die eerste kontraktant nie bedoel om sy verpligtinge na te kom nie. ” Voorbeeld: Kontraktant betwis geldigheid van kontrak. Gedrag van repudiasie kan oor ‘n tydperk plaasvind.
Tradisioneel: “Aanbod om kontrak te kanselleer” wat deur ander party “aanvaar” kan word. Indien “aanbod” aanvaar word, kom ooreenkoms onmiddellik tot ‘n einde. Indien repudiasie geignoreer word, gaan kontraktuele verhouding voort, aangesien daar geen kontrakbreuk plaasvind nie. Troskie en ‘n Ander v Van der Walt.
TUCKERS LAND DEVELOPMENT V HOVIS: Respondent koop 2 erwe vanaf appellant (ontwikkelaar). Koopkontrak was opskortend: onderhewig aan suksesvolle ontwikkeling van uitbreiding. Respondent het sekere betalings gemaak, maar later agtergekom dat appellant probleme ondervind om uitbreiding geproklameer te kry. A. g. v. bogenoemde het respondent ‘n nuwe plan opgetrek vir ontwikkeling.
Twee erwe wat deur appellant gekoop is, het nie op die nuwe plan verskyn nie. Respondent sien hierdie weglating van die twee erwe as handeling van repudiasie, en kanselleer die kontrak. Vraag: Sou die appellant se handeling ‘n redelike persoon beweeg om te glo dat hy (die appellant) nie bedoel het om die kontrak te eer nie?
Hof beslis dat appellant inderdaad repudiasie gepleeg het. Respondent was gemagtig om uit kontrak terug te tree en terug te eis wat hy reeds betaal het. Jansen AR wil egter nie van die begrippe “aanbod” en “aanname” gebruik maak nie, maar se dat repudiasie ‘n keuse is.
Jansen AR se uitspraak is beskryf as ‘n “nuwe benadering” tot repudiasie. Repudiasie kom dus voor op die plek waar die onskuldige party kennis neem daarvan, en nie waar die repudierende party ingelig word dat sy repudiasie aanvaar is nie. Rede: Andersins sou dit neerkom op die beginsels van aanbod en anname.
OPPOSISIE TEEN DIE “NUWE BENADERING” HMBMP Properties (Pty) Ltd v King: Indien aanname van repudiasie ‘n vereiste sou wees, kan verjaring nie ‘n aanvang neem voor verjaring nie. Indien aanname nie vereis word nie, sou verjaring ‘n aanvang neem so gou as wat repudiasie plaasvind.
Hof in bg saak beslis dat repudiasie slegs kontrakbreuk daarstel indien dit aanvaar word. Verder: Verjaring neem aanvang op datum van aanvaarding van repudiasie. Culverwell v Brown: Repudiation merely affords the injured party an election to terminate the agreement by accepting the repudiation…
DATACOLOR INTERNATIONAL (PTY) LTD V INTAMARKET (PTY) LTD: Tradisionele benadering finaal verwerp ten gunste van nuwe benadering. Repudiasie is kontrakbreuk omdat die gedrag self onregmatig is, NIE omdat dit kontrakbreuk daarstel as gevolg van aanbod en aanname nie. Aanname van repudiasie word nie vereis om repudiasie as kontrakbreuk te voltooi nie.
VEREISTES VIR REPUDIASIE: A. Die verweerder moes gedrag geopenbaar het wat ‘n bedoeling aandui om nie in die toekoms aan die voorskrifte van die kontrak te voldoen nie. Toets: Het verweerder ‘n opsetlike en ondubbelsinnige bedoeling openbaar om nie langer gebonde te wees nie.
B. Eiser moes hierdie gedrag as kontrakbreuk aanvaar het. Highveld 7 Properties v Bailes: Vraag moes beantwoord word of gedrag ‘n duidelike en onomwonde bedoeling om nie langer gebonde te wees nie, daargestel het.
C. Die eiser moet aan die verweerder kennis gee dat hy sy gedrag as kontrakbreuk aanvaar.
ONDERSKEID TUSSEN REPUDIASIE EN ANDER VORME VAN KONTRAKBREUK: Verskil van: Negatiewe wanprestasie: Versuim per se regverdig nie ‘n redelike gevolgtrekking dat prestasie geweier word of dat gebrekkige prestasie gelewer sal word nie.
Positiewe wanprestasie: Repudiasie kom voor werklike prestasie voor, alhoewel repudiasie ook positiewe wanprestasie in die vooruitsig kan stel.
Soms: Gedrag kan repudiasie sowel as positiewe wanprestasie daarstel: Skuldige party laat weet dat hy nie beplan om in die toekoms aan die spesifieke verpligting te voldoen nie.
Onmoontlikmaking van prestasie: Repudiasie stel onmoontlikheid van prestasie in die vooruitsig met relatiewe- en nie absolute sekerheid nie.
SPESIFIEKE GEVOLGE VAN REPUDIASIE: Vervroeg nie die keerdatum van prestasie nie. Geen nie aanleiding tot mora debitoris waar geen keerdatum vasgestel is nie. Indien kontraktant prestasieplig versuim, affekteer dit ander party se uitstaande ooreenstemmende plig om te presteer.
KANSELLASIE OP GROND VAN REPUDIASIE: Skuldeiser kan slegs terugtree uit kontrak indien vooruitsigtelike wanprestasie kansellasie sou regverdig. Indien mora dus in die vooruitsig gestel word, kan die skuldeiser terugtree op grond van repudiasie mits ‘n lex commissoria voorkom, of indien “time is of the essence”…
- Repudiasie
- Sprinkaan en die mier
- Afronden wiskunde examen
- Energie eenheid
- Bmi eenheid
- Wrijvingskrachten
- Si-stelsel
- Symbool van massa
- De heilige drie eenheid masaccio
- Veerconstante eenheid
- Stroomkring symbolen
- Menslike kapitaal
- Warmtehoeveelheid symbool
- Infrarood weerkaart
- Absolute druk en relatieve druk
- Soortelijke warmte symbool
- Aluminiumsulfiet
- Veerconstante eenheid
- Soorten veren mechanica
- Die einde van die koue oorlog 1989
- 2folie
- Druppel emmer overlopen
- Je höher die berge desto schöner die gams